Previous Page  83 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 83 / 132 Next Page
Page Background

81

September 2018

Indien dié Safex-prys teen die beraamde

begrote insetkoste (slegs veranderlike koste)

realiseer, moet ‘n besproeiingsprodusent in

die Noord-Kaap sowat 15,22 t/ha stroop,

terwyl die gelykbreekpunt in Limpopo

rondom 11,94 t/ha is.

Volgens dié syfers is dit duidelik dat

mielieproduksie onder besproeiing be­

sonder uitdagend is en dat, sou ‘n vaste

koste-komponent in ag geneem word

om gelyk te breek, ver bogemiddelde

opbrengste behaal sal moet word.

In

Grafiek 3

op bladsy 77 word die marges

tussen verskillende gewasse weer eens

getoon; nou net onder besproeiing. Op-

sommend toon die grafiek dat winsgewen­

de mielieproduksie onder besproeiing vir

albei streke feitlik onmoontlik is.

Slotsom

Winsgewende graanproduksie is onder ge­

weldige druk en dit is onontbeerlik dat die

mielieprodusent vernuwend sal moet dink

om sy eie finansiële oorlewing te verseker.

Daar is natuurlik nog heelwat wat in die

mark kan gebeur, maar die belangrikste

punt bly dat elke produsent die ver­

antwoordelikheid moet neem om sy eie

somme te maak en daarvolgens besluite

te neem.

Opregte dank aan al die landboubesighede

en individue vir hul insette tot die same­

stelling van die begrotings.

Produsente en ander rolspelers kan die

opsommende produksiekoste op die

Graan SA-webwerf besigtig, terwyl die

model gratis aan alle opbetaalde Graan SA-

lede beskikbaar is. Stuur ‘n e-pos aan

petru@grainsa.co.za

tesame met jou

Graan SA-lidnommer, om die model te

ontvang.

‘n Produsent sonder ‘n begroting is ‘n

produsent sonder ‘n plan.

He who fails to

plan, plans to fail

.

Opsies vir winsgewende graanproduksie

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

Tabel 3: Beraamde produksiekoste vir besproeiing – 2018/2019-produksieseisoen.

NOORD-KAAP-BESPROEIING

LIMPOPO-BESPROEIING

MIELIES

SOJABONE

MIELIES

SOJABONE

INKOMSTE

Beplande opbrengs (t/ha)

14,00

4,00

12,00

3,50

Safex-prys (beste graad) (R/ton)

R2 300

R4 850

R2 300

R4 850

Aftrekkings (R/ton)

R345

R63

R207

R63

Produsenteprys (R/ton)

R1 955

R4 787

R2 093

R4 787

Bruto inkomste (R/ha)

R27 370

R19 148

R25 116

R16 755

VERANDERLIKE KOSTES

Saad

R4 660

R1 399

R3 898

R1 787

Kunsmis

R9 116

R5 825

R6 041

R1 147

Brandstof

R1 326

R917

R1 226

R1 172

Herstelwerk

R416

R358

R436

R467

Onkruiddoders

R200

R425

R276

R311

Plaagdoder

R3 050

R1 493

R28

R28

Besproeiingskoste

R4 396

R4 396

R6 312

R4 422

Graanprysverskansing

R2 630

R997

R2 073

R664

Kontrakstroop

R1 350

R1 400

R700

R600

Oesversekering

R845

R2 145

R1 501

R838

Lugspuit

R350

R0

R0

R175

Los arbeid

R0

R0

R1 280

R1 280

Produksiekredietrente

R1 417

R943

R1 211

R645

Totale veranderlike koste (R/ha)

R29 755

R20 297

R24 983

R13 536

Totale vaste koste (R/ha)

R6 937

R6 937

R7 305

R7 305

Totale koste (R/ha)

R36 692

R27 234

R32 288

R20 841

Bruto marge (R/ha)

-R2 385

-R1 149

R133

R3 219

Netto marge (R/ha)

-R9 322

-R8 086

-R7 172

-R4 087

GELYKBREEK (slegs veranderlike koste)

Opbrengs (t/ha)

15,22

4,24

11,94

2,83

Safex-prys (R/ton)

2 470

5 137

2 289

3 930

GELYKBREEK (veranderlike + vaste koste)

Opbrengs (t/ha)

18,77

5,69

15,43

4,35

Safex-prys (R/ton)

2 966

6 871

2 898

6 018

Die artikel is moontlik gemaak deur die befondsing van die Mielietrust.