Background Image
Previous Page  114 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 114 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

112

Vooruitsigte vir die somerreënvalgebiede

S

oos die winter tot ‘n einde kom, skuif die fokus in terme

van reënval en temperatuur weg vanaf die suid-westelike

winterreënvalgebiede na die lente- (meestal suidelike

en oostelike kusgebiede) en somer- (noord-oostelike

binneland) reënvalgebiede. Voorspellings strek tans tot en met

Desember hierdie jaar en daarom kan ons nog nie ‘n aanduiding

gee van wat aan die einde van die somerseisoen (Januarie/

Februarie/Maart) verwag kan word nie.

Vir die lentereënvalgebiede (meestal Oos-Kaap en KwaZulu-Natal)

word ondernormale reënval verwag met gepaardgaande warmer

temperature. Soos ons die einde van lente en die begin van somer

nader, word verwag dat gedeeltes van KwaZulu-Natal wel bo-

normale reënval kan kry, met Oos-Kaapse areas wat nog steeds

ondernormale reënval kan verwag.

Vir die suid-oostelike binneland, die tradisionele somerreënval-

gebied, is daar ‘n aanduiding dat daar gedeeltes is wat gedurende

die lente bonormale reënval kan ontvang. Ongelukkig word on-

dernormale reënval grootliks gedurende die begin van die somer

verwag. Soos reeds genoem, weet ons nog nie wat om te verwag

vir die einde van die somer nie en die lesers word aangeraai om

in die volgende paar maande die seisoenale voorspelling dop te

hou. Meestal warmer temperature word gedurende die lente en die

begin van die somer in die somerreënvalgebiede verwag.

Die El Niño Suidelike Ossilasie (ENSO) is tans in ‘n neutrale fase en

daar word verwag dat dit gedurende die lente en volle somerseisoen

in ‘n neutrale fase sal bly. Hierdie stelsel is egter in ‘n warm fase

en die verwagting van neutraliteit kan nog gedurende die komende

maande verander. Ons verwag tans nie enige impak op die somer-

reënvalgebiede as gevolg van hierdie stelsel nie.

Ongelukkig beteken ‘n normale fase van ENSO ook dat ons voor-

spellings minder betroubaar is en daar word voorgestel dat dit in

enige beplanning in ag geneem sal word.

AKTUEEL

COBUS OLIVIER,

wetenskaplike: Voorspellingsnavorsing, Suid-Afrikaanse Weerdiens

Figuur 1: Reënvalvoorspellings vir Suid-Afrika vanaf Augustus tot Desember 2017, in waarskynlikhede vir ‘n sekere

kategorie om voor te kom. Die insetsel illustreer die kanse dat die Augustus/September/Oktober 2017-seisoen ver

bo- of ondergemiddeld kan wees.