SA Graan September 2014 - page 91

Tel: 0119222300
Faks: 011 9222 358
DIE VOORSTENAAM
IN LANDBOU
BAALMET
VERTROUE
LelyWelger is seker die
bekendste naam inbalers
in Suid-Afrika. Endaar’s ’n
nommerpasWelger vir jou
spesifieke behoeftes.
As die
oudste landboumaatskappy van
sy soort in Suid-Afrika, maakG.North steeds diewêreld
se voorste tegnologie en diemees vertroude name in
landboutoerusting aanboere beskikbaar.
Voeg daarby ’n hoogs opgeleide en ervare span spesialiste
wat landwyd advies, ondersteuning en onderhoud
verskaf, en jyweet jy het reggekies. G.North – voorwaar
’n naamom te onthou.
Virmeer inligting, kliek op
2 JAAR
WAARBORG
*
*Voorwaardes geld.
Tindrum 13/145
SLIMMER VINNIGER STERKER
89
Strobulerien fungisiedes is in dié verband aanbeveel aangesien
hierdie chemiese groep die plante langer groen hou en sodoende
‘n verlengde groeiperiode verseker. Soosmet alle aannames is daar
wel ‘n bietjie waarheid in, maar die hele prentjie word nie weerge-
geenie.
Dat die toediening van fungisiedes wel tot groeistimulasie lei, is
bevestig deur ‘n reeks proewe met fungisiedes op sorghum in
Texas en Nebraska, wat aangedui het dat van die behandelings wel
volwassenheid vertraag enblare vir langer groen laat bly het.
Alhoewel plante beter vertoon het, is hoër opbrengste nie verkry
nie. Aanvangsproewe verlede seisoen op Cedara, ‘n hoëpotensiaal-
produksiearea, het getoon dat triasool fungisiedes opbrengste
met tussen 0,5% en 8% kan verhoog in die afwesigheid van hoë
siektevlakke,maarkultivarshetverskil tenopsigtevangroeistimulasie
en vandie kultivars het geengroeistimulasiegetoonnie.
‘n Soortgelyke proef in Limpopo, met slegs twee kultivars, het
geen noemenswaardige reaksies getoon nie en getoon dat
weersomstandighede en die potensiaal van die produksiegebied
‘n rol speel. Proewe wat gedoen is deur die Universiteit van die
Vrystaat, in samewerkingmet die LNR-IGG, is die afgelope seisoen
op Greytown, Potchefstroom en Standerton herhaal om die effek
op blaarskroeibeheer en die herhaalbaarheid van die groeistimu-
lasie-effek van fungisiedes te evalueer.
Op al die lokaliteite was blaarskroei óf afwesig óf slegs op baie lae
siektevlakke teenwoordig. Alhoewel tendense waargeneem is, is
geen statistiese betekenisvolle opbrengstoename as gevolg van
fungisiedes by enige vandiedrie lokaliteite aangetekennie.
Plante het wel vir langer groen vertoon, maar die verlengde groei
is nie omskep in verhoogde graanopbrengs nie. Sorghumstudies
in die VSA betwyfel die ekonomiese waarde van die praktyk van
voorkomende fungisiedtoedienings en dié gevolgtrekkingword hier
bevestig.
Indien produsente wel met die praktyk wil voortgaan, word daar
aanbeveel dat sekere rye nie gespuit word nie en dat behandelings
ekonomies vergelykword.
Die vraag ontstaan dus wanneer om te spuit al dan nie. Dit kan
‘n redelike moeilike besluit wees, veral aangesien meer as een
toedieningnienoodwendigekonomies isnie. Die tydvan toediening
is kritiek. Die beste tyd om hierdie besluit te neem, is tydens of net
náblom.
Blaarsiektes kan op enige groeistadium voorkom en hoe groter die
afname in gesonde blaararea, hoe groter is die opbrengsverliese.
Ernstige siekteontwikkeling kommeestal tydens, of vroeg ná blom
voor.
Alle plante het ‘n mate van toleransie vir blaarsiektes en ten spyte
van kultivarverskille, kan20%blaarskade as dienorm aanvaarword.
Dit geldwanneer letsels beperk is tot die onderste, ouer drie of vier
blare, siendedat hierdieblareopblomstadiumnie veel bydra tot die
opbrengs nie.
Indien meer as 20% letsels bereik word en dit begin versprei na
hoër blare tydensvogtigeweer,moet fungisiedtoedieningsoorweeg
word. Onder besproeiing kan die drumpel effens laer wees. Hierdie
aanbeveling is ook eenwatmeer navorsing regverdig.
Dit is noodsaaklik dat produsente op ‘n gereelde basis plante
inspekteer vir siekte-ontwikkeling, spesifiek ná blom. Siekte-
ontwikkeling oor tydmoet gemonitor word om die tempo te bepaal
en dus vas te stel wanneer die kritieke vlak van blaarskade bereik
word, voor fungisied toegedien word. Maak gerus ook gebruik van
kundiges om verlies-risikobepalings te doen voor daar onnodig
gespuit word.
1...,81,82,83,84,85,86,87,88,89,90 92,93,94,95,96,97,98,99,100,101,...148
Powered by FlippingBook