Background Image
Previous Page  63 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 116 Next Page
Page Background

Verbeterde resultate

Verbeterde resultate word verkry met goeie agronomiese praktyke.

Trekkers en implemente word al groter en swaarder. Om die vereiste

traksie en flotasie te verkry, moet al breër en meer bande per as

gemonteer word.

Met rusperbande kan die loopvlak verleng word terwyl die wydte

onveranderd bly om die verhoogde werkverrigting te lewer met

verlaagde kompaksie. Rubberrusperbande verminder grond ver-

digting wat beter lug- en watervoorsiening aan die plant bied vir

beter wortelontwikkeling en uiteindelik beter opbrengste.

Konvensionele rubberbande plaas hoë drukking op die grond

wat swak wateropname tot gevolg het. Die geronde vorm van

rubberbande skuif die grond sywaarts wat walletjies en drukking

op die plantwortels aan beide kante van die band tot gevolg het en

plantontwikkeling onder druk plaas.

Rubberrusperbande veroorsaak dit nie of verminder hierdie pro-

bleem in ‘n groot mate.

Die bande verbreed nie die voetspoor nie, dit verleng dit binne

standaard rywydtes. Daarteenoor moet standaard rubberbande

sywaarts uitgebrei word om dieselfde voetspoor te verkry.

Groter outonomie

As gevolg van die groter voetspoor en veral binne die standaard ry-

wydtes, stel rubberrusperbande jou in staat om die take af te handel

wanneer jy so besluit.

Beter beplanning en bestuur om werk meer effektief te kan doen.

Onafhanklikheid om ongesteurd te werk sonder om deur grond-

toestande en die weer geaffekteer te word.

Optimale opbrengskwaliteit. Oeste kan afgehaal word wanneer

dit reg is en nie wanneer die weer en grondtoestande dit toe-

laat nie.

Verminder verliese deur op die regte tyd te oes.

Met inagneming van al bogenoemde wil dit lyk of suksesvolle

boerdery in die toekoms al meer op rubberrusperbande gaan

staatmaak.

Vir meer inligting, kontak Sarel du Plessis by 072 600 3333 of

sarel.duplessis@mascor.co.za .

Bronne

ASAE se aanbieding by die AET Conference in Chicago, Illinois gehou op

3 November 1995.

Soucy Track se interne publikasies. Soucy Track is internasionaal bekend vir die

ontwikkeling en vervaardiging van rubberrusperbande en stelsels.