Grafiek 1: Normaalverdeling van ‘n populasie waarin liggaamslengte uitgebeeld word.
oor tyd vir hierdie individue “selekteer” en die nuwe populasie staan
nou bekend as ‘n biotipe. Die betrokke kultivar of gif het nie meer ‘n
impak op hierdie biotipe nie.
Hoe gemaak om te keer dat ‘n biotipe
ontstaan?
By ‘n geïntegreerde beheerprogram word daar gepoog om meer
as een beheermetode toe te pas. By droëlandkoringproduksie
in Suid-Afrika word genetiese weerstand (kultivars) ondersteun
deur hoofsaaklik natuurlike vyande (patogene, predatore en
parasitoïede; sien
SA Graan/Grain
September 2014 vol 16[9];
Desember 2014 vol 16[12] en Februarie 2015 vol 17[1]) en/of
chemiese insekdoders.
Indien ‘n weerstandbiedende kultivar die oorlewing (seleksie) van
sekere plantluise toelaat, sal die natuurlike vyande hierdie oor-
lewendes as gasheer/prooi benut en sodoende uit die populasie
verwyder. Die natuurlike vyande verkies nie net sekere individue
nie en daarom word die seleksiedruk in sy geheel verminder.
Natuurlike vyande vervul dus ‘n baie waardevolle rol in die bekam-
ping van biotipe-ontwikkeling deur die seleksiedruk te verminder.
Hoe groter die natuurlike vyandpopulasie, hoe kleiner die kans vir
seleksie.
In die geval van die hawerluis,
R. padi
, bestaan daar nie weerstand-
biedende kultivars nie en daarom is die produsente grootliks afhank-
lik van chemiese insekdoders om getalle te beheer. In hierdie geval
kan die insekdoder as seleksiefaktor optree.
Weer eens, individue wat vatbaar is vir die middel sal verwyder word,
terwyl dié wat oorleef uiteindelik as nuwe biotipe kan ontwikkel wat
weerstandig is teen daardie insekdoder. Die beste manier om hierdie
populasies te beheer, is deur gebruik te maak van insekdoders met
verskillende meganismes van werking (
mode of action
).
Met afwisseling word die kanse op oorlewing van ‘n populasie met
‘n spesifieke geen/gene tot die minimum beperk. Natuurlike vyande
sal steeds dieselfde impak kan uitoefen op hierdie oorlewende plant-
luise, maar binne ‘n omgewing van chemiese bespuitings, is die oor-
lewing van hierdie voordelige organismes nou ook in gedrang.
Die impak van die natuurlike vyande kan nie optimaal wees waar che-
miese bespuitings plaasvind nie.
Opsommend
Partenogenetiese voortplanting by plantluise lei tot ‘n vinnige toe-
name in die aantal plantluise, ook bekend as eksponensiële groei.
Wat die saak vererger, is die feit dat ‘n enkele plantluis, met die gene-
tiese vermoë om ‘n gegewe impak te oorkom (byvoorbeeld ‘n weer-
standbiedende kultivar of gifbespuiting), daardie vermoë aan haar
nageslag sal oordra.
Indien hierdie nageslag toegelaat word om ongesteurd voort te
plant, neem die aantal insekte met hierdie vermoë oor tyd toe en
uiteindelik lei dit tot die ontstaan van ‘n nuwe biotipe.
Die veiligste en mees natuurlike manier om hierdie seleksie teen te
werk, is deur die impak van natuurlike vyande. Dié vyande benut
plantluise op grond van beskikbaarheid, nie genetiese samestelling
nie en verlaag sodoende seleksiedruk in sy geheel.
Bewaringsbiologiese beheer moet dus deel uitmaak van enige boer-
dery om die genetiese weerstand in kultivars en/of die langdurige
effektiwiteit van chemiese insekdoders te ondersteun.
Vir verdere navrae, kontak dr Justin Hatting by die
LNR-Kleingraaninstituut by 058 307 3468 of
hattingj@
arc.agric.za
.
53
September 2015