Previous Page  75 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 75 / 132 Next Page
Page Background

Hoe maak mens ‘n

sinvolle keuse

tydens aankoop?

T

enkkapasiteit en spuitwydte is twee spesifikasies wat

onlosmaaklik deel is van die potensiële vermoë van die spuit

om, teen gegewe watervolumes per hektaar (tipes chemiese

en weerstoestande) en gemiddelde haalbare spuitspoed

(terrein en sofistikasie van balksuspensie bepaal dit), aan jou

gestelde behoefte van hektare per dag gespuit, te voldoen.

Die vereiste hektare per dag word weer bepaal deur jou eie

spesifieke omstandighede – as jy ‘n weidingsprodusent is, is daar

waarskynlik minder druk op jou om in ‘n gegewe tydvenster jou

plaas te bespuit as wat dit die geval is by ‘n graanprodusent. Indien

jy ‘n groenteprodusent is, is hierdie tydvenster nog kleiner en meer

kritiek. Dit is dus eerstens jou verantwoordelikheid om saam met

jou chemiese verteenwoordiger te bepaal watter toedienings krities

is en watter tyd daarvoor beskikbaar is.

Voorbeeld

Jy het 500 ha wat binne vyf dae bespuit moet word. Die bespuiting

word teen 150 l/ha gedoen en die omdraaityd vir hervul is 30 minute.

Om aan dié doelwit te voldoen, sal jy aan die volgende spesifikasies

moet voldoen en keuses moet maak (die aantal spuite benodig

word aangedui):

600 liter, 10 m (6 km/h): 3,8 eenhede benodig = vier eenhede

met 5% spaarkapasiteit

2 400 liter, 18 m (8 km/h): 1,3 eenhede benodig = twee eenhede

met 35% spaarkapasiteit

3 200 liter, 24 m (10 km/h): 0,8 eenhede benodig = een eenheid

met 20% spaarkapasiteit

Spuitspoed

Die keuse van groter spuite met meer gesofistikeerde suspensies

laat hoër grondspoed toe, soos aangedui, en kos natuurlik meer

by die aanvanklike aankoop. Die grootste koste van balkspuite lê

in die sofistikasie van dempingstelsels ten einde hoër grondspoed

en beter konstante spuithoogtes te realiseer – wat effektiwiteit van

toediening verseker.

Balkwip van 500 mm bo die optimale spuithoogte van 500 mm

verlaag herwinning van spuitstof op die potensiële teiken met tot

40%. Dis is daarom krities dat jy nie, waar balkstabiliteit problematies

raak, die spuitspoed oorskry nie. Die totale berekening rondom

trekker- en operateurskostes is nodig om die totale werklike koste

per hektaar per jaar te bepaal. Ons doen graag hierdie berekeninge

vir jou.

Beheerstelsels

Nadat jy bogenoemde keuse gemaak het, moet die terrein en jou

trekkergrootte ontleed word om te bepaal of daar genoeg wringkrag

sal wees om jou bespuiting in dieselfde trekkerrat te doen.

Tydens die spuit van groente, wat ‘n betreklike lae spuitspoed

(<5 km/h) vereis, is dit selde nodig om hierdie oorweging te maak

en kan daar eenvoudig ‘n konstante drukstelsel, of uiterste ‘n

directly proportional to motor

(DPM)-stelsel, gespesifiseer word.

(DPM-stelsels laat toe dat spoed in dieselfde trekkerrat met tot

ongeveer 10% verander kan word, terwyl die toediening per hektaar

konstant bly).

Indien daar egter teen medium spoed teen hellings gespuit moet

word en die wringkrag voldoende is dat ratte nie gewissel hoef te

word en die spuitspoed nie met minder as ongeveer 10% van die

gekalibreerde spoed gaan verskil nie, sou ‘n DPM-stelsel as minimum

vereiste aanbeveel word.

Die gebruik van

directly proportional to advancement

(DPA)-

stelsels (ratwisseling toelaatbaar), met of sonder GPS-seksiebeheer,

laat die keuse van ‘n meer gesofistikeerde spuitproses toe. Hou

egter in gedagte dat grondspoedvariasies van meer as 20% nie

aanvaarbaar is nie, aangesien dit buite die bestek van die gekose

spuitpuntlewering en optimale druppelgrootte sal gaan. Indien

groter grondspoedvariasies as ongeveer 20% om enige rede vereis

word, sou die keuse van outomatiese multispuitpuntseleksiestelsels

ononderhandelbaar wees.

Spuitpunte

In beginsel kan jy kies tussen platwaaier-, laewegdryfplatwaaier-,

luginduksieplatwaaier- en holkeëlspuitpunte – elkeen met sy eie

optimale toepassing:

Platwaaier

: Swamdoder, insekdoder en selektiewe onkruiddoder

(1,5 bar - 3 bar);

Lae wegdryfplatwaaier

: Breëspektrumonkruiddoder (1,5 bar -

3,5 bar); en

Luginduksieplatwaaier

: Voor-opkomsonkruiddoder (1,5 bar -

4 bar).

Selfaangedrewe spuittoerusting

Hierdie is gewis ‘n voordeel wanneer hoë gewasse op ‘n laat stadium

bespuit moet word. Andersins moet jy in jou motivering by die

aankoop daarvan tussen ekonomiese en persoonlike voorkeure

opweeg. Wees egter versigtig om nie die keuse te maak bloot

“omdat die selfloper vinniger kan spuit” nie. Vir die spuitpunt bly die

vereiste steeds ‘n konstante hoogte van 500 mm na die teiken – en

die balkstabiliteit bepaal dit.

Lugondersteunde balkspuite

Hierdie tegnologiese groep maak gebruik van lugondersteuning

om enersyds wegdryf te beperk, maar ook om verbeterde

gewasindringing en herwinning van spuitstof op die teiken te

verhoog. Indien jy dus gewasse met hoë waardes produseer

(groente), sou dit ‘n belangrike opsie wees om te oorweeg. Selfs as

jy in winderige areas met graan boer, sal lugondersteuning vir jou

voordele inhou.

Naverkoopdiens

Kan die verskaffer van my spuittoerusting my lei na die regte keuse

rakende implement- en spuitpuntseleksie? Is onderdele en tegniese

naverkoopdiens van hoogstaande gehalte? Het die verskaffer

enigsins die kennis om die toerusting op te stel dat dit die hoogste

effektiwiteit sal verseker?

73

September 2018

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Balkspuite:

Marius Ras,

groep-bemarkingsdirekteur, Rovic Leers