

– in dié sin dat ‘n mens meer waarde uit die data kan ontsluit – en
dat almal wat op ‘n plaas aankom van dieselfde stel data af kan
werk. Inligting kan dan selfs in studiegroepe, sowel as ander forums,
gedeel word,” aldus Schoeman.
Watter metode word aanbeveel?
“Ons glo dat die tafel gelyk gemaak moet word, so ons doen min
of meer elke derde jaar presisie-ontledings op grond waarvan ons
die balans na ongeveer drie oeste regstel of gelyk maak.”
Grondgesondheid word jaarliks na elke gewas gemeet. Wat
hulle in KwaZulu-Natal doen, is om 2 ha-ruitmonsters te trek en
‘n gekombineerde grondontleding daarvan te maak, die grond
gesondheid te ontleed sodat ‘n mens oor tyd die tendense daarvan
kan sien en, ook te bepaal watter organiese en anorganiese elemente
beskikbaar is en wat nog benodig word – en dan elke land daarvolgens
te bemes.
“Ons het al geweldige besnoeiings in kunsmis gedoen en steeds
groot suksesse behaal. As voorbeeld het mnr Chris Bothma-hulle
van die Viljoenskroon-distrik teen die Vaalrivier, wat ook redelik
voor is met bewaringslandbou en geweldig daarin belangstel,
verlede jaar met 42 kg/ha stikstof geplant waar hy gewoonlik
90 kg/ha toegedien het. Daar was reeds heelwat anorganiese en ‘n
klompie organiese stikstof in die grond beskikbaar. Die doelwit was
4,8 t/ha en hulle het op die ou einde 6 t/ha afgehaal. Hulle che
miese verbruik was die laagste van almal by die maatskappy waar
hulle hul chemikalieë gewoonlik koop. Hulle het daarom geweldige
lae koste daarmee gerealiseer en lae onkruiddruk beleef – chemiese
en voedingstofwanbalanse kan ‘n groot invloed op onkruiddruk
ook hê. Boonop het al hul lande vir die eerste keer dieselfde
opbrengs gelewer – met klein variasie binne die lande.”
Ander dienste wat hulle beoog om binnekort te lewer, is om meer
detail presisiekaarte te begin trek, waar hul met elektro-magnetisme
die lande skandeer (EM-fisiese opnames), detail fisiese eienskappe-
ontleding en om oppervlakdreinering en diep, ondergrondse
dreinering te meet.
Rig enige navrae aan GP Schoeman by 018 297 8516, 076 775 0359
of
gp.schoeman@agrisol.co.za
.
Figuur 2: ‘n Land van Cobus van Coller se Mehlich 3-ontleding.