

Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
FOKUS
Volhoubare, geïntegreerde plaag-
bestuur aan die orde van die dag
G
eïntegreerde plaagbestuur is ‘n
term wat deesdae al meer gebruik
word in die konteks van volhou-
bare boerderystelsels. Produsente
is deesdae ook meer bereid om aanpas-
sings te maak in hulle bestuurstelsels om
meer volhoubaar en optimaal te kan boer, al
beteken dit meer beplanning en ‘n moont-
like koste-aspek.
Om geïntegreerde plaagbestuur regtig te
verstaan, behoort gekyk te word na ‘n kom-
binasie van beginsels en nie net na een
aspek nie. Dit behels die bestuur van plaag-
populasies deur gebruik te maak van alle
relevante kennis en metodes op ‘n kompli-
menterende wyse, sodat plae só onderdruk
word dat daar geen negatiewe ekonomiese
impak op gewasproduksie is nie en die
omgewing nie nadelig beïnvloed word nie.
Weerstandsbestuur het byvoorbeeld te
doen met die afwisselende gebruik van
verskillende onkruiddoders met betrekking
tot hulle uitklopmetodes om te verhoed dat
onkruide weerstand opbou teen een aktief.
Gelukkig is daar heelwat aktiewes beskik-
baar en is dit dus moontlik om hierdie vorm
van geïntegreerde plaagbestuur toe te pas.
Figuur 1
demonstreer dat produsente ‘n
goeie kennis moet hê in die:
Identifikasie van plae en hulle natuurlike
vyande
Hulle biologie en gedrag
Moniteringstegnieke
Rekordhouding oor vlakke van besmet-
ting
Ekonomiese drumpelwaardes
Gebruik van implemente en toerusting
Weerstandsbestuur
Hantering van chemiese produkte
Hierdie konsep is lankal nie meer net
plaasspesifiek nie, maar vereis ‘n gespesia-
liseerde kennis per land. ‘n Gewasbe-
skermingspesialis wat sy sout werd is, sal
uitstekende riglyne kan gee. Geïntegreerde
plaagbestuur behels die inkorporering en
monitering van biologiese en chemiese be-
heermetodes. Daarmee word bedoel dat ri-
giede plaagbestrydingsprogramme vervang
word met monitering en intydse beheer,
hetsy biologies en/of chemies. Só kan die
stronkboorder
Busseola fusca
byvoorbeeld
beheer word deur die aanplant van GMO-
mielies met die YieldGard II Mon89-geen
wat uitstekende beheer bewerkstellig. In
die geval van konvensionele mielies, kan
die beheer van stronkboorder gedoen word
deur monitering met feromoonmotvalle wat
produsente betyds waarsku van motvlugte.
Bespuiting kan dan intyds plaasvind en on-
nodige, ontydige bespuitings uitskakel.
Chemiese beheer
Die droër seisoen het weer eens bewys dat
‘n plaag soos rooispinmyt nie gering geskat
moet word nie. As die siklus nie ten volle ge-
breek word nie, sal die rooispinmyt ekspo-
nensieel vermeerder. In ‘n studie uitgevoer
deur mnr Riaan Taljaardt van Hoopstad, is
bewys dat ‘n verlies van tot ‘n ton mielies
per hektaar jou voorland is as jy dié spin-
nekoppies nie op die regte manier beheer
nie. Deur ‘n peritroïed te spuit sal slegs die
bestaande spinmyte (en natuurlike preda-
tore) tot ‘n mate beheer word, want 90% van
die myte kom voor aan die onderkant van
die blaar wat direkte kontak met die chemi-
kalieë bemoeilik.
‘n Kombinasie van sistemies en trans-
laminêre aksie, soos indoxacarb en acetami-
prid, saam met ‘n aktief, soos amidien (wat
eiertjies, larwes en volwasse myte beheer),
sal ‘n beter oplossing wees. Dit is ook be-
langrik om altyd eers produkte se etikette
te bestudeer ten einde seker te maak die
produk is geregistreer vir die bepaalde ge-
was. Volg altyd die aanwysings en dosis
noukeurig. Die toediening van Harpin Alfa
Beta proteïen daarenteen kan help in die
behandeling van mielies tydens die uitbreek
van rooispinmyt, deur die plant se natuur-
like verdedigingsmeganismes te aktiveer
wat sapvloei aanmoedig om sodoende
beskadigde weefsels te herstel.
Biologiese beheer
Die natuur het sy eie manier om plae te
bestuur en doen dit meer volhoubaar as
die mens self. Om gewasse aan te plant,
is ‘n onnatuurlike proses en dus word die
balans versteur. In normale jare met gemid-
delde temperature en reënval is peste en
plae ook minder. ‘n Afname in plae word
bewerkstellig deur biologiese beheer met
natuurlike predatore, soos byvoorbeeld die
liewenheersbesie, larwes, miere en parasi-
tiese wespe. Patogene, soos byvoorbeeld
die mikro-sporodium,
Nosema partelli
(wat
die
Chilo Partellus
-stronkboorder beheer)
asook parasitoïedes, soos byvoorbeeld
Telenomus
busseolae
(wat Busseola-eier-
pakkies penetreer en vernietig), doen stil-
stil hulle werk sonder om ‘n sent te vra. Hier
is die produsent se voetspore in die land van
onskatbare waarde om drumpelwaardes te
bepaal. Deur hulle kennis te verbreed oor
die kleiner medewerkers in en op die lande,
kan produsente dalk eendag verbaas staan
oor hulle soms ongeoorloofde praktyke.
Daarmee sê ek beslis nie ons moet ophou
spuit nie. Nee, ons behoort net ander opsies
ook te oorweeg en nie net altyd die maklike
uitweg te volg nie.
Bronne
http://www.arc.agric.za/arc-ppri/Pages/Insect%20Ecology/Natural-enemies-of-cereal-stemborers-.
aspx.
https://www.google.co.za/search?q=Lady+beatle&oq=Lady+beatle&aqs=chrome..69i57.401
6j0j7&sourceid=chrome&es_ sm=93&ie=UTF-
8#q=lady+beetle+larvae.
ht tp:/
/www.nt.gov.au/d/Primary _ I ndus tr y/
?header=Principles%20of%20Integrated%20
Pest%20Management.
https://books.google.co.za/books?id=BNVLxXDBVr8C&pg=PA1&dq=Integrated+pest+management+Da
vid+Dent&hl.
http://www.ipm.ucdavis.edu/PMG/PESTNOTES/pn7405.html.
https://en.wikipedia.org/wiki/Spider_mite.Figuur 1: Produsente behoort ‘n goeie kennis van al die aspekte te hê.
GERRIE LUDICK,
landboukundige: Technichem
51
September 2015