Verander joutrekker, bakkieof vierwiel-motorfiets in 'nplanterof saaier
of span jou implemente invirmulti-bewerking
Ons unieke reeks Fan Jets, Micro Meters en Rotor Meters werk met 12 V-batterykrag, onafhanklik van enige driepunt of
kragaftakker. Dit maak hulle ideaal vir multi-bewerking in kombinasie met spuite, êe, skoffels en 'n magdom ander imple-
mente. Daarby kan hulle ook ewe maklik voor op 'n trekker of agter op 'n vierwielmotorfiets of selfs 'n bakkie gemonteer
word. 'n Kabelgekoppelde kontrolestelsel sorg dat alles sommer in die ry verstel kan word.
Hier is net enkele van die talle opsies wat hulle jou kan bied:
• Saai fynsaad soos lusern, gras en kanola, slakpille, mikrokorrel-kunsmis en chemikalieë met
haarfyn presisie
• Bandplaas kunsmis en onkruiddoders
• Plant saad met die trekkerwiel-metode
• Strooi lokaas vir knaagdiere
• Doen multi-bewerking deur byvoorbeeld dekgewasse te saai terwyl jy jou jong mielies spuit.
Skakel Lukas Rautenbach by Terrapro 082 88 111 33 of 021 551 1739 of
stuur 'n e-pos aan
terrapro@telkomsa.net. Besoek ook ons webtuiste by
http://www.terrapro.co.zaTER 276 SAG
In Brittanje vervaardig deur Stocks Ag en plaaslik versprei deur Terrapro
Aangedryf
deur
12 V-batterykrag
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Veelsydige implemente waarmee jy
heeljaar aan die wenkant boer
D
ink aan al die voordele as jy jou trekker vinnig in ‘n planter
kan omskep. Of fynsaad, chemikalieë en kunsmis sommer
met ‘n vierwielmotorfiets of jou bakkie kan strooi. Of brand-
stof en tyd kan bespaar met multi-bewerking deur byvoor-
beeld dekgewasse te vestig terwyl jy jou jong mielies spuit.
Dit is alles moontlik danksy ‘n reeks produkte wat met 12V-
batterykrag werk, onafhanklik van enige kragaftakker of driepunt. Dit
beteken dat hulle van multi-bewerking kinderspeletjies maak omdat
hulle onder andere die saai- of strooiwerk kan behartig terwyl daar
geploeg, geëg, gespuit of selfs gestroop word.
Om hul veelsydigheid verder te onderstreep, is daar ook modulêre
modelle wat saamgestel kan word om fynsaad en kunsmis met
haarfynpresisie tot 4,5 m wyd te plaas en ook gebruik kan word vir
die insaai van gras en dekgewasse.
Ander modelle kan weer fynsaad, slakpille en kunsmis akkuraat en
veilig plaas, selfs onder nat toestande en ook gebruik word vir die
vestiging van gewasse met die “trekkerwiel”-metode.
Vir meer inligting oor al hierdie veelsydige produkte, wat bekende
name soos Fan Jet, Micro Meter en Rotor Meter insluit, besoek
Terrapro se webtuiste.
Nog een van die talle multi-bewerkingsopsies.
PIETER VAN DER MERWE,
Terrapro