Background Image
Previous Page  116 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 116 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

114

aangebied deur Fort Cox

D

ie jaarlikse Pannar Rugbyweek vir Suid-Afrikaanse Land-

boukolleges het van 1 Julie tot 7 Julie vanjaar by die

Fort Cox Landbou- en Bosbou-opleidingsinstituut naby

Middledrift in die Oos-Kaap plaasgevind. Agt landbou-

kolleges het vir die IPJ du Plessis-trofee meegeding.

Die toernooi het die eerste keer in 1969 plaasgevind, met vyf spanne

wat daardie jaar deelgeneem het. In 1987 het Pannar die borgskap

oorgeneem en dit is vanjaar die 31ste jaar wat die maatskappy

die toernooi borg. Dit is een van die langste aaneenlopende

rugbyborgskappe in Suid-Afrika.

Deelnemende spanne aan die toernooi was Fort Cox, Elsenburg,

Glen, Taung, Tsolo, Cedara, Grootfontein en Potchefstroom.

Die Wes-Kaapse kollege, Elsenburg, was die verdedigende kam-

pioene en was die bulspan wat deur almal getem moes word. Hulle

is die kompetisie se mees dominante en suksesvolle span met

36 oorwinnings oor die jare, waaronder een wat met Saasveld ge-

deel is. Vorige wenners sluit ook in: Potchefstroom (drie), Groot-

fontein (drie), Glen (een), Kovsies Landbou (een) en Saasveld (twee

– een gedeel met Elsenburg).

Die toernooi word in twee afdelings gespeel, naamlik ‘n beker- en

‘n plaatafdeling. Die spanne het die eerste Saterdag teen mekaar

uitgespeel en is op grond van hul spel in twee groepe verdeel. Die

wen- en verloor-spanne het hulle hierna in verskillende afdelings

bevind, waarbinne hulle op ‘n rondomtaliebasis met mekaar mee-

geding het.

Aan die einde van die week is ‘n Suid-Afrikaanse Landbou Kolle-

gesspan (SALK-span) uit al die deelnemende spanne deur ‘n on-

afhanklike keurder gekies.

AKTUEEL

PEET VAN DER WALT,

advertensiebestuurder, Pannar

Voor: Elroni Fillis (Grootfontein), Dirkie Coetzee (Potchefstroom), Edward Oberholzer (Potchefstroom), Louis Carsten (Elsenburg),

Gert Rupping (Grootfontein), Waldo Botha (Potchefstroom) en Adrian Creig (Grootfontein).

Middel: Alex Creig (Grootfontein), Marius Paulsen (Grootfontein), Johan Schoeman (Potchefstroom), Josef Burger (Elsenburg) en

Adriaan Stander (Grootfontein).

Agter: Henco Nel (Grootfontein), Ettiene van der Merwe (Potchefstroom), Pieter Rabe (Elsenburg), Joppie du Pisani (Grootfontein),

Attie van Rensburg (Elsenburg), Jaco de Waal (Potchefstroom), Brendon Botha (Elsenburg), Daniël Rademan (Grootfontein) en Ray Brink (Elsenburg).

Afwesig: Noah Montford (Grootfontein) en Alexander Duckitt (Elsenburg).

SALK-span