67
Augustus 2016
Grafiek 1: DM 5302 in standproewe in die Standerton-area.
Grafiek 2: DM 6.2i RR in droëland standproewe.
Grafiek 3: DM 5609 RSF in standproewe onder besproeiing in die Groblersdal-area.
Die kultivars in die Agricol Don Mario-soja-
boonreeks is soos volg:
DM 5.1i RR (5,1) is ideaal vir besproeiing
en kan teen ‘n stand van 300 000 plante
per hektaar geplant word verkieslik in
nou rye (45 cm).
DM 5953 RSF (5,3) is seker die mees
aanpasbaarste kultivar in Suid-Afrika
en kan onder besproeiing en droëland
aangeplant word onder rywydtes nie
meer as 76 cm nie. ‘n Goeie plantestand
onder besproeiing is 300 000 plante per
hektaar en onder droëland kan 320 000
plante per hektaar geplant word.
DM 5609 RSF (5,6) kan teen ‘n stand
van 300 000 plante per hektaar onder
besproeiing geplant word; verkieslik in
nouer rye (45 cm).
DM 5302 RSF val in die mediumgroei-
klas (5,7) en presteer goed onder ‘n
plantestand van 300 000 plante per
hektaar in rywydtes van nie meer as
76 cm nie.
DM 6.2i RR is ‘n mediumlanggroei-
seisoenkultivar (6,2) en vaar uitstekend
by plantestande van 280 000 plante per
hektaar. Die kultivar is ook aangepas vir
rywydtes tot en met 91 cm.
DM 6663 RSF (6,3), wat ‘n nuwe
toevoeging tot Agricol se sojaboon-
pakket is, is ideaal vir droëlandaan-
plantings op wyer rywydtes (76 cm en
91 cm). Die kultivar vaar uitstekend by
‘n plantestand van 280 000 plante per
hektaar.
DM 6.8i RR (6,8) is die vlagskipkultivar
vir die westelike produksiegebiede en
vaar uitstekend by ‘n plantestand van
280 000 plante per hektaar. DM 6.8i RR
kan ook op wyer rywydtes geplant
word (91 cm).
Opbrengste op laer stande het die afgelope
twee seisoene geseëvier. Sien
Grafiek 1
.
Hoewel die laer stande goed presteer het,
word daar egter steeds aanbeveel dat
‘n stand van 300 000 plante per hektaar
geplant moet word.
DM 6.2i RR in droëland standproewe
(
Grafiek 2
) het goed presteer met ‘n stand
van ongeveer 300 000 plante per hektaar.
DM 5609 RSF in standproewe onder be-
sproeiing in die Groblersdal-area (
Grafiek 3
)
het goed presteer met ‘n stand van onge-
veer 280 000.