Previous Page  49 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 108 Next Page
Page Background

Innovasie en toepassing van

tegnologie is belangrik

A

lmal is op soek na tegnologie om hulle boerderye meer

kompeterend, meer volhoubaar, doeltreffender en wins­

gewender te maak. Baie tegnologieë en data is beskikbaar,

maar hoe moet ‘n mens dit hanteer?

Presisieboerdery is een van hierdie tegnologieë. Dit is al vir ‘n

geruime tyd in Suid-Afrikaanse landbou beskikbaar, maar nie almal

heg dieselfde betekenis aan die term “presisieboerdery” nie. Vir

sommige mense beteken dit om grondontledings op ‘n ruitbasis

te doen, terwyl dit vir ander beteken om kunsmis differensieel toe

te dien of om stroperkaarte op te stel.

Desnieteenstaande het talle mense in die landbousektor baie hard

gewerk om verskeie van dié komponente in die landbou te vestig.

Dit het beslis tot sukses bygedra: Elke komponent het sy sukses­

stories en het uiteindelik tot vooruitgang in die landbou gelei.

Saam kan die komponente egter nog meer voordeel inhou. Daar is

voortdurend nuwe ontwikkelings in tegnologie wat ook by die pakket

gevoeg kan word. Baie inligting word deesdae gegenereer, maar

dit word nie altyd aangeteken nie en indien dit aangeteken word,

is dit nie altyd gebruikersvriendelik nie. In sommige gevalle is dit

ook moeilik om uit hierdie inligting ‘n praktiese/bruikbare oplossing

te kry.

‘n Behoefte het dus ontstaan om al die komponente en inligting

bymekaar te voeg, om sodoende ‘n geheelbeeld van die boerdery

te kry. Hierdie data moet verwerk en maklik bruikbaar wees, sodat

die produsent ingeligte besluite daarvolgens kan neem.

As ‘n mens die behoefte noukeuriger in oënskou neem, is maniere

nodig om die data in te samel, aan te teken, bymekaar te voeg, te

verwerk en te analiseer om uiteindelik oplossings te vind. Daar is

dus nie net ‘n behoefte aan data nie, maar ook aan landboukundige

kennis en die interpretasie van data.

Kynoch het die produk/diens KynoPrecise™ ontwikkel om in hier­

die behoefte te voorsien. Die nuutste programmatuur en teg­

nologieë is hiervoor gebruik. Hierbenewens is landboukundige

en dienskomponente bygevoeg om ‘n volledige pakket beskikbaar

te stel.

Die KynoPrecise-programmatuur help met die insameling, verwer­

king en weergee van die data. Al die data word in die agtergrond

bymekaargesit en gestoor. Omdat die inligting plekspesifiek is,

kan die geskiedenis van ‘n spesifieke ligging oor ‘n tydperk opge-

bou word. Die tendense en interaksies kan ook ontleed word. Al die

data kan dan besigtig word.

Die programmatuur sluit die volgende in:

KynoRover™ – ‘n Toep op die iPad of iPhone, waarop al die

ingesamelde inligting is. Die toep kan gebruik word om na

spesifieke punte toe te navigeer. Addisionele inligting, soos

byvoorbeeld verkenningsverslae en monsternemingspunte, kan

ook aangeteken word.

KynoAnalytics™ – Die heel nuutste programmatuur vir die in­

tegrasie en opstapeling van data. Die verband tussen verskil­

lende faktore wat op ‘n mens se plaas voorkom, kan vergelyk

word en die betekenisvolheid daarvan kan ondersoek word.

KynoEye™ – ‘n Webblaaier waar ‘n mens al die inligting op een

plek kan kry en besigtig, byvoorbeeld grondkaarte, satelliet­

beelde en opbrengskaarte.

KynoPrecise maak ook van nuwe tegnologieë gebruik, soos by­

voorbeeld satellietbeelde en die verwerking van die inligting na

normalised difference vegetation index

(NDVI)-beelde. Meer gereel­

de en beter gehalte beelde is ook deesdae beskikbaar. Dit gee ‘n

indeks van die digtheid van groen op ‘n spesifieke plek in die

land. Die indeks kan dan geïnterpreteer word en sekere afleidings

kan gemaak word. Die beelde kan ‘n moniterings- en identi­

fiseringsfunksie hê.

Gereelde beelde help om die vordering van die gewas deur die

seisoen te monitor. Lande en sones in die land en wat aandag nodig

het, kan geïdentifiseer word. Die beelde op hulle eie kan heelwat

inligting verskaf, maar in ‘n pakket saam met die ander data en

dienste word dit ‘n kragtige stuk gereedskap/toerusting.

Die landboukundiges speel ‘n groot rol in KynoPrecise. Die sones

moenie net geïdentifiseer word nie, maar moet ook verder onder­

soek word. Die redes vir die sones moet gesoek word. Data moet

ook nie net ingesamel word nie, maar moet ook vergelyk, geanaliseer

en geïnterpreteer word. Op dié manier kan meer insig oor die

boerdery bekom word. Beplanning en strategieë kan dan volgens

die beskikbare inligting opgestel word.

KynoPrecise is ‘n allesomvattende diens, vanaf die insameling tot

die toepassing van die oplossing. Dit sluit nuwe en ou tegnologie

in wat alles bymekaarbring en die data verwerk, sodat die produ­

sent uiteindelik bruikbare inligting het om mee te werk. Dit is dié

oplossing vir inligting- en databestuur.

47

July 2018

Fokus

Bemesting

Produkinligting

Hentie Cilliers,

landboukundige, Kynoch

‘n NDVI-beeld (links) word vergelyk met grond se kalium­

vlakke (regs). ‘n Skermgreep uit die KynoPrecise-toep.