Background Image
Previous Page  62 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

60

Die ideale trekker en hoogloopspuit

mag rubberrusperbande gebruik

D

ie bestaan van kruiptrekkers en die ontwikkeling van kruip-

trekkers is amper so oud soos die ontwikkeling van kon-

vensionele trekkers self. Met tyd het daar ‘n nuwe neiging

gekom: Rubberrusperbande. Hierdie nuwe bande het ‘n

klomp voordele vir die landboubedryf in terme van effektiwiteit en

doeltreffendheid gebring.

Caterpillar Inc. het in 1995 by die Agricultural Equipment Techno-

logy Conference (AETC) in Chicago, Illinois ‘n voorlegging gedoen

wat deur die American Society of Agricultural Engineers (ASAE)

onder die hoofopskrif

Opsoek na die ideale trekker en die ontwik-

keling van die rubberrusperbandtrekker

gepubliseer is. Hierin word

daar verwys na aspekte wat die ideale trekker sal bevat.

Die hoeveelheid kilowatt wat die trekker, ongeag van sy enjingroot-

te op die trekstang uitbring, bepaal die werk wat die trekker kan

doen as hy ‘n implement trek. Dit is dus die kilowatt oorgedra na

die grond wat die effektiwiteit en doeltreffendheid van ‘n trekker be-

paal en nie die kilowatt opgesluit in die brandstoftenk deur die enjin

na die finale aandrywing nie.

Daarom sal die ideale trekker die een wees wat 100% van die

energie in die brandstoftenk kan omskakel na bruikbare werk by

die trekstang.

Kompaksie en flotasie is aspekte wat by die ideale trekker ondersoek

moet word. Die ideale trekker en sy implemente behoort nie die

grond se struktuur in enige wyse só te verander dat dit nadelige

gevolge vir gewasproduksie inhou nie.

Deur al die retoriek oor die onderwerp is daar algemene eenstem-

migheid oor die volgende drie punte.

Daar is ‘n ideale grondkondisie vir optimum groei van plante.

Swaarmasjinerieverkeer kan kompaksie veroorsaak negatief tot

die ideale grondkondisie.

Die resultaat van oormatige grondkompaksie is opbrengsaf-

name en uiteindelik ekonomiese verliese.

Grondbewerking vernietig die natuurlike grondstruktuur en ver-

minder die natuurlike kapasiteit en brosheid van die grond. Die

ideaal sal wees om masjienladings op ‘n vlak te hou wat die grond

so bros as moontlik sal laat. Om dit te vermag, word lae gronddruk

en lae as-ladings vereis.

Die toenemende druk op landbou om meer voedsel winsgewend

te produseer, het ‘n bose kringloop geword. Die ewige vraag na

groter produktiwiteit dra by tot groter implemente wat meer kilowatt

vereis; wat op sy beurt weer groter en swaarder trekkers met meer

gewig op die grond tot gevolg het.

Hierdie trekkers gee aanleiding tot ‘n potensiële grondverdigtings-

probleem wat weer tot opbrengsverlaging kan lei. Die ideale trek-

ker moet dus verhoogde produktiwiteit verskaf met as-ladings en

gronddrukking gelyk aan of minder as die konvensionele ontwerpe.

Die ideaal is om hoë vlakke van kilowatt en werkverrigting te kan

lewer terwyl daar mobiliteit op sagte grond is sonder om oormatige

kompaksie te veroorsaak as daar gewerk word.

Dié agtergrond bring ons nou by die huidige toestande in die land-

bou waar die bewaring van die grondstruktuur, produktiwiteit en

verhoogde kapasiteit op die mees ekonomiese wyses vereis word.

Een van die internasionale vervaardigingsmaatskappye wat al

reeds baie werk in die verband gedoen het, is Soucy Track wat in

Quebec, Kanada gestasioneer is. Hulle is reeds meer as 40 jaar

betrokke in die vervaardiging van rubberrusperbande en stelsels

– hoofsaaklik in die weermag, ontspannings- en konstruksiebedryf.

Sedert 2005 is ‘n sterk fokus geplaas op die ontwikkeling van rub-

berrusperbande vir die landbou al hoe wel hierdie bande al sedert

die laat 70’s vervaardig word. Uit toetse en ondervinding bring

die gebruik van rubberrusperbande die trekker nader aan die

ideale trekker.

Van die voordele wat die rubberrusperbande bring, is beter werk-

verrigting, wat tyd en geld bespaar en lei tot beter gewasresultate.

Werkverrigting

Beter werkverrigting word verkry deur:

Verbeterde flotasie

‘n Rubberrusperband van 32 duim vir stropers verskaf ‘n sewe

keer groter voetspoor as ‘n standaard 30 duim rubberstroperband.

Groter voetspore verbeter stabiliteit van stropers, veral met al groter

koringtafels en plukkerkoppe.

Selfaangedrewe spuite, veral in die sandgronde van Bultfontein,

word ook deur die groter voetspoor bevoordeel deurdat die sta-

biliteit verhoog word. Verder veroorsaak ‘n groter voetspoor dat

in natter gronde en strookbewerkingpraktyke effektief gewerk

kan word.

Verbeterde trekkrag

Rubberrusperbande verskaf tot 40% meer traksie as die standaard-

rubbertrekkerbande. Dit doen meer werk met minder trekker.

Geld- en tydbesparing

Verbeterde flotasie gee aanleiding tot minder vasval – wat tyd

spaar. Bewerkings kan in onder meer ongunstige of nat toestande

gedoen word as tyd ‘n faktor raak. Tot 23% brandstofbesparing op

baie nat, sagte grond en 4% op harde, droë grond kan maklik verkry

word omdat minimale wielglip as gevolg van verbeterde traksie

verkry word.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

SAREL DU PLESSIS,

Mascor