Previous Page  80 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 80 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

78

Tabel 1 illustreer verder die uiteensetting

van insetkoste vir die verbouing van

sojabone en sonneblom. Aannames wat

met die opstel van die sojaboonbegroting

gemaak is, is dat 50% van die saad deur

produsente teruggehou is, terwyl die ander

50% gesertifiseerde saad is.

Die begroting sluit ook ‘n koste vir N, P en

K in. Gegewe die insetkoste (vaste plus

veranderlike koste), soos wat in Tabel 1 vir

sojabone aangetoon is, en die gemelde

Safex-prys, moet ‘n opbrengs van ongeveer

1,86 t/ha in die Oos-Vrystaat en 2,01 t/ha in

die Oostelike Hoëveld behaal word om gelyk

te breek.

In die geval van sonneblom, lyk die prentjie

ietwat beter. Die gelykbreekopbrengs en

Safex-prys kan in Tabel 1 gesien word.

Grafiek 1

op bladsy 77 toon die inligting

soos in grafiekformaat in Tabel 1 geïllu­

streer en bereken. In Grafiek 1 word ‘n

bruto marge (blou staaf = slegs verander­

like koste)-vergelyking, sowel as ‘n netto

marge (rooi staaf = veranderlike plus vaste

koste)-vergelyking tussen dié gewasse

getoon.

Opsommend toon die grafiek dat, met die

inagneming van totale produksiekoste, dit

feitlik onmoontlik is dat produsente mielies

teen dié mieliepryse, gegewe dié insetkos­

te, winsgewend kan aanplant. Sodra die

vastekostekomponent by mielies ingesluit

word, lyk die winsgewendheidsituasie on­

der geweldige druk.

In die grafiek is dit opmerklik dat sonne­

blom en sojabone se winsgewendheid beter

as dié van mielies is.

Westelike produksiestreek

In

Tabel 2

op bladsy 79 word beraamde

produksiekostes vir die westelike dele van

die land (Noordwes Provinsie en Noord­

wes- en Sentraal-Vrystaat) uiteengesit,

Opsies vir winsgewende graanproduksie

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

OOS-VRYSTAAT

OOSTELIKE HOËVELD

MIELIES

SONNEBLOM SOJABONE

MIELIES

SOJABONE

INKOMSTE

Beplande opbrengs (t/ha)

5,00

2,00

1,80

6,00

2,20

Safex-prys (beste graad) (R/ton)

R2 300

R4 750

R4 850

R2 300

R4 850

Aftrekkings (R/ton)

R313

R363

R63

R289

R59

Produsenteprys (R/ton)

R1 987

R4 387

R4 787

R2 011

R4 791

Bruto inkomste (R/ha)

R9 935

R8 774

R8 617

R12 066

R10 540

VERANDERLIKE KOSTES

Saad

R1 709

R499

R857

R2 231

R1 027

Kunsmis

R2 073

R1 974

R1 187

R3 043

R2 051

Kalk

R530

R0

R0

R200

R0

Brandstof

R1 072

R1 025

R767

R1 075

R918

Herstelwerk

R901

R874

R630

R673

R500

Onkruiddoders

R697

R534

R893

R996

R901

Plaagdoder

R511

R24

R646

R603

R252

Insetversekering

R194

R200

R280

R235

R187

Graanprysverskansing

R817

R307

R337

R965

R347

Oesversekering

R312

R386

R869

R457

R364

Lugspuit

-

-

R125

-

-

Los arbeid

R192

-

-

R192

R192

Produksiekredietrente

R770

R335

R379

R613

R387

Totale veranderlike koste (R/ha)

R9 777

R6 158

R6 970

R11 282

R7 126

Totale vaste koste (R/ha)

R2 599

R2 078

R1 933

R2 533

R2 098

Totale koste (R/ha)

R12 377

R8 236

R8 902

R15 231

R9 620

Bruto marge (R/ha)

R158

R2 616

R1 647

R784

R3 414

Netto marge (R/ha)

-R2 442

R538

-R286

-R3 165

R920

GELYKBREEK (slegs veranderlike koste)

Opbrengs (t/ha)

4,92

1,40

1,46

5,61

1,49

Safex-prys (R/ton)

2 268

3 442

3 935

2 169

3 298

GELYKBREEK (veranderlike + vaste koste)

Opbrengs (t/ha)

6,23

1,88

1,86

7,57

2,01

Safex-prys (R/ton)

2 788

4 481

5 009

2 828

4 432

Tabel 1: Beraamde produksiekoste vir die oostelike dele van die land – 2018/2019-produksieseisoen.