

Die toedrag van sake met betrekking tot hedendaagse
landbouchemikalië, soos in die artikel hierlangsaan
uiteengesit, bring groot geleenthede teweeg. So het
ENVIRO in 1987 die mark betree met innovering op die
gebied van pesbestryding en plaagbeheer.
Hoe meer produkte van patent af kom en hoe meer
samesmeltings daar plaasvind, hoe groter het die
geleentheid geword vir ENVIRO om die beste kombinasie
produkte vir produsente te ontwikkel.
ENVIRO is ‘n plaaslike, onafhanklike maatskappy en dra
die belang van ons eie produsente op die hart. Suid-
Afrikaanse landbouchemiese deskundiges kan nou saam
met die boer werk om plaaslike peste optimaal te beheer
en sodoende produksie te maksimaliseer.
Uiters doeltreffende, internasionaal ontwikkelde produkte
wat saamgestel word deur plaaslike des-kundiges, is nou
bekikbaar aan die Suid-Afrikaanse boer deur ENVIRO.
‘n Verdere massiewe voordeel van produkte wat van
patent afkom, is die prys. Hier bied ENVIRO die beste
besparings aan sy kliënte om insetkoste te verlaag en
profyt op te stoot.
Die groot nuus is dat ENVIRO nou deel vorm van die
Africom Commodities Groep van maatskappye. Africom
is ‘n sleutel rolspeler in landbou ontwikkeling op die
kontinent, en is nie net die grootste produsent op die
kontinent nie, maar hanteer ook enorme infrastruktuur
projekte plaaslik en in Afrika.
Verder besit Africom groot landbou handelsmerke soos
TRIOMF Kunsmis en verspreidingsregte vir Massey
Fergusson, Challenger en Tafe trekkers, tesame met
implemente deur BPI Manufacturing soos Bednar, Mascar
en Fimaks. Koppel-dienste vanaf TRIOMF Agri Xcellence
se agronome en Heavic se onbemande vliegtuie
(“drones”), maak dit vir die Africom Commodities Groep
moontlik om die landboukundige reus te wees wat dit
tans is.
Met die ondersteuning en struktuur van Africom, kan
ENVIRO die volgende vlak van ontwikkeling betree in
landbouchemikalië, om die heel beste in pesbestryding
aan te bied, met jare-lange kundigheid en verhoudings
wat daarmee saam gaan.
www.enviro-crop.co.zaEnviro Crop Protection (Pty) Ltd is deel van die Africom Commodities Groep van Maatskappye |
www.africom.coOntwerp deur MPower Media |
www.mpowermedia.co.za