Previous Page  78 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 78 / 132 Next Page
Page Background

Produksiebegrotings / Beplanning

September 2018

76

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

Petru Fourie,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA

Nuwe seisoen:

Opsies vir winsgewende

graanproduksie raak min

V

olgens Statistiek SA het Suid-Afri­

ka se ekonomie met 2,2% gekrimp,

vergeleke met die vierde kwartaal

van 2017. Landbou is een van die

kernsektore wat tot hierdie inkrimping

gelei het: Dit het in die eerste kwartaal

van 2018 met 24,2% gekrimp. Dit was die

grootste kwartaallikse inkrimping sedert

die tweede kwartaal van 2006.

Landbou se ekonomiese lewensvatbaarheid

is onder enorme druk. Indien die prentjie vir

landbou – spesifiek graangewasse – nader

aan grondvlak gebring word, is dit duidelik

dat veral die graanbedryf onder geweldige

druk en uitdagende finansiële toestande

verkeer. Produsente was vir twee seisoene

lank (2014/2015 - 2015/2016) met geweldige

droogtetoestande gekonfronteer – wat

opbrengsrisiko teweeggebring het.

Uitdagende klimaatsomstandighede is ge-

volg deur twee besonder goeie produk­

sieseisoene (2016/2017 - 2017/2018), wat

produsente weer in ‘n prysrisikosituasie ge-

laat het waar graanpryse bitter laag

verhandel het.

Die realiteit van die saak is dat, as slegs

die afgelope vier seisoene ontleed word,

graanprodusente in ‘n diep finansiële ver­

knorsing gelaat is. Daar heers kommer

oor ‘n groot klomp graanprodusente se fi­

nansiële welstand.

Weens bogenoemde, die huidige graansur­

plussituasie, stygende insetkoste sowel as

die sprake van El Niño-toestande, lyk dit

asof die komende plantseisoen – in terme

van winsgewendheid – die graanbedryf

weer 'n enorme uitdaging gaan wees.

Somergrane: Samestelling

van begrotings

Ons weet produksiekostes verskil radikaal

van buurman tot buurman weens elke

graanprodusent se eie unieke stelsel, die

tipe boerderyeenheid en die produksie­

praktyke en daarom word elke produsent

aangeraai om sy eie somme te maak en

daarvolgens besluite te neem. ‘n Begroting

moet nie as ‘n rigiede, vaste plan beskou

word nie, maar wel as ‘n bestuurshulpmiddel

tydens besluitneming.

Die ontleding van bruto marges is ‘n al­

gemene en gewilde manier om die wins­

gewendheid van graangewasse binne ‘n

boerdery met mekaar te vergelyk. In dié

artikel word gepoog om ‘n raamwerk of

idee te verskaf om die verskil tussen sekere

gewasse te verduidelik.

Kommoditeitspryse

Die grootste uitdaging met die oog op

die opstel van die somergraanbegroting,

is om die prys van die kommoditeit vir

die komende jaar te voorspel. Die Safex-

vooruittermynkontrak wat in die be­

rekeninge gebruik is, is soos volg:

Mielies vir lewering in Julie 2019 =

R2 300/ton;

Sonneblom vir lewering in Mei 2019 =

R4 750/ton; en

Sojabone vir lewering in Mei 2019 =

R4 850/ton.

2019 se termynpryse is bepaal deur die

gemiddelde prys sedert die begin van

verhandeling, vir daardie spesifieke kon­

trakmaand, te bereken. Met die inag­

neming van die liggingsdifferensiaal,

hanteringskoste en bemarkingskommissie

is ‘n produsenteprys bereken.

Opbrengs

‘n Ander faktor wat tydens die opstel van

begrotings ‘n uitdaging is om te bepaal,

is die bepaling van die opbrengs van

die gewas vir die komende jaar – weens

die onsekerheid oor klimaatstoestande.

Tydens die vergelyking van gewasse se

winsgewendheid heers daar vrae oor

watter opbrengsscenario’s vir elke gewas

gebruik moet word; met ander woorde:

Indien jy ‘n gemiddelde opbrengs van

4 t/ha vir mielies sou stroop, wat is die

gelyke opbrengs wat jy byvoorbeeld vir

sonneblom of sojabone in dieselfde klimaat

en grond sou kon behaal?

Vir die berekeninge is opbrengsmikpunte

gebruik, verskillende insetpyle is beraam tot

realisering van daardie opbrengs.

Agronome en kundiges in die bedryf is

geraadpleeg met die bepaling van die

verskillende gewasse se vergelykende op­

brengsscenario’s.

Gewasse

In hierdie artikel word gepoog om die

verskil in winsgewendheid tussen die drie

vernaamste somergewasse (mielies, son­

neblom en sojabone) te illustreer.

Die bruto marges vir grondbone en

sorghum word ongelukkig nie in hierdie

artikel vergelyk nie, aangesien die grootte

van die mark vir die laasgenoemde twee

gewasse uiters beperk is. As gevolg van

voorseisoenkontrakte wat nie redelik be­

skikbaar is vir grondbone en sojabone nie,

dra dit by om moeilik beramings te maak.

Grondbone se bruto marge vir die komende

produksieseisoen blyk na die ontledings,

oor die algemeen die beste te wees. Die

grondboonbedryf het die afgelope seisoen

egter ernstige graadprobleme ervaar, wat

winsgewendheid ‘n groot knou gegee het

omdat ‘n heelwat swakker gemiddelde pro­

dusenteprys gerealiseer het.

Volgens berekeninge blyk graansorghum

in meeste van die omgewings meer wins­

gewend as mielies te wees, maar produsente

moet daarop let dat sorghum nie sonder ‘n

kontrak aangeplant moet word nie.

Insetpryse

Produsente is prysnemers en omdat pro­

dusente prysnemers aan die inset- sowel

as uitsetkant is, kan hoër insetkostes nie

eenvoudig net aan verbruikers deurge­

gee word nie. Produsente word gedwing

om prysstygings te absorbeer. Graan SA

bekom en moniteer insetpryse op ‘n daag-

likse, maandelikse en/of jaarlikse basis.

Volgens Graan SA se berekeninge het

mieliesaadpryse vir die 2018/2019-pro­

duksieseisoen gemiddeld met 5% en son­

neblomsaadpryse op ‘n gemiddelde basis

met 4,7% gestyg, terwyl sojaboonsaad­

pryse met ‘n skrale 0,5% gestyg het.

‘n Verskeidenheid aannames word met die

opstel van die begrotings gemaak. In die

geval van kunsmis (die grootste deel van

‘n produsent se veranderlike kostes), is ‘n

gemiddeld van al die kunsmismaatskappye

se pryslyste vir stikstof (N), fosfaat (P) en

kalium (K) bereken en in die begrotings

geïnkorporeer. Op ‘n gemiddelde basis