Background Image
Previous Page  64 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Dié spilpunt betaal homself

K

liënte is verseker van die beskikbaarheid van onderdele en

tegniese ondersteuning danksy Valley se fabriek in Gauteng.

Valley Irrigation is ‘n naam wat besproeiingsprodusente van

oor die wêreld heen ken en vertrou. Die Suid-Afrikaanse kantoor is

in 1999 as ‘n streekkantoor van die Valley-hoofkantoor in Valmont,

Amerika, gestig en het ‘n ultra-moderne fabriek op Nigel.

Dié spilpuntstelsel is wêreldbekend vir sy puik gehalte en duursaam-

heid. Danksy die plaaslike fabriek is die beskikbaarheid van besproei-

ingstelsels, onderdele en tegniese ondersteuning gewaarborg.

Plaaslik vervaardigde spilpunte word ook aan Zimbabwe, Zambië,

Mosambiek, Swaziland, Malawi, Kenia, Tanzanië en Mauritius ge-

lewer. Hetsy vir lusern, sojabone of mielies, staan die span gereed

om saam met die besproeiingsprodusent aan oplossings te werk.

Die maatskappy se goeie reputasie loop hom ook vooruit wat lewe-

ring, advies en naverkoopdiens betref. Verskeie pakkette en

spilpuntopsies is beskikbaar om by elke klant se unieke boerdery-

situasie aan te pas. Hulle is ‘n wêreldleier in die voorkoming van roes

op spilpunte, wat verdere besparings en minder onderhoudskoste

meebring. Selfs as jy ‘n baie spesifieke besproeiingsvereiste het,

kan Valley Irrigation help met die beplanning daarvan en tegno-

logiekeuses.

Die opsies in sy reeks produkte maak dit ook moontlik om landerye

met ‘n moeilike uitleg en vorm te besproei. Die reeks bestaan uit

verskeie modelle, insluitende sy vlagskip-spilpuntstelsel vir vas-

staande of sleepbare toepassings, liniêre stelsels vir langwerpige of

L-vormige landerye, asook die hoekstelsel.

In ‘n droogtejaar is dit veral duidelik hoe groot die invloed van ‘n

goeie besproeiingstelsel is. Trouens, vra enige produsent met só ‘n

spilpunt hoe sy winste anders sou uitsien sonder sy besproeiings-

lande se inkomste. Die eenvoudige ontwerp, maklike beheerstelsel

en doeltreffende werking gee dit ‘n verdere voorsprong. Die spilpunt

betaal hom as’t ware self danksy goeie oeste ten spyte van die

klimaat wat lol.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

LIZA BOHLMAN,

namens Valley Irrigation

In ‘n droë jaar is Valley Irrigation se spilpuntstelsels belangrik om ‘n oes

te verseker en die impak van hittegolwe in kritieke stadiums te versag.