September 2015
66
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Haelskade en die voorkoms
van stam- en kopvrot by mielies
H
ael is ‘n realiteit waarmee alle produsente ongelukkig moet
saamleef. Die vernietigende aard van hierdie natuurlike ver-
skynsel, is gewoonlik duidelik bespeurbaar in die verslete
blare, gekneusde stamme en soms beskadigde koppe van
die mielies.
Die tipe skade wat aangerig word, hang natuurlik af van die ouder-
dom van die plante toe die haelskade plaasgevind het. Skade wat
deur hael aangerig word, is ongelukkig nie net beperk tot fisiese
waarneembare skade nie en dit kan soms nog ‘n nare nadraai hê met
die voorkoms van siektes, soos stam- en kopvrotte.
Stamvrotte
Plante wat onderhewig is aan stamvrotte, het normaalweg ‘n ken-
merkende voorkoms wat lyk asof die plant oornag gevrek het. Die
blare vertoon ‘n vaal olyfgroen en het ‘n bros voorkoms (
Foto 1
).
Soms sal produsente eers agterkom dat daar fout is wanneer daar
kolle plante in die land voorkom wat kort voor-oes omval (
Foto 2
).
Wanneer sulke plante oopgesny word, sal daar verkleuring in die
stamme waargeneem kan word, wat kan wissel van bruin tot pienk.
Sulke verkleurings sal gewoonlik waarneembaar wees by die onder-
ste paar nodes (
Foto 3
).
Gibberella stamvrot, houtskoolvrot en bakteriese stamvrot het weer
die afgelope seisoene kop uitgesteek in die mielieproduksiegebiede
van veral die Noordwesprovinsie en die Noord-Kaap.
Produsente het begin wonder of die stamvrot wat waargeneem is
moontlik gekoppel kon word aan haelskade wat vroeër die seisoen
voorgekom het. Ongelukkig is daar nie ‘n maklike antwoord hierop
nie, aangesien hael maar net een komponent is van ‘n magdom fak-
tore wat kon bygedra het tot die voorkoms van stamvrot.
‘n Belangrike konsep wat produsente moet verstaan, is dat stam-
vrotte stremmingsverwante siektes is. Enige gebeurtenis wat dus
verhoed dat plante effektief kan fotosintetiseer, sal plante onder
stremming plaas en daartoe lei dat dit makliker vatbaar word vir in-
feksie deur ‘n verskeidenheid opportunistiese patogene.
Die rede hiervoor is dat die plant gefokus is op die vul van sy koppe
om sodoende die voortbestaan van ‘n nageslag te verseker. Soos
reeds genoem, sal plante deur ‘n proses van fotosintese die nodige
koolhidrate produseer wat vir dié doel gebruik word.
Wanneer iets gebeur wat die fotosintesevermoë van ‘n plant beïn-
vloed en só ‘n plant dus nie meer koolhidrate kan produseer nie, be-
gin die plant koolhidrate gebruik wat vroeër in stamme en wortels
geberg is. Hierdie aksie veroorsaak dat die plant se wortels en stam
‘n verlaagde weerstand het teen infeksies en dit lei tot die voorkoms
van wortel-, kroon- en stamvrotte.
Wat word beskou as stremming?
Wanneer grondvrugbaarheid nie voldoen aan die plant se vereistes
om effektief te kan fotosintetiseer nie, kan dit veroorsaak dat plan-
te in ‘n stremmingstoestand ingaan. Navorsing het getoon dat ‘n
gebalanseerde beskikbaarheid van stikstof dwarsdeur die seisoen
die graad van stamvrot laat afneem.
Hoë vlakke van stikstof, gevolg deur ‘n gebrek daaraan wat deur lo-
ging of denitrifisering veroorsaak word, mag egter die voorkoms van
stamvrotte drasties laat toeneem. Aangesien kalium (K) ‘n belangrike
rol speel by die hele fotosinteseproses van plante, sal ‘n gebrek aan
K daartoe lei dat die fotosintesetempo van die plant laer sal wees.
Indien die fotosintesetempo van die plant afneem, sal die plant
genoodsaak word om noodsaaklike koolhidrate wat vir die vul van
koppe benodig word, van die stamme te verhaal. Die stamme en
wortels verswak en daar word ‘n geleentheid geskep vir plantpa-
togene om te infekteer.
Verder sal die voorkoms van blaarsiektes veroorsaak dat die plant
nie meer effektief kan fotosintetiseer nie, terwyl ander peste, soos
stamboorders, ook skade aan die plant kan aanrig en infeksiepunte
vir swamme skep.
MARYKE CRAVEN
en
BRADLEY FLETT,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1: Plante wat onderhewig is aan stamvrot (regs)
teenoor gesonde plante (links).
1