FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Is daar Gibberella-vrot in jou land?
ANEEN SCHOEMAN
en
SONIA-MARI GREYLING,
LRN-Instituut vir Graangewasse
W
ortel-, kroon-, stam- en/of
kopvrot by mielies is belangrik
aangesien dit lei tot finansiële
verliese vir produsente. Kop-
vrotte affekteer die graankwaliteit wat lei tot
laer gradering van pitte asook opbrengsver-
liese as gevolg van laer pitgewig.
Wortel-, kroon- en stamvrotte kan lei tot
oesverliese deur plante wat in die veld om-
val. Alhoewel hierdie vrot deur ‘n verskei-
denheid swamme veroorsaak word, is een
van die bekendste en skadelikste swamme,
lede van die
Fusarium graminearum
-
spesieskompleks. Dit staan bekend as ‘n
kompleks omdat daar nie net een swam
is wat die siektes veroorsaak nie, maar ‘n
groep van 16.
Alhoewel die swamme in die
Fusarium
graminearum
-spesieskompleks baie die-
selfde is, verskil die lede wel in virulensie
(graad van siektevorming) asook plant-
weefselspesifisiteit (met ander woorde
party swamme verkies om of die wortels
en stamme te infekteer en ander die koppe).
In Suid-Afrika is drie lede van die kompleks
geïdentifiseer wat as patogene optree,
naamlik
Fusarium graminearum
s.s.,
Fusa-
rium meridionale
en
Fusarium boothii
. Die
mieliekoppe word hoofsaaklik geïnfekteer
deur
F. boothii
en
F. graminearum
s.s.
Die lede in die
Fusarium graminearum
-
spesieskompleks produseer ook skadelike
stowwe wat bekend staan as mikotoksiene.
Mikotoksiene, soos deoxynivalenol (DON),
nivalenol (NIV) asook zearalenone (ZEA)
word geproduseer. Hierdie toksiene is
skadelik vir mense en diere. Deoxynivale-
nol en nivalenol kan die produksie van pro-
teïene beïnvloed en dus kan bloedarmoede,
braking, diarree en skade aan die lewer, van
die simptome wees wat ontwikkel as gekon-
tamineerde mielies met hoë toksienvlakke
gereeld ingeneem word. Zearalenone kan
weer diere se reproduksieorgane aantas.
As gevolg van die spesieskompleks se be-
langrikheid, word dit deur die plantpatoloë
intensief bestudeer. Verskeie studies oor
besmettingspatrone, moontlike beheer-
maatreëls en verskillende kultivarreaksies
teenoor die siekte word ondersoek.
Lewensiklus van
Fusarium
graminearum
-spesieskom-
pleks
‘n Groot bron van
Fusarium graminearum
-
spesieskompleks se inokulum is gewoonlik
die vorige jaar se plantresidue, soos mielie-
stoppels. Spore vorm op die plantreste in
die veld en kan dan deur spattende water
van besproeiing of reën, wind en insekte na
die plant oorgedra word.
Infeksie van mieliekoppe vind gewoonlik 21
dae ná baardvorming plaas. Infeksie met
Fusarium graminearum
-spesieskompleks
is die algemeenste gedurende koel en nat
weerstoestande. Geen plantdeel is veilig
nie omdat die spore enige opening kan ge-
bruik om die plant binne te gaan. Die pato-
geen vestig dan in die plant en in die meeste
gevalle kom die simptome spoedig na vore.
Simptome op mielies
Die vrotte wat deur die
Fusarium gramine-
arum
-spesieskompleks veroorsaak word,
staan gewoonlik as Gibberella vrot bekend.
Gibberella kopvrot begin gewoonlik óf by
die basis van die kop óf by die punt en ver-
sprei dan na die middel van die kop.
Die miseliumgroei is ‘n kenmerkende don-
kerrooi/pienk kleur. Gibberella stamvrot kan
geken word aan die stam wat buite geel
verkleur en die pienkrooi-verkleuring van
die vaskulêre weefsel binne-in die stam.
Die
Fusarium graminearum
-spesieskom-
pleks laat die vaskulêre weefsel afbreek en
wegtrek van die buitenste stamgedeelte van
die plant. Dit veroorsaak dat die stamme leë
buise word. Hierdie leë buise kan dan nie
die bogrondse plant meer ondersteun nie
en veroorsaak dat die stam knak en die mie-
lies omval op die land. Gibberella wortelvrot
wissel in simptome van baie ligte bruin tot ‘n
swart verkleuring wat ná ‘n tydperk rooi of
pienk verkleur. In erge gevalle kan die hele
wortelsisteem verrot.
Beheermaatreëls
Daar is by mielies ‘n sterk verband tussen
die risiko van besmetting met
Fusarium
graminearum
-spesieskompleks en gewas-
rotasie en bewerkingsmetodes. Mielies
in monokultuur of dié wat verbou word
met koring in rotasie, is in die grootste
gevaar omdat die
Fusarium graminearum
-
spesieskompleks beide as gashere beskou.
Daar is dus heeltyd ‘n gasheer vir die kom-
pleks beskikbaar en inokulum kan sodoende
opbou. Indien moontlik kan wisselbou met
gewasse soos kanola, lusern en ertjies oor-
weeg word.
Verminderde bewerkingspraktyke, soos by
bewaringsboerdery, verhoog die moontlik-
heid van primêre inokulum in die veld deur
oesreste wat nie ingeploeg word nie. Hier-
die is ‘n tameletjie, want bewaringsboerdery
is noodsaaklik om grondvrugbaarheid te be-
hou asook om grondverliese te beperk.
As bewaringsboerdery toegepas word, is
wisselbou ‘n belangrike beheermaatreël wat
oorweeg moet word. Enige maatreël wat
plantstresvlakke kan verlaag en infeksie
verminder, kan toegepas word, soos om voe-
dingstekorte te voorkom met kunsmisbehan-
deling en om plantdigthede laag te hou.
Ongelukkig is daar nie weerstandbiedende
kultivars beskikbaar nie, net kultivars wat
tolerant is. Swamdoders is verder nie ef-
fektief om die siekte wat deur die
Fusarium
graminearum
-spesieskompleks veroorsaak
word, te beheer nie.
Produsente het al
biofumigation
toegepas
– waar hulle mosterdplante in die land in-
geploeg het om die spore dood te maak. In
die toekoms hoop ons om die kompleks te
beheer deur middel van óf weerstandbie-
dende kultivars óf biologiese beheerstel-
sels. Om egter hierdie sisteme in plek te kry,
moet die kompleks eers verstaan word.
Wees dus bewus daarvan dat die siekte
mag voorkom in die land. Produsente moet
gereeld hul lande inspekteer en as enige
simptome ontwikkel, die plante so spoe-
dig moontlik stuur na die LNR-Instituut vir
Graangewasse (LNR-IGG) in Potchefstroom
vir die korrekte identifisering van die moont-
like patogeen.
Die plantpatoloë by die
LNR-IGG kan ook geskakel
word vir enige advies by
018 299 6100.
‘n Fusarium graminearum
-spesieskompleks
geïnfekteerde mieliekop.
73
September 2015