

KWALITEIT KUNSMIS
EKOR
-
waar ploeg en plant ontmoet
-
Ons brand om van jou te hoor!
082 945 7666 • ekor@ekor
RICHARDS BAY
.co.za • www.ekor.co.za • Ekor Fert
•
Fokus
Bemesting
Is
oorbemesting
‘n sonde?
Waterverbruik
Figuur 2
op bladsy 53 illustreer die wa
terverbruik van sonneblom. Deur die
waterverbruik met die bemestingbehoeftes
te korreleer, kan die optimale bemesting
vir die gewas binne die seisoen beplan
word. Daar is tans ‘n groot aantal instansies
wat jou hiermee kan help. Kontak gerus jou
bemestingsadviseur hieroor.
Indien dit die jaar ‘n goeie reënjaar is,
sal jy verseker die voordeel van die hoër
bemesting ervaar. Opbrengste behoort
heelwat hoër te wees en sodoende is daar
weer meer om te verkoop. ‘n Groot aantal
produsente sal ook in so ‘n jaar vergeet
dat die kolle wat ewe skielik sulke hoë
opbrengste lewer, die vorige paar jaar
dalk uiters lae opbrengste gerealiseer het.
Pasop om hierdie opbrengste as die norm
te beskou.
Presisieboerdery
Die vraag is nou hoeveel bemes kan
word. Na my mening behoort ‘n presisie
boerderybenadering gevolg te word. Pro
beer om die grond volgens sy werklike
potensiaal te bestuur en te bemes. Presisie
boerdery is een metode wat besonder ern
stig oorweeg moet word.
Hoe minder homogeen die grond is, hoe
groter is presisieboerdery se bydrae.
Presisieboerdery sluit nie net die aan
vanklike toediening van bemesting in nie,
maar ook die bestuur van die gewas reg
deur die seisoen. Indien dit ‘n nat jaar is,
moet addisionele bemesting toegedien
word. Op dié manier behoort die produksie
ook verbeter te kan word.
Onkruidbeheer en
bewerkingstelsels
Bemestingseffektiwiteit kan ook verhoog
word deur aandag aan onkruidbeheer te
gee. Dit maak nie sin om vir optimale pro
duksie te bemes, maar nie onkruiddruk te
beheer nie. Hoe hoër die onkruiddruk is,
hoe laer is die produksie. Maak daarom
moeite daarmee om die onkruid onder
beheer te kry. Dit sal die effektiwiteit van die
bemesting dramaties verhoog.
Bewerkingstelsels het ook ‘n invloed op
bemesting. Met bewaringslandboustelsels
sal bemesting anders benader moet word.
Die toediening van addisionele bemesting
sal verseker ‘n negatiewe impak op die
grondbiologie of -gesondheid hê. Hoe ge
sonder die gronde, hoe meer vrugbaar
is dit en daarom kan minder bemesting
toegedien word. Vergewis jouself van die
grondgesondheid, hoeveel dit bydra tot
vrugbaarheid en pas die bemestingspro
gram daarvolgens aan (gebruik byvoorbeeld
die Haney-ontledingsmetode).
Ten slotte
Jou langtermyndoelwitte sal bepaal
waarheen jy op pad is. ‘n Holistiese be
nadering wat hulpbronne, bewaring, ge
wasse en bestuur insluit, moet gevolg
word. Bewaringslandbou behoort deel hier
van te vorm. Dit sal beteken dat aandag
aan produksiepotensiaal, grondbedekking,
grondgesondheid, gewasrotasie en bewer
king gegee moet word. Die optimale bestuur
van die gewasse en gereelde regstellings
sal die effek van bemesting optimaliseer.
Om te besluit of daar oorbemes word of
nie, hang van verskeie aspekte af – waarvan
grondpotensiaal en grondtoestand die
belangrikste is. Daar is verseker ook ander
aspekte wat die doeltreffende benutting
daarvan beïnvloed.
Rig navrae hieroor aan Pietman Botha by
082 759 2991.