Previous Page  79 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 79 / 132 Next Page
Page Background

het die samestelling van N, P en K in die

mieliebegrotings met amper 20% op ‘n

jaargrondslag gestyg.

Met die berekening van byvoorbeeld

brandstofkoste is vooruitskattings met

behulp van toekomstige rand/dollar-wis­

selkoerse en toekomstige ruoliepryse vas­

gestel (September 2018, Desember 2018 en

Junie 2019). Dit is ‘n groot uitdaging om die

toekomstige brandstofprys te bepaal, maar

‘n styging van ongeveer 22% is gebruik,

terwyl sekere chemiese produkte tot en met

30% gestyg het.

Kostestruktuur van

begrotings

Die kostestruktuur van die begrotings is

uit veranderlike en vaste koste saamgestel.

In die begrotings is veranderlike koste

byvoorbeeld saad, kunsmis, onkruiddoder

en diesel. Hierdie koste verander soos daar

meer of minder van die inset gebruik word.

Neem kennis dat koste soos byvoorbeeld

verskansingskoste, bemarkingskoste en

oesversekering – om net ‘n paar te noem

– deel van dié koste uitmaak. Indien jy nie

van sekere kostes gebruik maak nie, kan jy

dit van die totale veranderlike koste aftrek.

Vaste of oorhoofse koste is uitgawes wat

aangegaan moet word – of daar gepro­

duseer word al dan nie. Alhoewel vaste

koste drasties van produsent tot produ-

sent verskil, word ‘n gemiddelde bedrag

daarvoor voorsien om ‘n beraamde totale

produksiekoste te bereken. Hierdie koste

moet by die veranderlike koste per hektaar

getel word om die totale produksiekoste

te bereken.

Produksiekoste-

uiteensetting en wins­

gewendheidsvergelyking

In dié artikel word drie tabelle en drie

grafieke gepubliseer. In elk van die ta­

belle word beraamde produksiekostes

(veranderlike sowel as vaste koste) vir die

komende produksieseisoen (2018/2019) uit­

eengesit. Die tabelle en grafieke vergelyk

die insetkoste per item, gelykbreekpryse

en opbrengste, asook bruto marges, met

mekaar.

Oostelike produksiestreek

In

Tabel 1

op bladsy 78 word die produk­

siekostes vir die oostelike dele van die

land (Oos-Vrystaat en Oostelike Hoëveld)

uiteengesit. Die produksiekoste van mielies,

sonneblom en sojabone met onderskeie

opbrengsmikpunte vir die Oos-Vrystaat

word vergelyk, terwyl mielies en sojabone

in die Oostelike Hoëveld vergelyk word.

Volgens Graan SA se produksiekostebe­

rekeninge beloop die veranderlike koste

om mielies in die Oos-Vrystaat, vir ‘n

5 t/ha opbrengsmikpunt te produseer,

±R9 777/ha, terwyl dit ±R11 282/ha vir ‘n

6 t/ha-opbrengsmikpunt in die Oostelike

Hoëveld is.

Indien die Safex-prys teen die beraamde

begrote insetkoste (uitgesluit vaste koste)

realiseer, moet ‘n produsent in die Oos-Vry­

staat 4,92 t/ha stroop om gelyk te breek,

waar ‘n produsent in die Oostelike Hoëveld

5,61 t/ha moet stroop.

Die uitdaging en bekommernis kom voor

waar die gelykbreekopbrengste vir die to-

tale kostes (ingesluit vaste koste) bereken

word: Mielie-opbrengste van 6,23 t/ha en

7,57 t/ha onderskeidelik moet gestroop

word – wat ver bogemiddeld en bykans

onrealisties is.

77

September 2018

Grafiek 1: Margevergelyking tussen gewasse vir die Oos-Vrystaat en Oostelike Hoëveld (R/ha).

Grafiek 2: Margevergelyking tussen gewasse vir die Noordwes Provinsie en

Noordwes- en Sentraal-Vrystaat (R/ha).

Grafiek 3: Margevergelyking tussen gewasse onder besproeiing vir die Noord-Kaap

en Limpopo (R/ha).