Background Image
Previous Page  68 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

66

Waak teen té hoë plantestand vir

suksesvolle sojaboonproduksie

E

galige saadverspreiding is van kardinale belang om maksimale

opbrengs by sojaboonproduksie te verseker.

Die vraag na sojabone in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar

aansienlik gestyg. Internasionaal is die vraag na sojaboonverwante

produkte ook groter as gevolg van stygende wêreldpopulasies en

grondskaarste.

Met die stygende vraag na sojabone, kan Suid-Afrikaanse produsente

definitief voordeel trek uit goeie markpryse. Laasgenoemde sal

‘n groter impak op sojaboonprodusente se geldvloei hê indien

sojaboonopbrengste geoptimaliseer kan word.

Tradisionele plantpopulasies op sojabone is in die omgewing van

drie sakkies per hektaar – wat beteken dat ‘n plantestand van onge-

veer 400 000 plante per hektaar gerealiseer word. Baie hoë plant-

populasies onderdruk egter plante se sytak-ontwikkelingsvermoë

omdat daar te veel kompetisie binne die ry plaasvind.

Buitensporige hoë plantpopulasies kan dus sojaboonopbrengste

verlaag. Afhangende van die kultivar se vermoë om sytakke te

ontwikkel, kan genoegsame binneryspasiëring plante stimuleer om

optimaal te produseer. Laasgenoemde gee aanleiding daartoe dat

nuwe kultivars teen laer stande aangeplant kan word. ‘n Verlaging in

plantestand beteken natuurlik ook ‘n verlaging in insetkoste.

Om genoegsame binneryspasiëring tussen plante in dieselfde ry

te verseker, is dit belangrik om rywydtes te vernou na 45 cm tot

52 cm. Produsente in die westelike produksiegebiede wat sojabone

in wyer rye plant, moet verkieslik sojabone met ‘n langer groeiklas

plant (5,8 - 7) aangesien hierdie kultivars die vermoë het om hoër te

groei en die peule dus nie so naby die grond gedra word nie.

Daar moet ook in gedagte gehou word dat die vermoë om sytakke

te ontwikkel tussen kultivars verskil en dat alle kultivars verskillend

gaan reageer op ‘n verlaging in plantestand.

Sytakontwikkelingsvermoë is egter iets waarop die sojaboonreus

Don Mario baie ingesteld is. Die Don Mario-sojaboonreeks se

vermoë om te kompenseer op laer plantestande is in ‘n klas van

sy eie. Agricol is die eksklusiewe verspreiders van die Don Mario-

sojaboonreeks.

PROMOSIE-ARTIKEL

ROELF VAN NIEKERK,

sojaboongewasbestuurder: Agricol

‘n Sojaboonplant in ‘n ry met min binneryspasiëring.

‘n Sojaboonplant in ‘n ry met genoegsame binneryspasiëring.