Previous Page  86 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 86 / 132 Next Page
Page Background

Groot deurbraak vir sojaboonbedryf:

Só werk die heffing

Corné Louw,

senior ekonoom, Graan SA

Inset

-oorsig

op plaasvlak

September 2018

84

d

ie Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het

op 22 Junie vanjaar ‘n statutêre heffing op sojabone

goedgekeur, waarvolgens saadmaatskappye vergoed

kan word vir hul prestasie in die sojaboonsaadmark.

Die heffing wat ingesamel word, sal volgens saad­

maatskappye se markaandeel aan hulle uitbetaal word.

Graan SA sien die goedkeuring en implementering van hierdie

sojaboonteling-en-tegnologieheffing as ‘n groot deurbraak. Dit sal

meebring dat ons produsente toegang tot die nuutste kultivars en

tegnologie het, om sodoende met ander lande te kan kompeteer.

Waarom ‘n heffing op graan?

Vir baie lank het plaaslike sojaboonprodusente nie toegang tot

die nuutste GMO-tegnologie en genetika verkry nie. Dit sal nou

verander, aangesien die sojaboonbedryf nou ‘n manier gevind het

om tegnologie- en kultivarontwikkelings te befonds.

Waar het die hindernis ontstaan?

Dit is wettig dat produsente ‘n deel van hul oes mag terughou om

in die volgende jaar te plant. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale

Saadorganisasie (SANSOR) word 80% van soja-aanplantings met

teruggehoue saad geplant.

Alhoewel dit alles wettig is, veroorsaak dit dat saadmaatskappye

nie vergoed word vir die navorsing en ontwikkeling van nuwe

tegnologie en kultivars nie. Dit verhoed daarom dat verbeterde soja­

boonsaad en tegnologie die plaaslike mark betree.

Wanneer tree die heffing in werking en

wat is die bedrae betaalbaar?

Die teling-en-tegnologieheffing op sojabone is vir twee jaar

goedgekeur, met ingang 1 Maart 2019. Die heffing is R65/ton vir die

eerste jaar en R80/ton vir die tweede jaar.

Hierdie waardes is bereken as 1,2% van die voorafgaande bemar­

kingsjare se gemiddelde sojaboonprys en sal betaalbaar wees as

produsente hul sojabone verkoop.

Vir die eerste jaar se R65/ton is die gemiddelde prys van

die 2015/2016-bemarkingsjaar vir sojabone gebruik – 1,2% van

R5 495/ton = R65/ton.

Vir die tweede jaar se R80/ton is die gemiddelde prys van die

2016/2017-bemarkingsjaar gebruik (tot en met November 2016)

– 1,2% van R6 647/ton = R80/ton.

Soos die heffing dus vorder (na hierdie tweejaar-termyn), sal die

bedrag varieer afhangende van die tendens in die sojaboonprys ook

na aanleiding van die vrystelling van nuwe tegnologie.

Deur wie word die heffing geadministreer?

Die sojaboonheffing sal deur die SA Cultivar and Technology

Agency (SACTA) geadministreer word en volgens markaandeel aan

saadmaatskappye uitbetaal word.

SACTA is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat gestig is om

saadheffings vir alle oopbestuifde gewasse te administreer. Koring-

en garsheffings word alreeds vir ‘n tweede jaar deur SACTA vir

hierdie doel ingesamel en uitbetaal.

SACTA bestaan uit ‘n raad van direkteure wat soos volg saamge-

stel is:

Twee verteenwoordigers van Graan SA;

twee verteenwoordigers van SANSOR;

twee verteenwoordigers van die Minister van Landbou;

een verteenwoordiger van Agbiz Grain (silo-industrie); en

een verteenwoordiger van die sojaboonverwerkingsbedryf.

As nie-winsgewende maatskappy word SACTA geadministreer deur

L&L Landboudienste.

Hoe werk die uitbetaling?

Die teling-en-tegnologieheffing wat ingesamel word, gaan volgens

saadmaatskappye se markaandeel in die sojaboonsaadmark uitbe­

taal word. Die saadmaatskappye met die grootste markaandeel

behoort derhalwe die meeste voordeel hieruit te trek.

Die berekening van markaandeel kan gedoen word deur verskillende

gewigte aan die volgende inligtingsbronne toe te ken:

Nuwe saadverkope;

lewerings per kultivar by verskillende silo’s en verwerkers; en

inspeksies in die belangrikste produksie-omgewings.