FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Produsente, navorsers vol lof vir dié
uitklophou
– dit werk en spaar geld
“D
ié onkruiddoder werk beslis. Ons landerye bewys dit.
Ons sal dit weer en weer gebruik. Die afwesigheid van
onkruid in ons gewasse bewys dat dit werk. Dit spaar
ook geld, want dit skakel handearbeid en opvolgbe-
spuitings uit. Wie wil dan nou meer hê?”
Só praat grondboon- en sojaboonprodusente en landbounavorsers
oor Strongarm en hulle is immers dié mense wat onkruiddoders
ten duurste koop en spuit. Daarom kan hulle waarskynlik die beste
oordeel fel oor dit wat deur die spuit gaan. Waarde vir geld bepaal
hul keuse.
Die Strongarm waaroor hulle so vol lof is, is Strongarm 840 WG
(Reg. Nr. L 8667) – geregistreer kragtens Wet Nr. 36 van 1947 – Dow
AgroSciences se bewese onkruiddoder vir gebruik in tenkmengsels
saam met grasdoders vir die voor-opkomsbeheer van eenjarige
grasse, breëblaaronkruid en onder sekere omstandighede, ook
uintjies in soja- en grondboonlande.
Mnr Thomas Meyer van Elandskuil, Bothaville, spuit reg agter die
planter; die implemente loop amper in tandem, sê hy. “Dit werk om
vars te ploeg, vars te plant en vars te spuit, al waai die wind daarna.
As jy die eerste keer reg werk, doen jy dit nooit weer anders nie. Ons
kry hier soms baie wind soos vanjaar. Strongarm werk nogtans.”
Strongarm se uintjiebeheer het homook beïndruk. “Daar is produsen-
te wat sê hulle weet nie of dit werk nie tot jy ‘n strook sien waar die
spuit misgespuit het. Dan sien jy baie onkruid en besef hoe effektief
die produk is. By my is hier en daar enkele uintjiestoele, maar waar
daar misgespuit is, staan die uintjies ‘n voet hoog.
“As ‘n produsent dit die eerste keer reg doen, doen jy dit nooit weer
anders nie. Jy wil nie weer met onkruid sukkel nie. Ek plant nie ‘n
boontjie as ek nie Strongarm kan spuit nie.” Meyer plant ongeveer
150 ha grondbone en sy swakste opbrengs was 2 ton/ha. “Ek was
tevrede daarmee en met Strongarm se lang nawerking bespaar ek
baie op arbeidskostes.”
Mnr Jaco Viljoen van Kruisfontein, Bothaville, het die afgelope sei-
soen ongeveer 90 ha sojabone geplant – die helfte daarvan op ‘n
oorlêland. “Dan plant jy soja as eerste gewas. Dit sit ‘n klomp stikstof
terug in die grond. Reën dit daarna normaal, dra jy vog en stikstof
oor vir die volgende mielieseisoen.” Viljoen het 200 ha grondbone
geplant.
“Ek sal nie soja of grondbone plant sonder Strongarm nie. Dit beheer
nie karkoere so goed nie, maar hou dit wel effens terug; dit stoel nie
so welig nie. Ek het net een keer gespuit. Vir my beheer dit verder
alle onkruid. Ek is tevrede daarmee. Die resultaat op my grondbone
en sojabone is werklik ‘n pluimpie vir die produk; hy help ons oor die
bult na beter oeste,” sê Viljoen.
Wetenskaplikes stem saam oor Strongarm
“Ek het nog nooit so ‘n rustige seisoen gehad nie,” sê me Lorraine
Solomon, grondboonagronoom van die LNR-Instituut vir Graange-
wasse (LNR-IGG) op Potchefstroom. “Ek het by die meeste van die
proewe waar ons self plant, Strongarm gebruik. Eerlikwaar – ek gaan
nie terug na ‘n ander onkruiddoder nie. Skoffel is nie nodig nie. Ons
beleef regtig ‘n baie kalm seisoen.”
Vantevore moes Solomon gewoonlik weer na-opkoms met ‘n ander
middel spuit om breëblaaronkruid te beheer en dan was dit ook nog
nodig om te skoffel.
“Ons het Strongarm op Potchefstroom en Brits gebruik; ook by
produsente op Vaalharts, Hoopstad en Bultfontein. Net produsente
van Naboomspruit het dit nie gebruik nie. Hulle besproei en daar is
dit nag. Hulle sukkel hulle dood en spuit hulle simpel om onkruid
in bedwang te hou. Ons het ook geen probleem met blaarvlek nie,
behalwe op Naboomspruit waar die onkruid gedy.
“Ek kan eerlik sê dat jy nie grondbone kan plant sonder Strongarm
nie. Daar is geen ander manier nie. Wat meer wil ‘n mens dan
nou hê?”
Solomon se twee kollegas, mes Annelie de Beer en Lizette Baden-
horst, stem saam. De Beer is ‘n sojaboonnavorser en Badenhorst
‘n sojaboontegnikus. Hulle behartig proewe met dieselfde kultivars
by tien lokaliteite – op Kinross, Middelburg, Stofberg, Groblersdal,
Hoopstad, Migdol, Clocolan, Glen by Bloemfontein, Kroonstad en
Potchefstroom.
De Beer sê onkruidbeheer is hul grootste kopseer by proewe. Van-
jaar is dit dramaties anders – hulle het net hier en daar nodig gehad
om ‘n proef te besoek of te skoffel. “Strongarm het die werk gedoen.
Dit bespaar ons geld en reistyd. Ons sal Strongarm weer gebruik,
verseker!”
Nog ‘n navorser op Potchefstroom, mnr Gawie de Beer, is baie beïn-
druk met Strongarm se onkruidbeheer op sy proefpersele. Daar is
DRIES SONNEKUS,
namens Dow AgroSciences
1
1:
Jorrie Jordaan van Technichem en self ook ‘n produsent en land-
boukundige agent (links) en Thomas Meyer, produsent van Elandskuil,
Bothaville, in ‘n baie skoon grondboonland.
75
September 2015