FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Dié voorkomende swamdoderprogram
op mielies het voordele
A
s swamdoderbespuitings nie tydens die optimale toedie-
ningsvenster kan plaasvind nie, is daar gevolglike hoër
siektedruk wat dan moeiliker met kuratiewe bespuitings
beheer word. Die fokus moet dus verskuif vanaf ‘n tradi-
sionele siektebestuursprogram na ‘n voorkomende opbrengsbe-
stuursprogram. Navorsing toon dat wanneer die eerste letsels
sigbaar is, soveel as 10% oesverlies reeds plaasgevind het. Kura-
tiewe bespuitings het ook tot gevolg dat bespuitings met korter
intervalle moet plaasvind, aangesien die aktiewe bestanddeel
gebruik word om die siekte te beveg en dus nie genoeg residuele
werking bied vir siektebeskerming nie.
Skade reeds daar as siekte sigbaar is:
Die plant gebruik sy energie om die swam te beveg.
Die nawerkingsperiode van ‘n swamdoder wat kuratief toege-
dien is, word verkort.
Opbrengspotensiaal word verminder aangesien die plant sy
energie nie kanaliseer na fisiologiese prosesse soos die vasleg-
ging van kopgrootte en pitte nie.
Mielieblaarsiektes neem toe in intensiteit en wissel volgens klimaats-
toestande en tussen verskillende verbouingstreke. Die siektes, ge-
kombineerd met die wisselvallige weersomstandighede, noodsaak
produsente om ‘n streng voorkomende swamdoderprogram te volg
om optimale oespotensiaal te verseker. ‘n Voorkomende program
stel die plant in staat om reeds in ‘n posisie te wees om die siekte te
beveg wanneer infeksie plaasvind en sodoende kan die plantenergie
dan alleenlik gebruik word vir interne fisiologiese prosesse.
Amistar Top
®
, ‘n revolusionêre swamdoder weens die produk se ver-
moë om nuwe plantgroei te beskerm, is die optimale voorkomende
swamdoderbespuiting vanweë die spektrum van beheer en die
produk se Plant Prestasie™-eienskappe. Deur Amistar Top voorko-
mend, tussen die V5- tot V7-stadium toe te dien, afhangend van die
siektedruk in verskillende areas, bied ook addisionele voordele aan
die produsent:
Die gewas is op die optimale hoogte om besproeiingstoerusting
te benut, sonder om die gewas te beskadig.
Die Amistar Top-bespuiting kan dieselfde tyd as die opvolg resi-
duele onkruiddoderbespuiting toegedien word.
Beter en verlengde residuele beheer van siektes.
Verhoogde plantprestasie, terwyl die mielieplant besig is om sy
teoretiese oespotensiaal vas te lê (kopgrootte en getal pitte).
Vind meer uit oor die voordele van ‘n voorkomende Amistar Top-
program deur jou naaste Laeveld Agrochem-agent te kontak.
DU PREEZ KRITZINGER,
namens Laeveld Agrochem