Roundup
®
Turbo
INGESPAN IN DIE VOORKOMING
VAN VELDBRANDE
Elke jaar word brande ‘n groter probleem en word duisende hektaar
natuurlike veld en weidings verwoes. Benewens die vernietiging van die
veld, plaas dit ook baie mense wat saamstaan om die brande onder beheer
te bring, se lewens in gevaar.
Daar is baie maatreëls wat ingestel kan word in ‘n poging om brande
te voorkom, maar dit is moeilik om hierdie maatreëls toe te pas en te
polisieer. Daar is egter ‘n paar redelike eenvoudige praktyke wat gevolg
kan word om die impak van veldbrande te verminder en om die onbeheerde
verspreiding van brande te voorkom.
Om weg te spring, is dit belangrik om aan die begin van die winter die
gange langs paaie skoon te hou. Die provinsiale owerhede kan hiermee
help. Gras en onkruide moet gesny en verwyder word of kan vroeg in die
seisoen met ‘n produk soos
Roundup
®
Turbo
, bespuit word.
Roundup
®
Turbo
is effektief in die beheer van grasse en kruidagtige
onkruide en werk so goed omdat glifosaat deur die plant se blare en sagte
stamme opgeneem word en regdeur die res van die plant vervoer word,
selfs tot in die wortels en ondergrondse stoororgane soos knolle en bolle.
Glifosaat se unieke werking binne-in plante behels inhibering van een enkele
ensiem wat alleenlik in plante voorkom. Glifosaat beheer dus net plante en
nie mikro-organismes of diere en insekte nie, en bowendien is dit skadeloos
vir mens en dier.
Omdat glifosaat sistemies is, sal plante wat met glifosaat gespuit is,
stadig oor ‘n paar dae of weke doodgaan. ‘n Voordeel van die middel
is, dat wanneer glifosaat met grond in aanraking kom, dit baie vinnig
gedeaktiveer word omdat hierdie chemiese verbinding deur grond-mikrobes
afgebreek word.
Die volgende praktyk wat net so belangrik is, is die skoonspuit van die
gedeeltes onder grens- en lyndrade. Dit sal help om die intensiteit van
brande op brandgange te verminder en sal ook skade aan die drade
verminder wanneer brandgange gebrand word.
Roundup
®
Turbo
, as
sistemiese onkruid- en grasdoder, kan met gemoedsrus hier gebruik word.
Dit is verder raadsaam dat elke grondeienaar tydens die somer
binnebrandbane op sy plaas maak, sodat ‘n brand gekeer kan word,
sou dit op jou grond ontstaan of oorwaai vanaf ‘n buurplaas.
As ‘n grondeienaar nalaat om doeltreffende brandbane te maak en ‘n
brand oor sy grond na ander plase versprei, kan bure skadevergoeding eis.
Hou brandbane skoon deur onkruid en nuwe uitloop van gras te beheer
nadat ’n voorbrand gemaak is. Volg die brandaksie op met die uittrek van
saailinge per hand, of spuit ‘n onkruiddoder soos
Roundup
®
Turbo
.
011 790-8200
www.monsanto.co.zaKontak gerus ons kliëntediens by
011 790-8200 of
customercare.sa@monsanto.comRoundup
®
Turbo
bevat 450 g glifosaat/ℓ en is ’n
groepkode G-onkruiddoder. Versigtig. Reg. No. L7166
(Wet No. 36 van 1947)
Gebruik onkruiddoders op ‘n veilige manier.
Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik.
Monsanto en Roundup
®
Turbo
is geregistreerde handelsmerke van
Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk,
Posbus 69933, Bryanston, 2021.
®
G
E
W
A
A
R
B
O
R
G
D
E
G
E
W
A
S
V
E
I
L
I
G
H
E
I
D
uppe marketing A12888