48
September 2015
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Blaarmyners op koring en gars
– waar is biologiese beheer?
B
laarmynervliegies wat koring en gars aanval, is van in-
heemse oorsprong (
Foto 1
). Dit beteken dus dat hulle onder
biologiese beheer moet wees waar hulle algemeen in die
natuur voorkom. Die natuurlike vyande van hierdie vliegies
is net gedeeltelik bekend.
Parasietwespe is gevind wat eiers lê wanneer die larwes nog in
die blaar is. Hierdie eiers bly in die larwes tot die larwes in papies
ontwikkel en begin dan die papie parasiteer en maak dit dood. Die
volwasse parasietwesp broei dan uit die papie uit.
Dit is waarom blaarmyners wat aanvanklik in 1992 op koring in die
Bergville-omgewing voorgekom het, ná ongeveer drie jaar verdwyn
het. Gemynde blare kan steeds in die area op koring gesien word,
maar dit is baie sporadies en tonnels van hoogstens 2 cm kom voor.
Plaagafmetings kom nie voor nie, want biologiese beheer is in plek.
Hoekom nie in die Noord-Kaap en
Noordwes Provinsie nie?
Hierdie is ‘n moeilike vraag en een sonder ‘n antwoord. Die eerste
moontlikheid is natuurlik die rol wat insekdoders in hierdie opsig
speel. Aangesien gewasproduksie onder besproeiing baie intensief
is en insekdoders en ander chemiese middels noodwendig gebruik
word, kom gereelde versteurings in die landbou-ekosisteem voor,
wat nie werklik verhelp kan word nie.
Maar ons kan nie met sekerheid sê dat hierdie versteurings die
hoofoorsaak is dat biologiese beheer nie plaasvind nie. Aartappel-
blaarmynerlarwes wat in 2012 in die Douglas-omgewing versamel
is, het drie verskillende spesies parasietwespes opgelewer.
Aangesien die aartappelblaarmyner uitheems is en dus deur die
meer algemene natuurlike vyande aangeval behoort te word, is dit
‘n aanduiding dat daar wel natuurlike vyande in die omgewing teen-
woordig is, maar hulle is nie op die regte tyd, op die regte plek nie.
Daar is ‘n menigte faktore wat hier ‘n rol speel.
Die gasheerreeks van die blaarmyner is nie bekend nie. Ons het in
die afgelope jare vasgestel dat wilde hawer,
Bromus
-, kanariesaad-,
raai- en bloubuffelsgras wel as gashere kan optree, maar hulle rol in
oorlewing is nie bekend nie.
In die afgelope twee jaar het ons vasgestel dat mielies en ook sor-
ghum deur die vliegies gebruik word as gashere en dat hulle ‘n rol
speel in die vermeerdering van die vliegies in die lande net voor die
koringseisoen.
Die veronderstelling is dat die blaarmyners selfs in hierdie gewasse
deur die natuurlike vyande beheer behoort te word. Maar dit ge-
beur waarskynlik ook nie. Die oorspronklike gasheerplante van die
blaarmyner is nie bekend nie. As daar dus tussen al die alternatiewe
grasse en die mielies, sorghum, gars en koring genoeg gashere is
waarop hulle kan voortbestaan, kan hulle dus vermeerder sonder dat
hulle die skakel van ‘n natuurlike gasheerplant nodig het.
Plante se invloed op hulle
natuurlike vyande
Wanneer insekte aan plante vreet, word reukstowwe deur die plante
afgeskei wat die natuurlike vyande van die insekte aantrek om so-
doende die plantvreters te kom aanval. Gedurende planteteelt, waar
daar vir ‘n verskeidenheid van eienskappe geselekteer word, gaan
daar baie keer van die verdedigingsreaksies van die plant verlore.
Dit beteken dus dat die gewasse nie meer in staat is om die natuur-
like vyande van die plantvreters aan te lok as hulle begin vreet nie.
In hierdie geval is die plantvreters dan in ‘n vyandvrye spasie en kan
hulle ongesteurd voortgaan met voeding.
Hierdie blyk ‘n logiese verklaring te wees vir wat aan die gebeur is,
maar dit sal eers verder ondersoek moet word.
Wat kan die produsent intussen doen?
Uit die veldproewe wat gedoen is, het dit geblyk dat hoewel die blare
PERSENTASIE BLAAROPPERVLAKTE VERLIES
PERSENTASIE BE-
SMETTE HALMS/LAND 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100%
10
0,34
0,68
1,02
1,36
1,70
2,03
2,37
2,71
3,05
3,39
20
0,68
1,36
2,03
2,71
3,39
4,07
4,75
5,42
6,10
6,78
30
1,02
2,03
3,05
4,07
5,09
6,10
7,12
8,14
9,15
10,17
40
1,36
2,71
4,07
5,42
6,78
8,14
9,49
10,85
12,20 13,56
50
1,70
3,39
5,09
6,78
8,48* 10,17
11,87
13,56
15,26 16,95
60
2,03
4,07
6,10
8,14
10,17
12,20
14,24
16,27
18,31 20,34
70
2,37
4,75
7,12
9,49
11,87
14,24
16,61
18,98
21,36 23,73
80
2,71
5,42
8,14
10,85
13,56
16,27
18,98
21,70
24,41
27,12
90
3,05
6,10
9,15
12,20
15,26
18,31
21,36
24,41
27,46 30,51
100
3,39
6,78
10,17
13,56
16,95
20,34
23,73
27,12
30,51 33,90
TABEL 1: BERAAMDE OESVERLIES (%) VAN KORING AS ‘N PRODUK VAN DIE PERSENTASIE BLAAROPPERVLAKTE VAN DIE BOONSTE TWEE
BLARE BESKADIG MET DIE PERSENTASIE HALMS PER LAND BESKADIG.
GODDY PRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
* Byvoorbeeld waar 50% besmette halms in ‘n land voorkom, waarvan 50% blaaroppervlakte beskadig is, kan ‘n oesverlies van 8,48% verwag word.
1: Die volwasse blaarmynervliegie.
1