Organizer
FOKUS
Plaagbeheer
Spesiale
Kopvrotte
Kopvrotte word maklik uitgeken aan die swamgroei wat bo-op en
tussen die pitte van die kop waargeneem word (
Foto 4
). Soos met
stamvrotte, kan waarneembare verkleuring (wit, groen, pienk of
pers) gekoppel word aan spesifieke swamme wat die kop infekteer.
Alle swamme wat koppe kan infekteer, is ook in staat om toksiene te
produseer wat die inname van sulke besmette graan baie skadelik
maak vir mens en dier.
Wanneer hael laat in die seisoen voorkom, kan koppe beskadig word
en soos met stamme, kan die letsels wat ontstaan, dien as infeksie-
punte vir swamme. Wanneer skade só laat in die seisoen voorkom,
is die aangetaste plante geneig om vinniger fisiologiese volwassen-
heid te bereik, maar koppe vat langer om af te droog.
Hierdie verlengde periode van afdroging skep weer op sy beurt tyd
vir swamme om verder binne-in die koppe te versprei en tot groter
opbrengsverliese te lei.
Wat staan die produsent nou te doen?
Wanneer hael voorgekom het, is daar bitter min wat ‘n produsent kan
doen om direkte skade, sowel as sekondêre skade, wat in die vorm
van siektes voorkom, om te keer.
Navorsing wat gedoen is op die impak van swamdodertoedienings
in proewe met gesimuleerde haelskade, het getoon dat daar geen
opbrengsverhoging waargeneem is nie. Wat wel binne enige pro-
dusent se mag is, is om te verseker dat plante dwarsdeur die seisoen
die beste moontlike kans gegun word om infeksies via stam of kop
af te weer.
Buiten vir die faktore wat reeds genoem is rakende stremming, bly
wisselbou een van die belangrikste siektebeheerstrategieë. Deur
gewasse te wissel, word die voedingsbron vir meeste swamme en
bakterieë uit die sisteem gehaal.
Haelskade en die voorkoms
van stam- en kopvrot by mielies
3: Voorbeelde van stamvrot (a – bruin stamvrot; b – Gibberella
stamvrot; c – houtskoolvrot).
3
68
a
b
c