PRODUKTE WAT WERK
VAN MENSE WAT OMGEE
Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk
Reg nr: 1998/010658/07
Posbus 36213 Menlopark 0102
Pretoria Tel: (012) 348 8808
Somerset-Wes Tel: (021) 851 4163
www.philagrosa.co.zaTindrum 15/120
Gebruik die staatmakerprodukte van Philagro vir die beheer van skadelike insekplae
en siektes soos Mielie- en Sorghum stronkboorders, Snywurms, Noordelike blaarskroei,
Grysblaarvlek en Roes op rygewasse.
Rygewasprodukte wat werk
INSEKDODERS:
Sumi-Alpha
®
200 EC & Sumi-Alpha
®
200 EW
bied uitstekende beheer teen Snywurms op alle gewasse,
Bolwurms op katoen en sonneblom asook Mielie- en Sorghum stronkboorders op mielies.
Marshal
®
480 EC
beheer Bladspringers wat Streepsiekte versprei, plantluise, asook uitstekende beheer van
Grondkalanders, Valsdraadwurms en Swartmieliekewer by mielies.
Dipel
®
DF
beheer Bolwurm en Vals landmeterwurm op erte en groenbone.
SumiPleo
®
: beheer Bolwurm op tamaties, aartappelmot in aartappels en ruitrugmotlarwes in kopkool.
Rugby
®
10 ME en Rugby
®
10 G
is ‘n langwerkende kontak aalwurmdoder wat al die belangrike plantparasitiese
aalwurms beheer.
SWAMDODERS:
Denarin
®
EC
is ‘n swamdoder wat vinnig klaarspeel met blaarsiektes soos Bruinroes op bone, Sojaboonroes
op sojabone en Poeieragtige skimmel op ertjies.
Impact
®
250 SC & Early Impact
®
vir maklike beheer van swamme soos Grysblaarvlek en Noordelike
blaarskroei in mielies. Swamme soos Oogvlek, Vaalblaar, Blaarroes, Poeieragtige skimmel, Geelroes/Streeproes
word in koring beheer en bied ook goeie beheer van Vroeëroes in aartappels en Sojaboonroes in sojas.
Sumisclex
®
SC
is ‘n sistemiese dikarbosimied met ‘n uitstekende translaminêre aksie wat kort na toediening
reënvas is en vir beheer van Sclerotinia-stamvrot op groenbone, sojabone, droëbone en erte.
ONKRUIDDODERS:
Aurora
®
40 WG
beheer vernaamde onkruide in koring en gars soos
Kaapse dubbeltjie, Ramenas, Pimpernel, Duiwekerwel en Klein stinkkruid.
Sumimax
®
WP
bied voortreflike beheer van onkruide veral moeilike
onkruide soos gewone dubbeltjie, kleinkakiebos, en mielie crotalaria
in sojabone en grondbone.
GROEIREGULEERDERS:
Tobago
®
stop tabak-suiers voordat hulle waardevolle nutriente uit
die plant ontneem en kosbare blaarmassa laat verlore gaan!
Raadpleeg die etiket vir volledige besonderhede.
Aurora® 40 WG, reg nr. L6794 (wet nr. 36 van 1947) bevat karfentrasoon-etiel, versigtig. Denarin® EC, reg nr. L5210 (wet nr.
36 van 1947) bevat triforien, versigtig. DiPel® DF, reg nr. L6441 (wet nr. 36 van 1947) bevat
Bacillus thuringiensis, var. kurstaki
(bakterie). Early Impact®, reg nr. L5175 (wet nr. 36
van 1947) bevat flutriafol & karbendasim, skadelik. Impact® 250 SC, reg nr. L9064 (wet nr. 36 van 1947) bevat flutriafol, versigtig. Marshal® 480 EC, reg nr. L3314 (wet nr. 36 van
1947) bevat karbosulfan, giftig. Rugby® 10 G (reg. nr. L4110 wet nr. 36 van 1947) bevat kadusafos, skadelik. Rugby® ME, reg. nr. L6368 (wet nr. 36 van 1947) bevat kadusafos,
giftig. Rizolex® WP, reg. nr. L6376 (wet nr. 36 van 1947) bevat tolklofosmetiel, versigtig. Sumi-Alpha® 200 EC (reg nr. L6452 wet nr. 36 van 1947) bevat esfenvaleraat, giftig. Sumipleo®,
reg. nr. L 8377 (wet nr. 36 van 1947) bevat piridaliel, versigtig. Sumisclex® SC, reg nr. L6377 (wet nr. 36 van 1947) bevat prosimidoon. Sumi-Alpha® 200 EW, reg. Nr. L8821 (wet nr.
36 van 1947) bevat esfenvaleraat, giftig. Tobago®, reg nr. L 5180 (wet nr. 36 van 1947) bevat butralien. Aurora®, Marshal® en Rugby® is die geregistreerde handelsmerke van FMC
Corporation, VSA. Early Impact® en Impact® is die geregistreerde handelsmerke van Cheminova, Denemarke. Denarin® is die geregistreerde handelsmerk van Sumitomo Corporation,
Tokyo, Japan. Rizolex®, Sumi-Alpha®, Sumimax®, SumiPleo®s en Sumisclex® is die geregistreerde handelsmerke van Sumitomo Chemicals Co, Japan. Tobago® is die
handelsmerk van Nufarm Agriculture (Edms) Bpk, Australië.