Previous Page  54 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 54 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

52

Is

oorbemesting

werklik ‘n sonde?

D

ie woord “oorbemesting” klink

asof dit nie reg moet of kan wees

nie. Soms mag oorbemesting

heeltemal verkeerd wees, maar

daar is tog kere wat dit nie ongunstig is

nie; dit hang net af uit watter oogpunt

dit benader word. Dit is belangrik om te

bepaal wanneer dit oorbemesting is en

wanneer nie.

Onderbemesting kan ook nadelig wees en

die besigheid se winsgewendheid wesenlik

benadeel. Die regte vertrekpunt sal wees

om die potensiaal en toestand van ‘n spesi­

fieke kol in ’n spesifieke land, die land waarin

dit is en die plaas in geheel vas te stel.

Produksiepotensiaal

Produksiepotensiaal word hoofsaaklik deur

‘n paar aspekte, naamlik gronddiepte, klei­

persentasie en effektiewe reënval bepaal.

Bewerking, helling en waterafloopbeheer

– om net ‘n paar te noem – het ook ‘n impak

op produksie en moet nie buite rekening

gelaat word nie. As die produksiepotensiaal,

gegewe die produksiepraktyke en lang­

termyndata, dalk 4 ton is en jy bemes

konstant vir ‘n 6 ton-opbrengs, is dit

definitief verkeerd. ’n Produsent wat met

hierdie addisionele bemesting volhou,

moet besef dat jy jou mettertyd gaan

vasloop.

Die afgelope jare het die graanbedryf

‘n dramatiese verhoging in produksie

beleef. Nuwe verbouingspraktyke wat be­

werking, wisselbou en kultivars insluit, het

na vore getree en ewe skielik het streke se

langtermynproduksie sommer dramaties

gestyg. Waar ‘n streek in die verlede dalk

4 ton/ha opgelewer het en nou vir die laaste

paar jare konstant 6 ton/ha en hoër reali-

seer, is dit dus nie verkeerd om vir ‘n

6 ton/ha-opbrengs te bemes nie.

Sou ‘n strategie gevolg word om die

grond oor tyd reg te stel en daar bo die

onttrekkingsyfers of aanbevole peile

bemes word, kan dit nie as oorbemesting

beskou word nie. Maak egter seker dat

die regstelling wel op dié manier gedoen

kan word.

Sekere elemente kan nie so opgebou word

nie. Stikstof is een element wat bitter

moeilik met bemesting opgebou kan word.

Te danke aan bewaringslandboupraktyke

het produsente egter wel die voordeel om

stikstofvlakke op te bou. Stikstofoordrag

van een jaar na die volgende is wel moontlik,

maar gaan gewoonlik met verliese gepaard.

Vind gerus meer hieroor by die verskillende

bemestingsagente uit, of oorweeg dit

om jou verbouingstelsel te verander om

grondorganiese koolstof, wat die natuurlike

vrugbaarheid van grond verhoog, op te bou.

Stikstofbemesting

Stikstofbemesting is geneig om bitter

vinnig te loog of te vervlug en daarom moet

ander maniere oorweeg word om hierdie

uitdaging te oorkom. Daar is tans verskeie

middels wat tot die verhoging van die

effektiwiteit van stikstof aanleiding kan gee.

Gewone stikstofbronne – veral in sandgrond

met goeie reën – loog betreklik vinnig. Is

dit dan oorbemesting of swak bestuur, of

albei as jy oor tyd meer stikstof toedien

om die effek van loging en vervlugtiging op

gewasproduksie te voorkom?

Gegewe hierdie inligting, is dit belangrik

dat stikstofbemesting bestuur moet word.

Die gebruik van tegnologie om voorsiening

daarvoor te maak om meer stikstof in tye

van tekort aan die plante te kan verskaf, is

van kardinale belang.

Die gebruik van vliegtuie of hoogloopspui­

te om addisionele bemesting toe te dien, is

van die interessante nuwe tegnologie wat

daarvoor aangewend kan word. Indien die

marginale opbrengs die marginale koste

oortref, maak dit sin om dit te doen. Daar

is ook nuwe spuitpunte beskikbaar wat

gebruik kan word om stikstof toe te dien.

Blaar- en sapontledings

Gegewe die jaar, is dit belangrik dat die

produsent sy/haar graanproduksie moet

kan voorspel om tydig die regte verstellings

te maak sodat die plant optimaal kan

presteer en sodoende die beste oes

oplewer. Hiervoor is daar hulpmiddels soos

blaar- en sapontledings wat aangewend

kan word om hierdie besluit makliker

te maak.

Oor die lang termyn maak dit sin om

produksie te stabiliseer en daarin kan die

effek van bewaringslandbou wat hoër vlak­

ke van grondgesondheid en koolstof insluit,

nie buite rekening gelaat word nie.

Beskikbaarstelling

van elemente

Tydige beskikbaarstelling van elemente is

krities. Dit is belangrik dat die produsent

moet weet wanneer die gewas, hoeveel,

van watter element gaan benodig – sien

Figuur 1

. Afhangende van die grond en

jou situasie, maak dit dalk nie sin om al die

voedingselemente tydens plant te plaas

nie, aangesien die plant die elemente op

verskillende produksiestadiums gebruik.

Fokus

Bemesting

Pietman Botha,

SA Graan/Grain

redaksiespan

GEWAS

BEMARKBARE PRODUK

VERWYDER

PLANTVOEDSEL-ELEMENTVERWYDERING DEUR BEMARKBARE PRODUK

N

P

K

CA

MG

S

KG/TON

Mielies

Sojabone*

Sonneblom

Graan (per ton graan)

Hele plant, maar uit­

gedruk per ton graan

1 ton sojaboonsaad

3 ton sojaboonsaad

Saad (per ton graan)

15

24

75 - 100

187

28

3

4

8 - 9

20

3,7

4

20

26 - 40

57

6

0,2

4

1

4,4

1,3

2,6

Tabel 1: Plantvoedsel-elementverwyderingsyfers vir die hoofgewasse.

* Sojabone kan die meeste van die stikstofbehoeftes self voorsien deur die binding van lugstikstof met behulp van knoppiesbakterieë

Bron: Bemestingshandleiding, 2016