65
September 2015
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Hou jou plaas vry
van
indringerplante
S
atansbos (
silverleaf nightshade
),
Solanum elaeagnifolium Cav
, is ‘n
uitheemse indringerplant wat oor
die vermoë beskik om vinnig te
versprei en sterk met gewenste plante in
gewaslande en met weidings te kompeteer.
Satansbos vestig maklik op versteurde
grond, brandpaaie, weikampe, onversorgde
landerye en langs paaie en watervore. Waar
satansbos op landerye groei, veroorsaak
die spreidende wortelstelsel só ‘n digte
voorkoms dat gewasse nie winsgewend
verbou kan word nie.
In grasvelde kom dit aanvanklik in balans
met die gras voor, maar omdat die vee nie
lief is om dit te vreet nie, kan dit maklik die
natuurlike plantegroei verdring as die veld
oorbewei word, of by suipplekke, waar die
natuurlike plantegroei deur die diere ver-
trap word.
Satansbos is kragtens die Wet op die Be-
waring van Landbouhulpbronne ‘n kate-
gorie 1-verklaarde onkruid. Dit beteken dit
moet oral waar dit voorkom, beheer word.
Die beheer daarvan is egter nie so maklik
nie omdat die wortelstelsel van die plant
nie ná die somer afsterf nie en weer in die
lente uitloop. Nuwe plante ontstaan ook uit
diep en wydvertakte wortelstelsels wanneer
die bogrondse dele doodgemaak of opge-
breek word.
Roundup
®
Turbo, ‘n sistemiese onkruid-
doder, kan met gemoedsrus in die veld
gebruik word. Roundup Turbo is ‘n glifo-
saat-bevattende produk en is dus ‘n siste-
miese onkruiddoder, wat ná toediening op
die blare tot in die wortels van satansbos
kan versprei.
Die onkruiddoder kan direk op die loof,
blare en stingels gespuit word, waar dit
deur die blare en sagte stamme opgeneem
sal word en regdeur die res van die plant
tot in die wortels en ondergrondse stooror-
gane, soos knolle en bolle, vervoer word.
Glifosaat se unieke werking binne-in plante
behels die inhibering van een enkele
ensiem wat in plante voorkom. Omdat glifo-
saat sistemies is, sal plante wat met glifo-
saat gespuit is, stadig oor ‘n paar dae of
weke doodgaan en geen deel van die plant
behoort te oorleef nie.
Volgens dr Charlie Reinhardt, ‘n buitenge-
wone professor in Onkruidwetenskap aan
die Universiteit van Pretoria en dekaan van
die Villa Academy, moet die hergroei van sa-
tansbos herhaaldelik behandel word om die
plant se groeireserwes in die wortelstelsel
uit te put.
Die groeiende gewildheid van Roundup
Ready
®
-gewasse, wat toleransie het teen
glifosaat, maak dit makliker om satansbos
in landerye te beheer met die gebruik van
Roundup PowerMAX
®
.
Roundup PowerMAX bevat 540 g glifosaat/l. Ver-
sigtig. Reg. Nr. L7769 (Wet Nr. 36 van 1947). Round-
up Turbo bevat 450 g glifosaat/l. Roundup Ready,
Roundup Turbo en Roundup PowerMAX is gere-
gistreerde handelsmerke van Monsanto Technology
LLC. Raadpleeg altyd die produketiket.
2
1: Satansbos in mielies by Naboomspruit.
Foto: Dr Charlie Reinhardt
2: Satansbos in natuurlike weiding.
Foto: Dr Charlie Reinhardt
MAGDA DU TOIT,
Monsanto
1