Background Image
Previous Page  87 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 124 Next Page
Page Background

85

September 2017

Grafiek 1: Winsgewendheid (bruto marge) van somergraangewasse in R/ha vir die Sentraal- en

Noordwes-Vrystaat-omgewing – 2017/2018-produksieseisoen.

*Geen vaste koste is in ag geneem nie

*Berekening is op ‘n produsentprys bereken (vervoerdifferensiaal, hanteringskoste en bemarkingskommissie

is in ag geneem)

Dit is duidelik dat winsgewende mielieverbouing onder geweldige

druk is en produsente nog dieper in finansiële verknorsing gedom-

pel kan word. Met die inagneming van dié totale produksiekoste

is dit feitlik ontmoontlik dat produsente mielies winsgewend teen

dié lae mielieprys kan aanplant. Hierdie situasie kan produsente se

vermoë om produksiekrediet vir die komende seisoen te bekom,

beperk.

Winsgewendheidsvergelyking

tussen gewasse

Die winsgewendheid (bruto marge) van verskillende somergewasse

vir die Sentraal- en Noordwes-Vrystaat-omgewing vir die 2017/

2018-produksieseisoen word in

Grafiek 1

getoon. ‘n Produsentprys

(vervoerdifferensiaal, hanteringskoste en bemarkingskommissie

is in ag geneem) en direkte veranderlike koste is gebruik om

die bruto marges te bereken. Vaste koste, wat gewoonlik uitgawes

verteenwoordig wat aangegaan moet word of daar geproduseer

word of nie, is nie hier in berekening gebring nie.

Die Safex-vooruittermynkontrak wat in die berekeninge gebruik is,

is soos volg:

Mielies vir lewering in Julie 2018 = R2 000/ton;

Sorghum vir lewering in Mei 2018 = R2 700/ton;

Sojabone vir lewering in Mei 2018 = R4 820/ton;

Sonneblom vir lewering Mei 2018 = R4 900/ton; en

Grondbone vir lewering = R13 500/ton (keurgraad).

Die opbrengsscenario’s is gegrond op aannames vir produksie-

omstandighede in die Noordwes-Vrystaat. Grafiek 1 is saamgestel

om ‘n aanduiding van die verskil in winsgewendheid tussen die

verskeie somergewasse uit te beeld, maar dit is belangrik om

daarop te let dat hierdie syfers van produsent tot produsent mag

verskil. (Let wel: Die grafiek bevat verskillende bruto margevoor-

beelde vir mielies.)

Grondbone het die beste bruto marge vir die komende pro-

duksieseisoen, gevolg deur sojabone, mielies op hoër opbrengs-

potensiaalgronde en dan sonneblom. Dit wil voorkom asof selfs

graansorghum in meeste van die gevalle meer winsgewend as

mielies behoort te wees. Produsente moet egter daarop let dat

sorghum nie sonder ‘n kontrak aangeplant moet word nie.

As die gemiddelde bruto marge vir mielies ontleed word, is dit

duidelik dat die hoër potensiële opbrengsgronde en die verminderde

bewerkingspraktyke (vyf jaar) beter as die ander mieliescenario’s

presteer, alhoewel die kosteknyptangsituasie waarin die wins-

gewendheid van mielieproduksie homself bevind, nie vermy kan

word nie.

Volgens Grafiek 1 is die verwagting dat daar in Suid-Afrika se

nasionale aanplantingsyfers ‘n skuif weg van mielies na die meeste

van die ander gewasse kan plaasvind – hoofsaaklik omdat sonneblom

en sojabone se winsgewendheid hoër as dié van mielies is. Klem

word weer eens daarop gelê dat sorghum nie sonder ‘n kontrak

aangeplant moet word nie.

Produksiekoste-uiteensetting

vir die 2017/2018-produksieseisoen

In

Tabel 2

en

Tabel 3

(albei op bladsy 86) word die koste om graan in

die westelike en oostelike dele van die land te verbou, geïllustreer.

Dit is saamgestel deur beraamde veranderlike en vaste koste in

berekening te bring. Dié berekenings is op ‘n algemene basis gedoen

en kan heelwat anders vir ‘n individuele produsent wees. Alhoewel

slegs die twee areas se kostes bespreek word, is die ander streke

se produksiekostes op Graan SA se webblad by

www.graansa.co.za

beskikbaar.

Die Safex-vooruittermynkontrak wat in die berekeninge gebruik is,

is R2 000 vir mielies (Julie 2018), R4 900 vir sonneblom (Mei 2018)

en R4 820 vir sojabone (Mei 2018). Vervoerdifferensiaal, hanterings-

koste en bemarkingskommissie is in ag geneem om ‘n produsent-

prys te bereken.

Westelike produksiestreek

Mielies

In die eerste kolom van Tabel 2 word die begrote produksiekoste

van droëlandmielies vir die 2017/2018-produksieseisoen uiteen-

gesit. In die tabel is die produksiekoste van drie opbrengs-

mikpunte aangebring. Die totale veranderlike koste vir ‘n

3,5 t/ha-opbrengsmikpunt beloop rondom R6 816/ha vir ‘n Bt-

mieliekultivar. Indien ‘n beraamde vaste koste van R2 611/ha by-

getel word, beloop die totale produksiekoste rondom R9 427/ha.

Dit beteken dat die gelykbreekprodusenteprys R2 693/ton vir die

2017/2018-produksieseisoen is, maar met die inagneming van die

vervoerdifferensiaal, hanteringskoste en bemarkingskommissie

moet die Julie 2018 Safex-prys R2 942/ton wees net om gelyk te

breek – met ander woorde rondom huidige invoerpariteitspryse.