

57
July 2018
Só
verbeter jy
grondvrugbaarheidsbestuur
B
oerdery in Suid-Afrika is onder geweldige druk. Behalwe
vir politieke en klimaatdruk is dit ook vasgevang in ‘n
kosteknyptang. In hierdie opsig is dit opvallend hoe hoog
stikstofkoste in alle provinsies in Suid-Afrika is vergeleke
met dié van die res van die wêreld.
“Oorbemesting is ‘n realiteit. Dit kos die produsent nie net geld
nie, maar verlaag ook die gesondheid van sy grond en maak die
grond as’t ware verslaaf aan kunsmis. Graanprodusente in Suid-
Afrika het bogemiddelde insetkoste – en veral kunsmiskostes
is geweldig hoog gemeet teen internasionale syfers en moet
aangespreek word,” so het mnr GP Schoeman, uitvoerende
hoof van Agrisol, tydens die Bewaringslandboukonferensie van
13 en 14 Maart vanjaar op Ottosdal, sy aanbieding ingelui.
Daar is ‘n paar beginsels wat vir Agrisol by grondvrugbaarheids
bestuur belangrik is:
Verhoudings tussen elemente; dat daar sinergisme en an
tagonisme is; en die feit dat een element ‘n invloed op ‘n ander
element het. As daar te veel van een voedingstof is, moet ‘n
ander een plek maak.
Kalsium en magnesium en die verhouding tussen die twee
voedingstowwe is uiters belangrik. Die elemente is belangrike
voedingstowwe en het ‘n groot invloed op die pH van die
grond. pH is belangrik, maar grond waarvan die pH reg is,
kan steeds uitdagings hê soos swak infiltrasie, kompaksie,
droogtegevoeligheid en versuiping – om maar ‘n paar te noem.
Voedingstowwe is meer beskikbaar by ‘n spesifieke pH, maar
dit is nie al waaroor dit gaan nie. pH is die gevolg van die regte
katioonbalans in die grond. Dit gaan oor voeding, maar ook nie
net oor voeding nie. Katioonbalans het ‘n groot invloed op die
struktuur van die grond en struktuur het ‘n beduidende invloed
op ander aspekte soos dreinering, versouting, gaswisseling,
grondlewe en bewerkingskoste. (Sien voorbeelde van goeie en
swak gestruktureerde grond in
Figuur 1
.)
Grondgesondheid. Grondlewe is belangrik en is nog altyd
onderskat. Dit verminder risiko, bring rande in produsente se
sakke en maak boerdery volhoubaar.
Vertrekpunt
“Eerstens moet die variasie in ‘n land sover moontlik uitgeskakel
word. Ons doen dit deur elke twee tot vier jaar ruitontledings te
neem en variërende regstellings aan te beveel. Agrisol het oor
tyd algoritmes ontwikkel wat die belangrike verhoudings op die
spesifieke plek op die land in ag neem en ons in staat stel om
aanbevelings op grond van die spesifieke eienskappe van die grond
te maak,” het hy gesê.
Tweedens word daar voor elke nuwe aanplanting grondgesond
heidsontledings gedoen. Op grond van hierdie inligting word
‘n bemestingsplan vir die jaar opgestel wat grondgesondheid,
beskikbare anorganiese sowel as organiese voedingstowwe en ook
die gewas en opbrengsdoelwit in ag neem. Slegs voedingstowwe
waarvan die vlakke te laag is, word dan aangevul.
Die resultate van die produsent se bewaringslandboupraktyke
word op dié manier gemeet en die produsent kan die voordeel
daarvan benut. Oor die algemeen is die kunsmiskoste dan heelwat
laer as wat normaalweg die geval sou wees. Gewoonlik is daar ook
die daaropvolgende jaar meer voedingstowwe beskikbaar as wat
verwag word, omdat die grondgesondheid herstel en grondmikro
bes ‘n groter rol begin speel – dit help indien voedingstowwe in
balans is. Sodoende verlaag die insetkoste verder.
Derdens word die lande dan deur die seisoen deur landboukun
diges gemonitor deur gebruik te maak van ‘n selfoontoepassing.
Die toepassing bied ‘n verskeidenheid kaarte, jou huidige posisie,
kommunikasie tussen rolspelers en rekordhouding.
“Ons het wel al lande teëgekom wat arm en geloog is en waar
alles wat nodig is, toegedien moes word. Dan is daar gronde waar
stikstof tot hoë vlakke opgebou is en min toegedien hoef te word
– dit is hier waar die stikstofopbou eintlik negatief vir grondgesond
heid is.”
Die ideaal is om meer organiese stikstof en fosfate beskikbaar te hê,
wat die koste verminder omdat voedingstowwe “verniet” beskikbaar
gestel en benut kan word.
“Op ‘n land wat arm en geloog is, moet ‘n produsent 23 kg/ha stik
stof toedien; en op ‘n land wat ‘n mate van anorganiese stikstof het
en ‘n klein bietjie organiese stikstof, kan jy wegkom met 15 kg/ha.
Dan is daar lande waar ‘n klomp anorganiese stikstof (kunsmis) lê,
waar ‘n produsent nie veel hoef te bemes nie – en daar is lande
wat min anorganiese stikstof het en wat min bemesting benodig,
want in so ‘n geval is die grond lewendig en lewer die grondorga-
nismes ‘n beduidende bydrae in die produksie van organiese
stikstof,” verduidelik hy.
Schoeman het ‘n land van mnr Cobus van Coller (voormalige
hoofbestuurslid van Graan SA – Viljoenskroon) voorgehou (sien
Figuur 2
op bladsy 59), waarvan die standaard Mehlich 3-ontledings
volgens hom op die oog af nie te sleg lyk nie, maar die pH redelik
naby aan reg is; kalsium en magnesium effens laag en kalium
uitermate hoog is. Die land het nie presteer nie.
Fokus
Bemesting
Adri Theron,
SA Graan/Grain
redaksiespan
Figuur 1: Goeie en swak gestruktureerde grond.