Previous Page  55 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 55 / 108 Next Page
Page Background

Jy loop die risiko dat sommige van die

elemente dalk sal loog en sodoende sal

die gewas nie noodwendig die verwagte

opbrengs lewer nie. Die effektiewe en

tydige toediening van elemente is ‘n hoër­

orde bestuursaspek wat die produsent

moet en kan bestuur. Deur te weet hoeveel

stikstof ‘n mielie byvoorbeeld op watter

stadium benodig en dit met die vog in

die grond te korreleer, kan verseker ’n

bydrae lewer om die optimale produksie

te lewer en sodoende die risiko van oor- of

onderbemesting te voorkom.

In

Tabel 1

is die plantvoedsel-element-

verwyderingsyfers aangebring. Maak seker

dat daar nie sonder rede ‘n groot verskil

tussen jou gewasse se syfers en hierdie is

nie.

Droogte is altyd ‘n negatief vir enige plaas.

Die plante is onder stres en sodoende word

die opname van voedingstowwe beduidend

benadeel. Tog is alles nie verlore nie,

omdat daar nie oorvloedig reën is nie, is

die oordrag van bemestingstowwe na die

volgende seisoen ook relatief hoog.

Resultate van navorsing wat by Kroonstad

gedoen is, het getoon dat ‘n betreklike groot

persentasie van die bemestingstowwe

wel in die grond agtergebly het. Werk wat

deur mnr Sakkie Koster van Pioneer in

die oostelike Hoëveld gedoen is, het ook

betreklike hoë oordragpersentasies getoon.

Behalwe hierdie oordragte, is daar ook

‘n ander voordeel wat te voorskyn kom

by ‘n hoër as standaard-bemesting in ‘n

droogtejaar.

Omdat die plante se vermoë om die

voedingstowwe op te neem onder druk

verkeer, kan dit soms gebeur dat die plante

meer voedingstowwe opneem omdat daar

meer beskikbaar is. Dit kan daartoe lei dat

die produksie per hektaar hoër is. Omdat

dit ‘n droogtejaar is, kan ons die aanname

maak dat pryse na invoerpariteit sal neig

en sodoende sal die oes teen ‘n beter prys

verkoop kan word, wat die inkomste per

hektaar sal verhoog.

Die teendeel kan egter ook waar wees. Die

bemesting kan die plante uiters weelderig

laat groei en sodoende kan die plante

vinniger uit vog hardloop – met die gevolg

dat die produksie uiteindelik moontlik ook

laer kan wees.

Figuur 2: Die watergebruik van sonneblomme.

Erkenning: Pannar

Figuur 1: Die mielie se voedingstofopname.

Erkenning: Pannar

53

July 2018