Previous Page  50 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 50 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

48

G

rondbiota bestaan uit ‘n enorme verskeidenheid orga­

nismes wat met mekaar, met die plantwortels en met die

omgewing in aanraking kom en is daarom ‘n belangrike

komponent van die grond-ekosisteem.

Hulle word op grond van grootte verdeel in drie groepe, naamlik

makrofauna (>2 mm soos erdwurms en termiete), mesofauna

(0,1 mm - 2 mm soos myte en springsterte) en mikrofauna (<10 μm

soos bakterieë en fungi en <0,1 mm soos protiste en nematodes).

Grondmakrofauna bestaan uit ‘n wye verskeidenheid organismes

wat op die grondoppervlak sowel as in die grond leef (

Tabel 1

).

Hierdie organismes se lewenswyse en aktiwiteite het ‘n direkte en

indirekte invloed op hul habitat en ander organismes. Plante skei

suikers, eenvoudige stysels en aminosure in die grond rondom hulle

wortels af. Bakteriese populasies vermeerder en mikorisaspore

ontkiem en infiltreer die wortels. Die wortels word dan heeltemal

aangepak met bakterieë en voordelige fungi.

Protosoë soos amebes en flagellate voed al langs die rante van

hierdie aangepakte wortels. Groter predatore soos aalwurms en

erdwurms voed dan op die bakterieë, fungi en protosoë rondom

die wortels.

Op die grondoppervlak verwerk mikrowurms blare en plantmate­

riaal in kleiner deeltjies sodat bakterieë en fungi in die grond

daarop kan voed. Springsterte voed op fungi, terwyl komposwurms

(

Eisenia fetida

) op fungi, bakterieë, aalwurms en protosoë in die

grondvoedselweb voed. Makrofauna oefen fisiese effekte, chemiese

effekte en biologiese effekte op die grond uit.

Fisiese effekte van makrofauna

Makrovermenging

Miere, termiete, erdwurms en grondkewers kan ‘n groot hoeveelheid

grond verskuif. Sodoende bring hul minerale van dieper in die

grond uit na die oppervlak en begrawe hulle die organiese materiaal

vanaf die oppervlak dieper in die grond. Erdwurms kan byvoor-

beeld binne tien tot 20 jaar die boonste 15 cm van die grond

omkeer aangesien sulke groot hoeveelhede grond deur hul inge-

wande beweeg.

Mikrovermenging

Ander groepe van grondmakrofauna beïnvloed die grondstruktuur

tot ‘n mindere mate, maar dit speel steeds ‘n belangrike rol.

Hierdie organismes, hoofsaaklik Diptera-larwes, beskik oor ‘n

kleiner kapasiteit om in die grond te grou. Hulle is meestal op

die grondoppervlak, waar hulle organiese materiaal in die grond

inkorporeer. Hulle kan egter ook deur middel van uitloging in die

grond inbeweeg tot ‘n diepte van 60 cm.

Tonnelkonstruksie

Tonnelvorming is essensieel vir grondbelugting en waterdreinering.

Erdwurms en termiete vorm tonnelnetwerke, wat makroporeuse

spasies in die grond skep en sodoende die waterdreineringstelsel

binne in die grond verbeter.

Fragmentering

Die fragmentering van dooie hout, karkasse en afval is ‘n uiters

belangrike aktiwiteit van grondfauna aangesien dit ‘n beduidende

effek op die organiese materiaalvorming in grond het. Dit bepaal

daarom die aktiwiteite van bakterie, fungi en mikrofauna-populasies.

Aggregaatvorming

Nadat afval gefragmenteer is, is dit makliker vir organiese materiaal

om na die stabiele vorm, naamlik humus, afgebreek te word en om

dan grondaggregate te vorm (die saamgroepering van gronddeeltjies

om ‘n krummelrige, gesonde struktuur te vorm). Erdwurms, termiete,

honderd-pote en duisendpote en houtluise neem gronddeeltjies

saam met hulle voedsel in en dra by tot aggregaatvorming deurdat

hulle organiese en minerale materiaal in hul ingewande meng.

Chemiese effekte van grondmakrofauna

Hierdie effekte is beide direk en indirek. Direkte effekte sluit in die

modifikasie van voedselkwaliteit omdat dit deur die ingewande

Voordelige

makrofauna

in landboupraktyke bekyk

Fokus

Bemesting

Charné Myburgh,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

LANDBOUGROND

GRASVLAKTES

WOUD

Organismes per gram (1 teelepel) grond

Bakterieë

100 miljoen - 1 miljard

100 miljoen - 1 miljard

100 miljoen - 1 miljard

Swamme

Verskeie meters

10 - 100e meters

1 - 60 km (in naaldhout)

Protosoë

1 000e

1 000e

100 000e

Aalwurms

10 - 20

10 - 100e

100e

Organismes per vierkante meter

Geleedpotiges

< 10

45 - 200

900 - 2 300

Erdwurms

4 - 25

8 - 42

8 - 42 (0 in naaldhout)

Tabel 1: Tipiese getal grondorganismes in gesonde ekosisteme.

Bron: 2012 Nature Education