September 2015
54
Hoe word
koringopbrengs
deur
Russiese koringluis beïnvloed?
D
aar is baie faktore om in ag te
neem wanneer daar gekyk word
na die verwagte opbrengs van ‘n
gewas. Een van hierdie faktore is
skade deur insekte wat die uiteindelike op-
brengs kan beïnvloed.
Hierdie insekte word weer op hulle beurt
deur verskeie faktore in die omgewing
beïnvloed. Om skade deur ‘n insekplaag te
bepaal, is dit nodig om spesifieke omge-
wingsfaktore in ag te neem en dus elke
produksiegebied op sy eie te beskou.
Russiese koringluis is internasionaal die be-
langrikste insekplaag op droëlandkoring en
veroorsaak wêreldwyd verliese in opbrengs.
Opbrengsverliese in koring sal toeneem as
die skadelikheidsvlakke van Russiese ko-
ringluis toeneem.
Die skadelikheidsvlak neem toe wanneer
die koring wat in ‘n spesifieke omgewing
geplant word, nie voldoende weerstand
het teen die luise wat in die omgewing
voorkom nie. Dit kan gebeur wanneer ‘n
koringkultivar geen genetiese weerstand
het teen Russiese koringluis nie, of as die
weerstand nie voldoende is teen die spesi-
fieke Russiese koringluis biotipe wat in die
omgewing voorkom nie.
Genetiese weerstand in koring is die mees
suksesvolle en goedkoopste beheerstra-
tegie teen Russiese koringluis, maar die
voorkoms van verskillende Russiese koring-
luis biotipes maak hierdie beheerstrategie
minder suksesvol, aangesien verskillende
biotipes die genetiese weerstand in koring
kan oorkom.
Daar is tans vier Russiese koringluis bio-
tipes in Suid-Afrika bekend: RWASA1 tot
RWASA4. RWASA4 is die mees skadelike
Russiese koringluis in Suid-Afrika en kan
die meeste van die weerstandsgene wat in
Suid-Afrikaanse koringkultivars is, oorkom
en die koring sodoende beskadig.
Die invloed wat enige van die Russiese ko-
ringluis biotipes op die koring het, sal egter
bepaal word deur die interaksie tussen
die biotipes en ook die interaksie met die
omgewing.
Die verskillende biotipes in ‘n omgewing
kompeteer met mekaar en die mees sukses-
volle biotipe sal meer dominant wees. Die
sukses van ‘n Russiese koringluis biotipe
in ‘n spesifieke produksiegebied word nie
alleen gemeet aan die vermoë van die luis
om te oorleef nie, maar ook om suksesvol in
die gebied voort te plant en te vermeerder.
Daar is verskeie omgewingsfaktore wat
die sukses van die Russiese koringluis in
‘n spesifieke omgewing sal bepaal, maar
die twee faktore wat waarskynlik die groot-
ste invloed het, is die gasheerplant en
temperatuur.
Hierdie twee faktore beïnvloed elke biotipe
verskillend en sal dan ‘n spesifieke biotipe
se kompeterende voordeel oor die ander
bepaal (
Figuur 1
).
RWASA2 en RWASA3 het ‘n vinniger popu-
lasiegroei as RWASA1 op Tugela wat die
weerstandsgene Dn1 en Dn5 bevat en op
hawer (
Grafiek 1
). RWASA3 het ook die
hoogste populasiegroei op wilde hawer
(Grafiek 1).
Afhangende van die gasheerplant en ander
omgewingsfaktore in ‘n spesifieke omge-
wing wat die Russiese koringluis biotipes
beïnvloed, sal een biotipe meer sukses-
vol wees en dus meer dominant in die
spesifieke omgewing voorkom. RWASA1
het gedurende die tydperk tussen 2010 en
ASTRID JANKIELSOHN,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Grafiek 1: Tempoverskille van populasiegroei van verskillende biotipes op verskillende
gasheerplante.
Grafiek 2: Verspreiding van verskillende Russiese koringluis biotipes in verskillende produksie-
gebiede in Suid-Afrika van 2010 tot 2014.