‘n Russiese koringluis met twee babas, wat as klone van die moeder
beskou kan word.
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2015
52
Biologie, babas, biotipes en
biobeheer by plantluise
– hoe pas alles in mekaar?
JUSTIN HATTING,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
K
leingrane, soos koring, gars en hawer, dien as ’n belangrike
voedselbron van plantluise, wêreldwyd. In Suid-Afrika word
koring deur soveel as ses plantluisspesies as ‘n voedselbron
gebruik. Hierdie plantluise sluit die Russiese koringluis
(
Diuraphis noxia
), hawerluis (
Rhopalosiphum padi
), groenkoring-
luis (
Schizaphis graminum
), graanroosluis (
Metopolophium dirho-
dum
), bruinaarluis (
Sitobion avenae
) en mielieluis (
Rhopalosiphum
maidis
) in.
Hierdie plantluise behoort almal aan die insek-orde Hemiptera, wat
beteken dat hulle sapsuiers is. Die insek gebruik ‘n spesiale mond-
deel (proboscis) wat in die plantweefsel ingesteek word om dan
sappe uit die plant te onttrek.
Ongelukkig is die onttrekking van sap nie die enigste meganisme
waardeur die plant gestrem word nie. Die Russiese koringluis bevat
ook ‘n toksien wat die plant vergiftig (vanwaar die spesienaam
noxia
of te wel
noxious wheat aphid
) en tipiese geel en pers strepe (veral
onder lae temperatuurtoestande) op die blare veroorsaak.
Onder hoë insekdruk, by vatbare kultivars, kan die blare ook toerol
wat die oppervlak vir fotosintese verminder en ook plantluiskolo-
nies beskerm teen natuurlike vyande. ‘n Ander probleemgeval is die
hawerluis (en tot ‘n mindere mate die bruinaarluis) wat as draer of
vektor van die gars-geel-dwergvirus, beter bekend in Engels as die
barley yellow dwarf virus
optree. Die plantluise moet dus beheer
word om te verhoed dat die virus na die plante toe oorgedra word,
veral vroeg in die seisoen. By ander spesies, soos die graanroosluis,
is die fisiologiese impak veel minder en kan die plante ‘n hoër popu-
lasie plantluise hanteer voordat skade aangerig word.
‘n Belangrike eienskap in die biologie van hierdie plantluise is hul
vermoë om sonder paring en eierlegging, lewendige geboorte te
skenk aan hul nageslag (
Foto 1
). Hierdie verskynsel staan bekend as
partenogenetiese voortplanting.
Dit impliseer dat daar net vroulike insekte voorkom en dat die
nageslag van die wyfie dieselfde genetiese samestelling as die moe-
der-insek het. Indien hierdie moeder dus ‘n unieke genetiese eien-
skap besit (byvoorbeeld die vermoë om uitermatige koue te oorleef),
sal haar nageslag ook hierdie vermoë besit deur oorerwing. Tegnies,
kan die babas as ‘n kloon van die moeder beskou word.
By die Russiese koringluis sien ons die ontstaan van biotipes, of
“rasse”, wat een of ander genetiese vermoë het om die weerstands-
geen/gene in weerstandbiedende koringkultivars te oorkom. Daar
is tans vier sulke Russiese koringluis biotipes in Suid-Afrika bekend
(RWASA1 - RWASA4).
Die beginsel waarop hierdie biotipes ontstaan, is gegrond op ‘n
verskynsel genaamd seleksiedruk. Dit is dieselfde meganisme wat
daartoe lei dat daar insekpopulasies ontwikkel wat byvoorbeeld die
toksisiteit van ‘n chemiese insekdoder kan oorleef wat dan ‘n weer-
standbiedende populasie tot gevolg het. Daar is tans weerstand teen
insekdoders bekend by ten minste 557 insekspesies wêreldwyd.
Hoe werk dit?
By alle lewendige organismes is ‘n gegewe populasie normaal ver-
deel vir ‘n spesifieke eienskap. Neem byvoorbeeld liggaamslengte
by die mens. In ‘n gemeenskap sal daar altyd kort, middelmatige
en lang mense wees; met ander woorde ‘n normaalverdeling binne
daardie populasie. Op ‘n grafiek uitgebeeld (
Grafiek 1
) lyk dit soos
‘n klok, waar ‘n klein persentasie van die mense baie kort is (sone A;
links), ‘n groter persentasie middelmatig is (sone B; middel) en weer
‘n baie klein persentasie lank is (sone C; regs). Die middel van die
klokvorm (hoogste punt; D) verteenwoordig die gemiddelde lengte
van daardie gemeenskap.
Indien by elke opeenvolgende generasie, alle middelmatige en lang
kinders uit die gemeenskap verwyder word, vind daar dus seleksie
vir net die kort mense plaas. Indien hierdie kort mense onderling
sou voortplant, sal hulle unieke geen (om kort te wees) binne die
gemeenskap begin domineer en oor tyd sal daardie gemeenskap
hoofsaaklik uit kort mense bestaan.
Dieselfde geld vir ‘n insekpopulasie wat blootgestel word aan ‘n
weerstandbiedende kultivar of chemiese bespuiting. Individue binne
die populasie wat die weerstand of gif kan oorleef (heel links [A] of
heel regs [C] op die klokgrafiek) bly dus voortplant en behou so-
doende hulle geen/gene in die populasie.
Plantluise het ongelukkig ‘n baie vinnige generasie-wisseling as
gevolg van partenogenetiese voortplanting (onthou, geen man-
netjies, geen paring) wat vinniger en meer effektiewe seleksie toe-
laat. Aanhoudende blootstelling aan die betrokke kultivar of gif sal