FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
70
Wat kan lei tot
gestremde koppe?
B
aie produsente en navorsers het al gestremde koppe
(
arrested ears
) gesien en nie mooi verstaan waar dit vandaan
kom nie. Verskeie navorsers het al oor die verskynsel gerap-
porteer en verklarings daarvoor gegee. Onder meer word
daarna verwys as
bouquet ears
of
blunt ear syndrome
.
Pioneer het selfs die simptome daarvan gevind op mielies wat op ‘n
laat stadium met chemiese middels bespuit is , sien
Foto 1a
en
Foto 1b
. In
Foto 2
het die produsent uitgereën en kon eers ná die
seweblaar- (V7) stadium sy onkruiddoder spuit. In dié geval was dit
‘n proef en al nege kultivars het daarop gereageer, maar nie almal op
presies dieselfde wyse nie.
In nog ‘n geval (
Foto 3
) is daar doelbewus op ‘n laat stadium op
‘n geel proef gespuit en die reaksie hierop is duidelik in die foto
sigbaar. Aanvanklik was die aanleg van die koppe normaal, maar dan
verander dit in gestremde koppe.
Verklaring
Werk gedoen deur prof Bob Nielson van die Purdue Universiteit van
Agronomie gee vir ons ‘n verklaring vir die voorkoms van gestremde
koppe. Die aansit van die kop begin ongeveer met die aanvang van
die V7-stadium van die plant waar die aantal rye vasgelê word en
dit eindig by die V15-stadium. In sommige kultivars kan dit so vroeg
soos die V12-stadium eindig.
Omdat die proses uiters delikaat is, kan enige inmenging in die hor-
monale proses wat die aanleg van die kop bestuur, abnormaliteite
meebring. Die tyd wanneer ingemeng is met die proses van die aan-
leg van die kop, is baie duidelik waarneembaar.
Aanvanklik soos op Foto 3 geïllustreer, was die aanloop van die aan-
leg van die kop normaal, voordat die onkruiddoder toegedien is. Die
gevolg is dat ‘n deel van die kop normaal vertoon, terwyl die ander
gedeelte gestrem voorkom.
SAKKIE KOSTER,
Pioneer
2
1a
1b
1a en 1b: Onkruiddoder is eers ná die seweblaar-stadium gespuit.
2:
‘n Voorbeeld van waar chemiese middels op ‘n baie laat stadium
op die mielies gespuit is.