45
September 2015
Grafiek 2: A: Gemiddelde temperatuur en humiditeit in 2013 en 2014. B: Gemiddelde aantal vals kom-
mandowurmmotte per dag gevang by Hartswater in 2013 en 2014. Pyle dui verskillende vlugpieke
aan en die gekleurde blok dui die periode aan wat koring en veral gars sensitief is vir skade deur die
wurms.
Figuur 1: Kaart van die Vaalhartsgebied wat die lande aandui wat ondersoek is vir die teenwoordigheid van vals kommandowurms gedurende
Oktober 2014.
Motgetalle 2015
Resultate tot op hede toon dat die voorkoms van motte vanjaar
baie laer is as in die vorige seisoen en in die Vaalharts-area selfs
laer as in 2013. Die voorkoms van motte deur die winter word nou
gemonitor en produsente sal vroeg in Oktober weer in kennis ge-
1: ‘n Voorbeeld van die vals kommandowurm.
stel word van wat hulle te wagte kan wees. Motvangste oor baie jare
is nodig om vas te stel of hierdie vlugpatrone siklusse oor jare vorm.
Enige navrae in dié verband kan gerig word aan Goddy
Prinsloo by 058 307 3435 of
Prinsloogj@arc.agric.za .Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur die samewerking en finansiële ondersteuning
van die Wintergraantrust, Landbounavorsingsraad, Noordwes-Universiteit en GWK.
A
B
“
Resultate tot op hede
toon dat die voorkoms
van motte vanjaar
baie laer is...
“
1