

Fokus
Bemesting
“Op die grondgesondheidsontledings wat ons gedoen het, het
dit gewys dat daar 270 kg anorganiese stikstof in daardie land se
grond lê. Opvallend is ook dat daar 26 dpm fosfaat volgens die
Mehlich 3-ontleding is, maar as ‘n mens die grondgesondheids
ontleding bestudeer, is daar maar 6 kg/ha beskikbaar vir die plant
om te benut. So, daar was regtig ‘n groot uitdaging op daardie land
wat fosfaat betref en daar was geweldig baie stikstof beskikbaar.
“Wat ons gedoen het, is om heelwat minder stikstof as normaal
weg toe te dien en daarop te fokus om fosfate meer beskikbaar te
maak. Met die hoë kalium (daar is 1 259 kg/ha beskikbaar) was dit
nie nodig om kalium toe te dien nie. Dit is rande wat daar vir die
produsent lê en wag om benut te word.”
Daar is besluit om bitter min stikstof, hoër fosfaat en geen kalium
toe te dien nie – wat heelwat anders is as ‘n bemestingsplan wat
gegrond is op onttrekkingsyfers.
Hoe word gewasbemesting benader?
Volgens Schoeman “meet” Agrisol die anorganiese voedingstow
we, tel die organiese gedeelte by en doen dan die aanbeveling per
gewas, per land en volgens die opbrengsdoelwit. Om al hierdie
dienste te lewer, het dit onder hul aandag gekom van hoe belangrik
data en die verwerking daarvan is. Daarom het hulle ‘n uitstekende
IT-departement, waar sagteware ontwikkel word om hiervoor aan
te wend.
Hul interne sagtewarespan en landboukundiges het ‘n webstelsel
ontwikkel, waartoe elke produsent en sy medewerkers toegang
het – as die produsent aan hulle toegang wil gee. Hulle het heelwat
geïnvesteer om dit so eenvoudig moontlik aan die produsent weer te
gee en die proses eenvoudig en verstaanbaar te maak.
Omdat dit ook ‘n uiters belangrike inset is, het hulle boonop ‘n
kalkmodule ontwikkel, omrede die bedryf na hul mening redelike
chaos beleef. Hoe hulle dit benader het, is om vas te stel hoeveel
kalsium en hoeveel magnesium ‘n plaas benodig. Die ontleding en
effektiwiteit van elke bron word dan in ag geneem om te bereken
hoeveel van daardie spesifieke produk die nodige regstellings
kan maak. Dan bereken hulle die afstand van die plaashek na al
die kalkbronne (al die kalkmaatskappye is daarop) en verskaf dan
binne ‘n dag of so ‘n lys aan die produsent van die goedkoopste
tot die duurste manier waarop hy die regstellings kan maak – die
effektiwiteit van die kalk in ag genome.
“Dan het ons ook ‘n toepassing (
app
) ontwikkel (iOS en Android)
wat ons glo in die toekoms ‘n groot bydrae tot navorsing kan lewer
grondvrugbaarheidsbestuur