Landbou-chemikalieë
– waar het dit alles begin?
D
ie ontwikkeling van gewasse tot dít wat vandag aan ons
bekend is, dateer met soveel as 6 000 jaar terug. Jagters
in Irak, Turkye en Jordanië het destyds reeds eetbare sade,
soos koring, ertjies en lensies begin vermeerder.
Ook in China is rys en sekere grassoorte kommersieel vermeerder
en in Afrika was dit rys en sorghum wat aangeplant is, veral in lande
soos Ekwatoriaal-Guinee en Ethiopië. In die Amerikas is eers mielies
en pampoengewasse veredel, daarna aartappels en sonneblom uit
Suid-Amerika.
Met die verwydering van natuurlike plantegroei en dus gasheer-
plante vir peste, het dié onwelkome gaste hul begin tuismaak op die
gewasse. Hierdie tendens het astronomiese gevolge gehad, soos
die groot hongersnood van 1740 in Ierland met die eerste uitbreek
van laatroes op aartappels. Tot vandag toe is peste en plae verant-
woordelik vir oesverliese van 35% - 40% van die potensiële voed-
selproduksie.
Die beheer van peste en plae het noodsaaklik geword vir die voort-
bestaan van die mensdom. Só het die Chinese ongeveer 3 200 jaar
gelede reeds begin gebruikmaak van kwik- en arseen-bevattende
middels om kopluise te beheer.
Die Samaritane het ook reeds 4 500 jaar gelede swael gebruik om
insekte en myte te dood, heeltemal organies in vandag se terme.
Aan die beginstadium van ontwikkeling het die chemiese industrie
gebruik gemaak van afvalstowwe uit ander industrieë, byvoorbeeld
kleurstowwe wat organiese afvalstowwe was vir die beheer van
peste. So ook is rook gemaak van aftreksels van plante, soos bitter
lupiene en komkommers, om roes te beheer.
Pyrethrum wat vanaf droë blomme van
Chrysanthemum cinerariae-
folium
verkry word, word al meer as 2 000 jaar gebruik om insekte te
beheer. Koperbevattende produkte was van die eerstes wat gebruik
is om swamme te beheer, waarvan Bordeaux die bekendste is. Koper
word vandag nog in baie mengsels as basis gebruik.
Tot in die 1940‘s is baie anorganiese natuurlike produkte gebruik vir
die beheer van peste, byvoorbeeld natriumchloraat, salpetersuur
asook naftaleen en kreosote vir die beheer van swamme.
Die grootste probleem tot op daardie stadium, was die groot hoe-
veelhede produk wat gebruik is, tesame met die gebrek aan selek-
tiwiteit asook moontlike negatiewe omgewingsimpak. Die gebruik
van sintetiese middels as pesbestryding het geweldig momentum
gekry in die 1940’s met die ontdekking van produkte soos DDT,
Dieldrin, Chlordaan en 2,4D.
In 1942 word dr Paul Muller vereer met die Nobelprys in medisyne
nadat hy ontdek het dat DDT insekte kan beheer. Dit lei tot die beheer
van muskiete en spaar duisende lewens as gevolg van die afname
in malariagevalle.
Gedurende die 1950’s was mense nie juis gekwel oor die gesond-
heidsrisiko’s nie, maar was slegs gefokus op die optimalisering van
produksie deur peste en plae te beheer.
In 1962 publiseer Rachel Corsan haar boek
Silent Spring
, wat handel
oor die ondiskriminerende gebruik van landbouchemiese middels en
daarna verander die hele landskap van die industrie.
Die 70’s en 80’s sien die toetrede tot die mark van groot produkte,
soos glifosaat, wat vandag nog die enkele grootste onkruiddoder in
die wêreld is. Nuwe chemie, soos fops en dims en sulfonielureum
sien ook die lig.
Insekdoders word ontwikkel tot die derdegenerasie-peritroïede
asook die koms van die Avermectiene. Swamdoders, soos die
Triazole, Imidazole, Fenole en Dikarboksimiede word ontdek en ‘n
ongekende groei vind plaas in die gebruik van landbouchemiese
middels wêreldwyd.
Dit hou besondere voordele in omdat produkte baie spesifieke
werkinge het, baie meer selektief is en in klein tot mikro-hoeveel-
hede toegedien word. ‘n Verdere voordeel is dat die negatiewe effek
op die omgewing baie verlaag word.
Hierdie ontwikkeling in die 90’s het baie voordele vir groot maatskap-
pye en verbruikers ingehou. Kundigheid om die produkte reg te kan
aanwend, is ‘n voorvereiste en deskundiges tree tot die bedryf toe.
Later in die 90’s word die ontdekking van nuwe chemikalieë al min-
der en maatskappye kom onder finansiële druk. Die gebruik van
gespesialiseerde produkte het ongelukkig egter ook ‘n negatiewe
kant. Weerstand teen sekere middels bou vinniger op en verkort die
lewe van enkelprodukte. As gevolg hiervan ontwikkel die idee van
geïntegreerde plaagbeheer en word die toetrede van lewende orga-
nismes (soos BT) om pesbeheer by te staan, gesien.
Die ontwikkeling van weerstandbiedende kultivars teen sekere on-
kruiddoders asook die teel van gewasse wat bestand is teen aan-
valle van sekere swamme en insekte, het verreikende gevolge. Die
gebruik van chemiese middels daal baie, produkte kom van patent af
en die toetrede van generiese maatskappye word al groter.
Tot op hede is die uiteinde van die saak dat die eindverbruiker nou
groot voordeel kan trek uit die beskikbaarheid van beter pesbestry-
dingsprodukte teen beter pryse.
THYS COETZEE,
Enviro Crop
“
...dat die eindverbruiker nou
groot voordeel kan trek uit
die beskikbaarheid van beter
pesbestrydingsprodukte teen
beter pryse.
“
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
September 2015
60