Background Image
Previous Page  74 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 116 Next Page
Page Background

AWS raap die sojas op

N

á die derde seisoen wat JWL Landbou Voorsieners se

Advanced Windreel Systems

(AWS) diens gedoen het op

stropertafels vir die stroop van sojabone, is almal wat dit gebruik dit

eens dat daar nie sonder dié stukkie toerusting klaargekom kan

word as dit kom by die oes van sojabone nie.

Toestelle is regoor die land geïnstalleer en die voordeel van hierdie

stelsel is van meet af aan deur produsente opgemerk. Pitverlies by

die snylem van die tafel wat tydens die oesproses plaasvind, word

drasties verminder en daarby verbeter die sisteem die vloei van die

materiaal in die stroper deur dit egalig in die nek van die stroper

te voer.

Dit bring mee dat dorsverlies verminder word, langer ure gestroop

kan word en ook dat die stroopspoed opgestoot kan word.

Wanneer die keuse van ‘n lugsisteem gemaak word, moet produsen-

te op die volgende aspekte let:

Aandrywing – ratkas

versus

belt; ‘n ratkas genereer hitte en is

duur om te herstel indien ‘n breek voorkom. Dit gebruik ook meer

kilowatt om aan te dryf.

Lugvloei – die stelsel moet só ontwerp wees om die lug met die

minste obstruksie na die spruitstukke te vervoer. Pype wat skerp

draai en lank is, belemmer lugvloei en beperk die effektiwiteit

van die stelsel.

Een stuk lugpyp – die lugpyp voor die tafel moet uit een stuk

bestaan en nie gelas wees nie. Die eenstuk-ontwerp verseker

eenvormige druk in die pyp en word ondersteun deur ‘n kabel in

die geval van wyer tafels om pypdefleksie teen te werk (

Foto 1

).

Die afstand van spruitstukke na die lem – die doel van die stelsel

is om een “gordyn” lug na die snylem van die tafel te blaas. Die

afstand van die spruitstukke na die lem moet verstelbaar wees

vir verskillende omstandighede en die spruitstukke moet ewe

lank wees om ‘n eenvormige blaasaksie op die lem te verseker.

Die hoek waarteen die spruitstukke blaas, is ook belangrik,

aangesien die materiaal in die tafel geblaas moet word so na as

moontlik aan die hoek wat die tafelblad maak. Die AWS-stelsel

maak byvoorbeeld gebruik van spruitstukke wat 48’’ lank is en

twee buigplekke het vir sekere modelle tafels (

Figuur 1

).

Die aantal spruitstukke – dit is belangrik dat die spruitstukke die

volle lengte van die tafel dek, veral ook op die verste punte van

die snylem. Indien die lem nie op die punte skoongeblaas word

nie, kan verliese daar voorkom (

Foto 2

).

Beheer van die stelsel – die stelsel moet maklik beheerbaar

wees vanuit die kajuit van die stroper. Die AWS-sisteemkontrole

laat die beheer van die windspoed en die hoek waarteen die

spruitstukke blaas, uit die kajuit toe.

Opsionele toerusting – afgesien van die lugstelsel, kan tafels

ook toegerus word met toebehore, soos borsels vir

draper

tafels en alternatiewe vloerplate vir konvensionele tafels om die

effektiwiteit van die sisteem te verhoog.

Vir enige verdere inligting, kan Werner Nel by 079 506 7495 geskakel

word.

WERNER NEL,

besturende direkteur: JWL Landbou Voorsieners

1: AWS gebruik ‘n aluminium lugpyp uit een stuk wat nie gelas is nie.

2: Die spruitstukke moet die hele lem skoonhou anders kan pakpro-

bleme voorkom.

1

2

Figuur 1: Die hoek waarteen die lug op die lem blaas, is baie belangrik. Die

groen pyp het die korrekte lengte en hoek vir effektiewe werking.

Augustus 2016

72

PROMOSIE-ARTIKEL