

D
E
K
G
E
W
A
S
S
E
Kollig
VOERGEWASSE
vir
die koeler maande
P
annar se koelseisoengrasse bestaan uit voergewasse
geskik vir intensiewe veeproduksie onder besproeiing en
droëlandvoergewasse waarmee die gapings in ’n voer-
vloeiprogram aangevul kan word. In ’n intensiewe vee-
produksiestelsel lewer eenjarige en meerjarige raaigrasse voer
hoog in kwaliteit, verteerbaarheid en smaaklikheid, met ’n hoë
opbrengspotensiaal vir ’n lang produksieperiode – tot in die
somermaande. Vir voerproduksie onder droëland of aanvullende
besproeiing is Japannese radys en ’n groenvoerpakket van hawer,
korog en stoelrog beskikbaar.
Produkinligting
PETRUS VAN ROOYEN,
produkbestuurder: Voergewasse, Pannar
GEWAS
PLANTTYD
SAAIDIGTHEID (KG/HA)
BESKRYWING
REËNVAL (MM)
BREEDWERPIG
RYE
Raaigras:
SUKARI
Italiaanse
diploïed
Februarie -
April
of Augustus -
September
Besproeiing
25 - 30
20 - 25 Raaigrasweidings is geskik vir melk, vetlamproduksie en
afronding van speenkalwers. Verbou dit onder besproeiing
en benut dit gedurende die herfs-, winter- en lentemaande.
SUKARI is ’n diploïede, Italiaanse tipe wat besonder lank deur
die somer – en selfs tot in die herfs – hou. Buitengewone
hoë droëmateriaal- en suikerinhoud. Uitstaande midwinter-
produksie.
Italiaanse tipes kan vroeg in die herfs (Februarie/Maart) of
alternatiewelik ook vroeg in die lente na die swaarste ryp
(Augustus/September) gevestig word, waarna dit vir onge-
veer 15 maande weiding behoort te voorsien.
Raaigras:
VOYAGER 10
Westerwold
tetraploïed
Februarie -
April
Besproeiing
35
30 - 35 ’n 100% tetraploïede Westerwold-mengsel vir maksimum
raaigrasopbrengste in die midwinter tot einde Oktober. Plant
Westerwold-tipes vroeg in die herfs (Februarie/Maart) en
benut van April/Mei tot Oktober/Desember.
Meerjarige
raaigras:
BASE
tetraploïed
Februarie -
April
of Augustus -
September
Besproeiing
30 - 35
25 - 35 ’n Tetraploïede meerjarige raaigras. Uitstekende droëmateri-
aalproduksie met ’n uitstekende standhoudendheid en mid-
somerproduksie. Kan weidingdruk vir ’n meerjarige raaigras
besonder goed hanteer.
Alleenlik onder besproeiing. Uitstekende weiding met klawer-
mengsels. Hierdie raaigrastipes is nie sterk meerjarig nie en
moet elke drie tot vier jaar hervestig word.
Japannese
radys:
ENDURANCE
Desember
- Januarie/
Februarie
Hulpbesproeiing/
droëland
-
2 - 3,5 ENDURANCE is ’n unieke laatblommende, sagte blaartipe
voerradys, met ’n knol en blaarmateriaal van voortreflike
kwaliteit. Dit lewer gewoonlik produksie tot aan die einde
van Augustus – en in sommige gebiede selfs tot middel
September. Goeie weiding vir skape en beeste. Dit is hoogs
verteerbaar. Vir beeste word dit uitgetrek of geploeg en heel
gevoer. Gewoonlik nie koue- of rypgevoelig nie. Benodig ten
minste 350 mm reën oor die vier maande-groeitydperk.
Hawer:
LE TUCANA
Intermediêre
tipe
MAJORIS
Lentetipe
Februarie -
Maart
Hulpbesproeiing/
droëland
50 - 70
40 - 50 LE TUCANA lewer uitstekende herfs- en winterweiding.
Dit is die top weidingshawer, met uitstekende herfs- en
winterproduksie. Uiters smaaklike, hoë weidingsopbrengs
en bevredigende koueverdraagsaamheid.
MAJORIS is ’n mediumseisoen wit hawer en is geselekteer
vir vinnige produksie – sinoniem met dié van lentetipes. Dit
het ’n uitstekende opbrengspotensiaal, roesweerstand en
koueverdraagsaamheid.
Korog:
PAN 248
Intermediêre
tipe
PAN 299
Egte winter-
tipe
Februarie -
April
Hulpbesproeiing/
droëland
60 - 80
35 - 45 PAN 248 is ’n relatiewe vinnige korogtipe wat ideaal is vir
groenvoerproduksie op vlak, marginale gronde. Geskik om
weiding in die laatherfs- en wintermaande te voorsien. Ook
geskik vir kuilvoer in die winterreënvalgebiede.
PAN 299 is ’n egte wintertipe korog met ’n uitstekende
stoelvermoë. Hierdie kultivar is veral geskik vir benutting in
die laatwinter- en lentemaande. PAN 299 ontwikkel aanvank-
lik stadig en is na twaalf tot 13 weke geskik vir beweiding.
Korog is meer koueverdraagsaam as hawer.
Stoelrog:
SOROM
Lentetipe
Maart - April
Hulpbesproeiing/
droëland
40 - 60
30 - 50 ’n Vinnige lentetipe stoelrog, ook geskik vir laat aanplanting
in Junie, Julie en selfs aan die begin van Augustus, wanneer
voer vinnig benodig word. Hoë opbrengspotensiaal; egter
nie so smaaklik soos hawer nie. Uitstekende koueverdraag-
saamheid.
39
November 2018
TABEL 1: GEMATIGDE OF WINTERVOERGEWASSE.