Background Image
Previous Page  61 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Vir die berekening van lae drywingsvereistes word tot 35% van die

trekkerkilowatt benodig. Vir medium kilowatt word tussen 35% en

60% van die kilowatt benodig. Gewoonlik word die brandstof gebruik

van ‘n trekker uitgedruk as tussen 0,3 en 0,4 liter per kilowatt uur.

Koste per aksie

Bereken die koste per aksie deur beide die trekker en die implement

se koste bymekaar te tel. Die trekker en die implement het beide

vaste en veranderlike koste. Indien die koste nie saamgetel word nie,

kan dit lei tot onderskatting van koste. In Tabel 1 word ‘n volledige

voorbeeld gegee.

Koste per hektaar

Om die koste per uur om te skakel na koste per hektaar, is dit

belangrik om te weet hoeveel hektaar per uur bewerk word. Die

hektare bewerk per uur word bepaal deur die werkspoed van die

trekker, die werkwydte van die implement en die land-effektiwiteit.

Die land-effektiwiteit sal bepaal word deur die hoeveelheid kere wat

die trekker moet draai, stop en wag en hoe ver die trekker op die

wenakker moet ry. Hoe minder die trekker moet draai, hoe korter die

tyd wat die trekker wag en hoe minder op die wenakker gery word,

hoe hoër sal die effektiwiteit van die trekker wees.

Onlangse navorsing deur die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurs-

wese het daartoe bygedra dat die nuwe

Guide to machinery costs

soos deur die Departement van Landbou uitgegee, meer op datum

en meer volledig is. Om die koste per uur om te skakel na koste per

hektaar kan die volgende eenvoudige formule gebruik word. (R/uur)

÷ (ha/uur) = R/ha.

Om die brandstof per hektaar te bereken, kan die volgende formule

gebruik word: (liter/uur) ÷ (ha/uur) = liter/ha.

In Tabel 1 word die koste vir 77 kW tot 80 kW vierwielaangedrewe

trekkers met verkillende implemente aangetoon. In

Tabel 2

word

die bewerkingsproses van stropers asook ‘n selfaangedrewe spuit

aangetoon.

Tabel 1 is opgestel deur gebruik te maak van

Guide to machinery

costs

en

Meganisasiegids

en aangepas na 2016 gemiddelde nuwe

pryse. In Tabel 1 word aangetoon dat ‘n 77 kW trekker 14,91 liter

diesel gebruik om ‘n hektaar te ploeg. Dieselfde 77 kW trekker behoort

7,13 liter diesel te gebruik om 1 ha met ‘n ses ry geenbewerkings-

planter te plant. Die totale koste om ‘n hektaar te dis, behoort

R229,47 te beloop.

Soortgelyke inligting vir groter trekkers is ook beskikbaar. Kontak

gerus die outeur van die artikel.

Volgens hierdie berekening soos opgestel, kos dit R784,45 om 1 ha

mielies te stroop en R81,42 om 1 ha met ‘n selfaangedrewe spuit

te spuit. Jaarliks publiseer die Direktoraat Landbou Ekonomie

die publikasie

Guide to machinery costs

waarin die meeste

masjineriekoste verskyn. Hierdie inligting kan vanaf die Direktoraat

Landbou Inligting by 012 319 8086 bestel word.

Die

Meganisasiegids

, soos saamgestel deur JP le Roux, kan bestel

word deur hom te kontak by 082 828 9531. Vir enige verdere navrae,

kontak Pietman Botha by 082 759 2991.

Effektiwiteit en doeltreffendheid