Previous Page  74 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 74 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႉႆ

Daar is ook ’n projek ten opsigte van die sandgronde geloods om te bepaal of hier-

die praktyke verbeter kan word en ’n meer biologiese benadering gevolg kan word

om die sandgronde biologies op te hef deur die streng toepassing van bewarings-

landbou beginsels.

Inligting

Verskeie bewusmakingsgeleenthede word gereeld onder die vaandel van die

Bewaringslandbou-innoveringsprogram aangebied of deur dit ondersteun, by-

voorbeeld die KwaZulu-Natal Geenbewerking Konferensie in 2013, die bewarings-

landboukongresse wat vanaf Maart 2014 in die Noordwes Provinsie saam met die

Ottosdal No Till-klub aangebied is en verskeie boeredae onder die klein- en op-

komende boere.

Inligting oor bewaringslandbou is op die internet beskikbaar, maar praktiese

voorbeelde van bewaringslandbou word ook in tydskrifte soos

SA Graan/Grain

,

Landbouweekblad

en

Farmer’s Weekly

gepubliseer. Graan SA identifiseer produ-

sente in spesifieke streke wat goeie bewaringslandboupraktyke toepas en beskryf

dan daardie stelsels baie goed voordat dit gepubliseer word. Op daardie wyse

word die inligting beskikbaar gestel vir produsente in die betrokke gebiede wat

belangstel om die praktyke toe te pas.