2015/WMAIZE/A/01A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.za® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
Saam boer ons
vir die toekoms
™
PANNAR bestee baie tyd en moeite aan uitgebreide
navorsingsprogramme om jou te help om die hoë
opbrengste te verseker wat nodig is om jou
vooruitstrewende boerdery in stand te hou. Soos
ons witbasterpakket is dit ’n seker keuse vir goeie
risikobestuur en optimale opbrengste.
Jy neemgeen
kortpaaiemet jou
boerdery nie; ons
sal ook nie.
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
PRESISIE-
BEPLANNING
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
67
Water is die volgende kritieke punt wat tot stremming lei. Wanneer
beskikbare water afneem, veral vanaf blom, verhoog dit die kans dat
stamvrot kan intree. Hoër as aanbevole plantdigthede, onvoldoende
besproeiingskedules of droogte en hoë onkruiddruk wat in lande
voorkom, kan daartoe lei dat plante gepredisponeer word vir wortel-
en staminfeksies.
Deur laastens ‘n mieliebaster te kies wat nie aangepas is vir die
spesifieke omgewing waar dit geplant word nie, sal plante inherent
ook voortdurend onder stremming verkeer omdat dit moet probeer
oorleef en saad produseer in ‘n omgewing wat nie optimaal is nie.
Waar pas haelskade in die prentjie in?
Haelskade moet beskou word as ‘n faktor wat stremming by plante
kan induseer. Internasionaal is daar nie baie navorsing gedoen oor
die direkte verband tussen haelskade en siektes soos stamvrot
nie en is die meeste inligting wat beskikbaar is, gebaseer op waar-
nemings.
Die impak wat hael op stamvrotte kan hê, is egter tweeledig. Eer-
stens kan dit die blaarmateriaal genoegsaam vernietig dat plante
nie meer effektief kan fotosinteer nie en soos reeds genoem, plante
noodsaak om die nodige suikers in die stamme te gebruik.
Tweedens kan dit direkte skade aan stamme veroorsaak en ingangs-
punte skep waardeur swamme die plant kan infekteer.
In 1964 het Larry J. Littlefield ‘n artikel geplaas in die
Plant
Disease Reporter
rakende die impak wat haelskade op stamvrotte
gehad het gedurende verwoestende haelstorms wat gedurende
1963 in Minnesota in die VSA voorgekom het.
Sy waarneming was dat byna alle stamme een of ander graad van
stamvrot gehad het in en om die letsels wat deur die hael veroorsaak
is. Die graad van vrot wat voorgekom het, was verder nie gekoppel
aan die grootte van die letsels nie en was eers werklikwaar sigbaar
vyf tot ses weke ná die haelskade aangerig is.
Ongeveer die helfte van die swamme wat uit letsels verwyder is, was
saprofities van aard, wat beteken dat dit swamme was wat op dooie
plantmateriaal voed. Die res het behoort tot Fusariumspesies wat
wel met stamvrotte geassosieer word.
Sy gevolgtrekking was dat hierdie indringing van swamme deur let-
sels of wonde wat deur hael aangerig is, gelei het tot ‘n afname in
opbrengs.
Hael kan dus ‘n besliste bydrae lewer tot die ontstaan van stamvrotte,
maar dit is baie moeilik om die voorkoms van stamvrotte in só ‘n
geval volkome voor die deur van haelskade te plaas, aangesien daar
soveel addisionele faktore betrokke is wat stamvrotte kan bevorder.
2: Omval wat voorkom as gevolg van stamvrot.
2