September 2015
44
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Vals kommandowurms
– vertel motvlugte ons iets?
M
otvlugte van vals kommandowurm (
Foto 1
) word sedert
2013 met emmertjie-feromoonvalle gemonitor. Die fero-
moon is ‘n reukstof wat in die val geplaas word en die
mannetjies aanlok.
Hierdie monitering word gedoen om die vlugpatrone van die motte
vas te stel en ‘n vroeë waarskuwingsisteem in plek te kry om ver-
al garsprodusente te waarsku. Vals kommandowurm was in 2010
verantwoordelik vir meer as R8,5 miljoen se skade aan gars in die
Noord-Kaap-besproeiingsgebiede Monitering word in vyf verskil-
lende gebiede gedoen; vanaf Douglas in die suide tot Viljoenskroon
in die noorde.
Reuse-motgetalle
Baie groot getalle motte is gedurende 2014 op Viljoenskroon in die
valle gevang alhoewel daar op die besproeiingsland waarby monite-
ring plaasgevind het, vir twee seisoene nie koring geplant is nie.
Die patroon het ook nie baie by ander lokaliteite verskil nie. Dit is dus
duidelik dat die motvlugte nie aan die gewas op die land gekoppel
is nie, maar dat die motte uit die omgewing waar die valle geleë is,
kom. Spesifieke natuurlike gasheerplante waarop hulle floreer, is nog
nie in die omgewing geïdentifiseer nie.
By Viljoenskroon is daar gedurende Mei motgetalle van ongeveer
274 per dag aangeteken, wat bykans sewe keer meer was as die-
selfde tyd in 2013 (
Grafiek 1
).
Gedurende Julie het daar ‘n vlugpiek voorgekom wat ook ses keer
hoër was as die ooreenstemmende tyd in 2013. Die volgende vlug-
piek het einde Augustus plaasgevind en was ongeveer elf keer meer
as die vorige jaar. As die ontwikkelingstyd van die eiers en die wurms
in ag geneem word, kan ons dus verwag dat daar in Oktober groot
getalle wurms teenwoordig moet wees.
Op Jan Kempdorp en Hartswater is min of meer dieselfde tendens
waargeneem, met groot getalle motte gedurende April en Mei en
daarna weer in September en Oktober, terwyl daar op Hartswater
ongeveer tien keer meer motte voorgekom het as in die vorige jaar
(
Grafiek 2
).
Hierdie hoër motgetalle het vir ons aanduidings gegee dat ’n uitbraak
verwag kon word. Daarom is daar reeds in die eerste week van Okto-
ber opnames in die Vaalharts- en Taung-gebied gedoen vir die teen-
woordigheid van vreetmerke en wurms.
In verskeie lande, veral in die Bull Hill- en Taung-areas, is daar vreet-
merke en ook wurms gevind (
Figuur 1
). Oor die algemeen was daar
egter baie minder vreetmerke en wurms opgemerk as wat verwag is.
Daarna is produsente egter gewaarsku om op te let vir vreetmerke
en om bespuitings toe te pas indien nodig. Bespuitings het wel plaas-
gevind en geen berigte van skade is ontvang nie.
Moontlike redes vir laer as verwagte
wurmgetalle
Bespuitings vir blaarmyner het op groot
skaal voorgekom. Aangesien die effek van
insekdoders wat vir blaarmyners toegedien
word nog nie op vals kommandowurms ge-
toets is nie, kan daar nie met sekerheid gesê
word dat dit ’n invloed gehad het nie.
‘n Goeie aanduiding dat dit wel ‘n invloed
kan hê, is egter in twee lande aan teenoor-
gestelde kante van ‘n pad in die Hartswater-
area gevind. Een land was vir blaarmyner
bespuit en die ander een nie. Die ongespuite
land het wel vreetmerke en larwes gehad,
waar die bespuite een nie eers vreetmerke
getoon het nie.
Aangesien die valle by Viljoenskroon vir ons
aangedui het dat die motte wat versamel
word, nie noodwendig van die gewasse
onder die spilpunt afkomstig is nie, kan dit
ook wees dat die groot hoeveelhede motte
hulle eiers op ander grasse buite die lande
gelê het en die wurms dus buite die lande
gevoed het. Hierdie moontlikhede moet nog
ondersoek word.
GODDY PRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem en
HANNALENE DU PLESSIS
, Noordwes-Universiteit
Grafiek 1: A: Gemiddelde temperatuur en humiditeit in 2013 en 2014. B: Gemiddelde aantal vals kom-
mandowurmmotte per dag gevang by Viljoenskroon in 2013 en 2014. Pyle dui verskillende vlugpieke
aan en die gekleurde blok dui die periode aan wat koring en veral gars, sensitief is vir skade deur die
wurms.
A
B