FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
58
Kies reg met Philagro:
Produkte wat werk
M
et die toenemend groter-
wordende registrasielys van
landbouchemiese middels wat
beskikbaar is, raak dit vir die
Suid-Afrikaanse produsent ‘n kopseer om
plaagbeheerbesluite te neem. Die regte
keuse van produkte en diensverskaffers is
uiters belangrik vir ‘n suksesvolle boerdery.
Dit is tog so dat die gebrek aan doeltref-
fende plaagbeheer soveel soos 40% op-
brengsverliese tot gevolg kan hê.
Die kwaliteit van produkte, prys, die
effektiwiteit daarvan, “waarborge”, na-
verkope-ondersteunings, bron van verskaf-
fing, toksisiteit, toedieningshoeveelhede,
weerstandsbestuur, tegniese advies en
vele meer aspekte moet in berekening ge-
bring word.
Die internet maak dit vir moderne produsen-
te darem heelwat makliker. Etikette en
medical safety data sheets
(MSDS’e) is ge-
redelik beskikbaar asook talle plaaslike en
internasionale artikels wat baie relevant is
vir produsente wêreldwyd.
Dit is egter so dat geen maatskappy alle op-
lossings vir plaagbeheer kan bied nie. Tog
wil die verbruiker van plaagdoders som-
mer net ‘n maklike verwysing kan doen na
aanleiding van inligting wat byderhand is.
Hierdie artikel gee ‘n kort “kitsgids” van
watter Philagro-produkte met vertroue
en gemoedsrus in rygewasse toegedien
kan word.
Rygewasplaagdoders
wat werk
Insekdoders
Sumi-Alpha 200 EC en -EW (esfenfaletare)
het ‘n unieke, langwerkende formule-
ring en bied uitstekende beheer van sny-
wurms en bolwurms in verskeie gewasse
asook stronkboorders in mielies en graan-
sorghum.
DiPel is ‘n uiters veilige lepidoptera (wurm)
middel en beheer bolwurm en vals landme-
terwurms in erte en groenbone.
Marshal 480 EC kan gebruik word vir die be-
heer van bladspringers (wat streeksiekte in
mielies veroorsaak) asook plantluise, grond-
kalanders, draadwurms en swartmielieke-
wers in mielies. Marshal 480 EC kan ook
aalwurms in mielies beheer indien dit in die
ry toegedien word.
Rugby 10 ME en -10 G is ‘n langwerkende,
kontak aalwurmdoder wat die belangrikste
plantparasitiese aalwurms beheer. Rugby
kan in ‘n verskeidenheid van gewasse toe-
gedien word.
SumiPleo is ‘n uiters veilige middel vir die
beheer van bolwurms op tamaties asook
aartappelmot in aartappels en ruitrugmot-
larwes in kopkool.
Swamdoders
Denarin EC is ‘n swamdoder wat vinnig
klaarspeel met blaarsiektes, soos bruinroes
op bone, sojaboonroes op sojabone en
poeieragtige skimmel op erte.
Impact 250 SC en Early Impact is ‘n hoog
sistemiese swamdoder vir die beheer van
grysblaarvlek en noordelike blaarskroei
in mielies, oogvlek, vaalblaar, blaarroes,
poeieragtige skimmel, geelroes en streep-
roes in koring asook vroeë roes in aartap-
pels en sojaboonroes in sojabone.
Rizolex WP is ‘n benatbare poeier-swam-
doder met ‘n kontak-aksie vir die beheer van
Rhizoctonia verwelksiekte op saailinge van
blomme, sierplante, bone en katoen en vir
die beheer van
Corticium rolfsii
op die bolle
van tjienkerientjee en swartskurf en stam-
kanker op aartappels.
Sumislex SC is ‘n sistemiese swamdoder
(dikarbosimied) met uitstekende trans-
laminêre aksie vir die beheer van Sclero-
tinia stamvrot op grondbone, sojabone,
droëbone en erte. Hierdie produk is ook baie
vinnig reënvas ná toediening.
Onkruiddoders
Aurora 40 WG is ‘n na-opkoms kontakon-
kruiddoder in koring en gars wat hardnek-
kige onkruide, soos Kaapse dubbeltjie,
ramanas, pimpernel, duiwekerwil en klein
stinkkruid beheer.
Sumimax WP is ‘n voor-opkoms on-
kruiddoder met voldoende nawerking in
grondbone en sojabone wat hardnekkige
BENNIE BUYS,
produkbestuurder: Onkruiddoders, Philagro
Die regte keuse van produkte en diensver-
skaffers is uiters belangrik vir ‘n suksesvolle
boerdery. Die gebrek aan doeltreffende
plaagbeheer kan tot soveel soos 40%
opbrengsverliese tot gevolg hê.
onkruide, soos dubbeltjie, kleinkakiebos en
mielie Crotolaria beheer. Sumimax WP kan
ook met groot sukses in vrugteboorde, soos
sitrus, toegedien word.
Plantgroeireguleerder
Tobago stop tabaksuiers voordat hulle
waardevolle nutriënte uit die plant onttrek
en kosbare plantmassa sodoende ver-
lore gaan.
Bogenoemde is net ‘n kort opsomming van
wat Philagro in somergewasse kan bied.
Lees gerus die etiket op die webtuiste vir
verdere besonderhede.
Philagro is ‘n navorsing gebaseerde Suid-
Afrikaanse maatskappy wat die Suid-
Afrikaanse produsent reeds sedert die laat
negentigs met advies, produkte en oplos-
sings bedien met die doelwit om voort-
durend nuwe innoverende produkte en
oplossings te ontwikkel. Hierdie ondersteu-
ning word deur agt goed opgeleide
plaagdoder-adviseurs, met gesamentlik
bykans 200 jaar ervaring, gebring.
Kies reg! Philagro: Produkte wat werk deur
mense wat omgee!
Produk-inligting