FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
76
geen onkruid tussen die rye nie; die blokke is silwerskoon. Hy sê
dieselfde van sy ander proefpersele by ander lokaliteite.
De Beer is ‘n kontrakteur vir die Proteïennavorsingstigting (PNS).
“Die PNS doen ‘n reeks kultivarproewe op sojabone, GM sowel as
nie-GM, en voer saad in vanuit Brasilië en Argentinië om beter varië-
teite te soek as dié op die mark. Ek dink die PNS het klaar sy doel
bereik. Saadmaatskappye voer al saad van nuwe kultivars in.
“Geloofwaardige navorsing is die produsent se lewensaar vir ‘n
bestaan en om produk deur die voedselketting aan die verbruiker
te lewer. Die PNS voel hy doen iets vir die landbou. Fondse vir die
projek kom uit opgehoopte reserwes van die voormalige Oliesaad-
beheerraad wat in trustfondse is,” sê De Beer.
Mnr Sarel Haefele boer op Fairfield, Edenville, en is betrokke by ‘n
maatskappy wat saad van nie-GM-sojabone vermeerder. ‘n Demon-
strasieproef is op sy plaas met Strongarm gespuit. Al die produsente
aan wie die maatskappy saad verskaf, het ook die produk gespuit.
Hulle is baie tevrede met die onkruiddoder. Haefele self het 650 ha
onder soja.
“Ons sien Strongarm werk. Die bewys is in onkruidvrye lande. Ek kan
sê Strongarm werk; die vet weet hy werk,” sê Haefele.
Mnr Vivian Leeb en sy seun, Wiehan, produsent op De Hoop, Kop-
pies. Wiehan is die saaiprodusent. Vivian sê in die afgelope 30 jaar
het hy die droogtetoestand nog net een keer soos vanjaar gesien.
Hy het swaar turfgrond en hy plant sowat 650 ha soja. Die afgelope
vyf jaar het sy opbrengs tussen 1,6 ton/ha en 1,8 ton/ha gewissel.
Die vorige seisoen was ‘n goeie een; toe het hy tussen 2,5 ton/ha en
2,8 ton/ha geoes.
“Ek is beïndruk met Strongarm; die onkruidbeheer is baie goed,” sê
Wiehan. Hulle lande bewys dit.
Evans Boerderye van Viljoenskroon is feitlik ‘n huishoudelike naam
in Suid-Afrikaanse landbou. Mnr Arno Cronjé is hoofbestuurder hier.
Die derde geslag Evans, Anthony, is in beheer en sy seun word tans
touwys gemaak.
“Ons bewerk sowat 4 000 ha met 75% mielies en 15% sonneblom.
Die res is grondbone. Ons begin nou maar met soja en het net so
50 ha geplant,” sê Cronjé.
“Dow AgroSciences het in 2007 hier ‘n proef gespuit. Strongarm
was toe al ‘n goeie onkruiddoder, lank voor markvrystelling. As
‘n voor-opkoms onkruiddoder is dit die beste wat ons nog gehad
het. Ek sal niks anders as dit oorweeg nie. Dit hou ‘n land heeltemal
skoon, veral as die reën reg val en ook onder besproeiing. Dit het ‘n
lang nawerking. Die produk is duur, maar wanneer die seisoen verby
is, het dit geld gespaar,” reken hy.
2:
Jaco Viljoen van Kruisfontein, Bothaville, en Stoffies Parsons van
Nulandis (links), landboukundige wat hom adviseer, in ‘n pragtige,
onkruidvrye grondboonland.
3: Stoffies Parsons (links) en Jaco Viljoen ondersoek die peulvorming
van ‘n gesonde stand sojabone op Kruisfontein, Bothaville. Jaco het in
‘n baie droë seisoen op die regte tyd reën gekry.
4: Sarel Haefele (links) van Fairfield, Edenville, en Johan Bothma,
streeksbestuurder van Dow AgroSciences, in ‘n kontroleblok, wat
nie met onkruiddoder gespuit is nie, in Haefele se sojaboonland. Die
onkruid gedy welig ten spyte van die droë seisoen wat die soja egter
merkbaar geaffekteer het.
5: Wiehan Leeb van De Hoop (Koppies) en Phillip Holtzhausen, land-
boukundige van Laeveld Agrochem, in ‘n mooi stand sojabone op ‘n
onkruidvrye land.
Produsente, navorsers vol lof vir dié uitklophou
2
3
4
5