Previous Page  84 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 84 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

82

op plaasvlak

Tyd vir nuwe seisoen se

beplanning is weer hier

Luan van der Walt,

landbou-ekonoom, Graan SA

Graanmark

-oorsig

15 Augustus 2018

d

ie nuwe somerplantseisoen

neem eersdaags ‘n aanvang.

Dit is dus weer tyd vir pro­

dusente om te begin met

die beplanning daarvan. Al­

hoewel daar ‘n magdom on­

sekerhede in die markte is (nuwe norm?),

is dit weer eens die doodgewone ekono­

miese beginsels van winsgewendheid wat

die eerste punt van analise is wanneer

produsente besluite oor produksie in die

nuwe seisoen moet neem.

Produsente behoort met gemengde ge­

voelens te dink aan die pas afgelope twee

seisoene – as gevolg van die kontras

tussen die goeie opbrengste en die lae

winsgewendheid. Die komende seisoen se

beplanning is reeds vroeg in die seisoen al

’n uitdaging as gevolg van verskeie risiko-

aspekte wat weer eens die twee grootstes

insluit, naamlik prys en produksierisiko.

Die feit dat die moontlikheid van ‘n El Niño

reeds vroeg in die seisoen genoem word,

beklemtoon die onsekerheid vir die seisoen

wat voorlê. Dit kan ‘n noemenswaardige

impak op beide die pryse en produksie

vir die seisoen hê – wat besluitneming vir

produsente nog ‘n groter uitdaging maak.

Hoe lyk die markte?

In die makro-ekonomiese omgewing, wat

grootliks bydra tot die beweging van die

wisselkoers, is daar tans heelwat onse­

kerhede – veral in terme van beleide. In die

internasionale konteks het aspekte soos

die handelsoorlog tussen die VSA en China

verder uitgekring – wat ‘n noemenswaardige

impak op verskeie lande gehad het, waar-

van die lande met ontluikende ekonomieë

die swaarste getref is.

Ontluikende lande se geldeenhede was in

die afgelope paar maande uiters volatiel

– en dit het ook die plaaslike geldeenheid

beïnvloed. Die verwagting is dat hierdie

onsekerhede in die volgende paar maande

kan voortduur – wat beteken dat die

wisselkoers wisselvallig behoort te bly en

in enige rigting kan verhandel.

Internasionale

graanmarkte

In die internasionale markte van grane

en oliesade is die afgelope seisoen se

beduidende wisselvalligheid waargeneem

– wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan

‘n paar faktore, wat die weersomstandig­

hede en die politieke en beleidsomgewing

wat markte deurmekaar gekrap het, insluit.

Mielies en sojabone

Gesien in ‘n internasionale konteks, is die

hooffokus tans op die Amerikaanse mark,

waar die nuwe seisoen se produksie goed

vorder en die stroopproses eersdaags

sal begin. Die seisoen het aanvanklik

swaar begin en die aanplantings was

aansienlik later as normaal – wat die risiko

in die Amerikaanse mark verhoog het

en bevredigende ondersteuning aan die

Amerikaanse mieliepryse gebied het.

Namate die seisoen gevorder het, het

die aanplantings beter gevaar en het

die produksietoestande en produksiever-

wagtinge in die VSA verbeter. Volgens

die nuutste wêreldvraag-en-aanbodsyfers,

wat op ‘n maandelikse basis deur die Ame-

rikaanse Departement van Landbou be­

kend gemaak word, is die skatting dat

wêreldmielieproduksie vir die seisoen on­

geveer 3% meer behoort te wees as in die

vorige seisoen.

Dieselfde geld ook vir wêreldverbruik. Daar

kan waargeneem word dat die wêreldver­

bruik vir die tweede agtereenvolgende

jaar die wêreldproduksie oorskry en die

verwagting is dat die wêreldeindvoorraad,

vanaf die vorige seisoen, met ongeveer 20%

behoort te daal (

Tabel 1

).

WÊRELDMIELIES

WÊRELDSOJABONE

2017/2018

2018/2019* % VERANDERING 2017/2018

2018/2019*

% VERANDERING

Produksie

1 033

1 061

3%

337

367

9%

Verbruik

1 068

1 099

3%

338

354

5%

Eindvoorraad

193

155

-20%

96

106

11%

* skatting

Bron: USDA, 2018

Tabel 1: Wêreldproduksie, verbruik en eindvoorraad van mielies en sojabone (miljoen ton).